“Ek is Brad Pitt, en ek is ‘n dwelmverslaafde”

Brad Pitt het Vrydagaand ‘n volgepakte teater by die Sundance Sunset in Wes-Hollywood verras toe hy openlik oor dwelmmiddels begin praat het, toe hy Eugene Jarecki se rolprent, The house I live in, bekendgestel het.

Pitt, wat ‘n uitvoerende vervaardiger van dié rolprent is, het die gehoor tong in die kies gegroet: “Hallo almal. Ek is Brad Pitt. En ek is ‘n dwelmverslaafde.” Hy het toe op ‘n ernstige noot bygevoeg: “Eintlik is my dwelmmisbruik-dae lankal verby, maar dit is verseker só dat ek in enige stad in enige staat kan land, en vir jou enigiets kan kry wat jy wil hê. Gee my 24 uur, en ek sal weet waar om dit in die hande te kry. En nog steeds praat ons oor die “Oorlog teen Dwelms” asof dit suksesvol is.”

The house I live in, wat dié jaar as die algehele wenner in die dokumentêre kategorie by die Sundance Film Festival aangewys is, ondersoek Amerika se regstelsel en die triljoen-dollar Oorlog teen Dwelms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.