Europese Unie vanjaar se wenner van Nobel-vredesprys

Die Europese Unie is vanjaar se wenner van die Nobel-vredesprys. Die komitee het die unie beloon vir ses dekades se werk ter bevordering van vrede, versoening, demokrasie en menseregte.

Die prys is onder meer toegeken weens die unie se rol om stabiliteit in Oos-Europa te bring na die val van die Berlynse muur. Die besluit is eenparig geneem.

Die vredesprys in 1999 laas slegs aan ‘n organisasie, en nie ‘n persoon ook nie, toegeken. Die prys het daardie jaar aan Dokters sonder Grense gegaan.

Die prys word meestal aan persone toegeken wat dit soms met organisasies deel.

Suid-Afrikaners wat reeds die Nobelvredesprys ontvang het, is Albert Lethuli, aartsbiskop Desmond Tutu, en in 1993 het oudpresidente Nelson Mandela en FW  de Klerk die prys gedeel.

Onder die bekendste ontvangers tel Moeder Theresa en die 14de Dalai Lama.

Verskeie wenners in ander kategorieë is reeds vanjaar aangewys . Nog net die wenner van die Nobelprys vir ekonomie moet aangewys word, en dié kategorie kom Maandag aan die beurt.

Die pryse word op 10 Desember in Oslo oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.