Griekwastad-moorde: Dié vonnis as hy skuldig is

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens 'n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens ‘n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Slotbetoë word tans aangehoor in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley in die hofsaak van die tienerseun wat daarvan verdink word dat hy drie lede van die Steenkamp-gesin op hul plaas doodgeskiet het.

Vinesh Naidu, ʼn Legal Aid-prokureur, het aan AlgoaFM verduidelik watter straf die seun te wagte kan wees indien  hy skuldig bevind word.

Volgens Naidu kan die tiener, wat tydens die moorde 15 jaar oud was, kragtens die Kinderwet nie lewenslange tronkstraf opgelê word nie. Naidu het gesê as die tiener skuldig bevind word, kan hy ʼn tronkstraf van tussen 15 tot 20 jaar te wagte wees. “As hy skuldig bevind word aan al drie moorde en die saak van verkragting, kan hy tussen 15 en 20 jaar per moord gevonnis word. Die tronkstraf gaan egter gelyktydig uitgedien word, wat beteken hy kan ná sewe of agt jaar in die tronk vir parool in aanmerking kom,” het Naidu gesê.

Die seun word daarvan verdink dat hy Deon Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en hul dogter Marthella (14) op 6 April 2012 op die plaas Naauwhoek naby Griekwastad doodgeskiet het. Die staat voer ook aan dat die seun die dogter verkrag en vir die polisie gejok het.

Bron: AlgoaFM

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Slotbetoë vandag verwag
Huisgenoot tereggewys oor Griekwastad-tiener
Griekwastad-moorde: Verhoor onverwags uitgestel
Video: Griekwastad-moorde: Verkragting was dalk die motief
Griekwastad-moorde, verkragting aan mekaar verbind; saak uitgestel
Griekwastad-moorde: Seun se getuienis “onmoontlik”
Griekwastad-moorde: Verdagte het glo niks gehoor
Video: Moeilike vrae aan Griekwastad-verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte se kruisverhoor hervat
Griekwastad-verdagte getuig
Griekwastad-moorde: Verdagte begin getuig
Griekwastad-moorde: Staat sluit saak af
Griekwastad-moorde: “Tiener se verklaring klop nie”
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Griekwastad-moorde: Raaisel oor onbekende vingerafdruk dalk opgelos
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Elize Mans ·

Dit is darem n ligte vonnis as n mens dink dat hy 3 moorde gepleeg het.J dit is tragies.

Paul Smith ·

Elize en Baps, wees bietjie meer versigtig wat julle kwyt raak. Hy is nog nie skuldig bevind of gevonnis nie, julle verstaan die berig verkeerd.

Eksenet ·

Dankie Paul, ten minste kan ek saam met jou stem, want almal maak die kind al vir die afgelope paar maande af as die grootste krimineel ooit. Ek dink ook hulle moet wag vir die uitslag van die saak, voordat hulle oordeel.

Jean-Marié ·

Ag nee, ek verstaan die dinge nie so goed nie! Vir Mandela wat baie erger dinge aangevang het dink ALMAL hy is die engeltjie, maar vir die seun, wat niemand eers weet wat die waarheid is nie, word hy beskuldig vir alles! Dit werk mos nou baie onregverdig! My hart gaan uit vir die arme seun! Mense is regtig vieslik met hom!!!

JB ·

Stem saam Gert. As hy dit gedoen het, is die kanse groot dat hy dit weer kan doen!!!!

mariaan ·

Ek stem, hierdie seun is ‘n gevaar!! Na so kort tronkstraf stap hy uit en begin ‘n nuwe lewe terwyl die drie mense wat hy vermoor het, se lewe finaal verby is. Dis bitter onregverdig.

fransie ·

Wat is die probleem met die vonnis AS hy skuldig bevind word – dit is niks anders as wat enige ander veroordeelde moordenaar in ons regstelsel kry nie – die parool tyd is ook niks snaaks nie dit is in plek met die ander vonnisse!!

hyla ·

As hy skuldig is, moet onthou word dit was sy ouers en sussie. Dan is hy erg gevaarlik vir die bree publiek. dink net wat sal hy met n vreemdeling doen as hy dit aan sy naaste kon doen>Ek sidder!!!!

Francis ·

Sal baie bly wees as die kind skuldig bevind word en dan verloor hy sy erfporsie. Hy verdien dit nie en ek hoop nie sy ouma hulle gee vir hom weer daarvan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.