Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”

Die verdagte tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Central Media Group

Die verdagte tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Central Media Group

Polisiebeamptes van die Griekwastad-polisie moes glo die tiener, wat van die moord op die Steenkamp-gesin verdink word, kalmeer toe hy by die plaaslike polisiestasie aangekom het, het die Noord-Kaapse hooggeregshof Dinsdag aangehoor.

“Hy het baie gehuil; my kollegas het probeer om hom te kalmeer,” het konst. Greg Kotsoane getuig. Kotsoane het die aand by die polisiestasie opgedaag en het homself voorberei om die nagskof oor te neem toe hy die tienerseun gesien het. Hy het onder kruisverhoor getuig dat die tiener aan die publiek se kant van die klagtekantoor gestaan het, en baie emosioneel was. Hy sê hy het die indruk gekry dat die tiener in skok was. Hy het gesê ʼn vrou het vir die tienerseun suikerwater aangebied.

Kotsoane is uitgevra oor die hoeveelheid bloed wat hy aan die tiener se T-hemp gesien het. Hy het getuig dat alhoewel hy aanvanklik in ʼn verklaring gesê het dat daar “baie bloed” op was, hy eintlik bedoel het dat daar slegs bloedspatsels op was.

Konst. Jabulani Langa, nog ʼn Griekwastad-polisiebeampte wat die aand aan diens was, het getuig dat die tiener die heeltyd dieselfde goed herhaal het en dat hy “ietwat histeries was”.

Regter Frans Kgomo hoor tans getuienis aan in die saak van ʼn 17-jarige seun wat beskuldig word van die moord op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en hul dogter Marthella (14). Hulle is op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek naby Griekwastad doodgeskiet.

Die saak duur voort.

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Maggie ·

Ek bid nog steeds vir jou ou seun. Baie sterkte vir hierdie moeilike tyd.

Barbra Cronje ·

Hoop hierdie saak gaan lig bring vir almal wat betrokke is by hierdie tragaedie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.