Hond red eienaar van gewisse dood

Derek Ramsden en Toby

‘n Getroue 7-jarige lhasa apso-hond het onlangs sy eienaar se lewe gered.

Derek Ramsden (81) was saam met sy vrou, Ada, en hul twee honde, Bruno en Toby, in Wallis met vakansie toe hy gegly en in dik modder geval het. “Ek kon aan ‘n reling vasgryp, maar het gevoel ek is besig om dieper in die modder in te sink. Dit was vreesaanjaend. Ek kon nie opkom nie, en jy kan nie te lank vashou as jy my ouderdom is nie,” het Ramsden gesê.

Ramsden se staffordshire terrier, Bruno, het weggeloop, maar Toby, ‘n lhasa apso, het onmiddellik besef sy eienaar is in die moeilikheid en het sowat 400 meter gehardloop om sekuriteitspersoneel te ontbied. Toby het aanhou blaf totdat hulle hom na die rand gevolg het waar Ramsden steeds aan die reling vasgehou het.

“Sonder die hond sou ons nooit geweet het hy is daar nie. Dis werklik ‘n spesiale brak,” het Ben Thompson, instandhoudingsbestuurder by die oord, gesê. Werknemers kon Ramsden weer na veiligheid bring. Hy het slegs geringe kneusplekke aan sy rug opgedoen.

“Hy is my eie Lassie. Hy het my lewe gered en ek is baie dankbaar,” het Ramsden gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.