Coligny-betogings: ‘Dís wat gebeur het’

Vragmotors wat deur betogers in Coligny in Noordwes aan die brand gesteek is (25 April 2017). Foto: Facebook via Marlene Roux

Pieter Karsten, die werkgewer van die twee mans van Coligny wat Woensdag in hegtenis geneem is in verband met die dood van ʼn kind, het vir die eerste keer met die media gepraat oor die gebeure in dié dorp wat gewelddadige betogings tot gevolg gehad het.

Karstens het in ʼn onderhoud met RSG se Monitor en Spektrum gesê inwoners van dié dorp het al Sondagmiddag, nog voor betogings op dié dorp begin het, gehoor dat mense die volgende dag in massas na die dorp gaan opruk om te betoog.

Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, het gesê die gemeenskap was glo ontevrede omdat die polisie “niks doen” om die seun se dood te ondersoek nie, maar brig. Sabata Mokgwabone, provinsiale woordvoerder van die polisie, sê ʼn geregtelike doodsondersoek is onmiddellik deur die polisie begin.

Betogings op die dorp het Maandag begin en intussen is huise en besighede geplunder en afgebrand.

Karsten meen dit alles is die gevolg van ʼn ongeluk.

“Die verwoesting van die aangeplante landerye is al vir lank ʼn kopseer,” sê hy aan RSG. “Ons het byna elke week moeilikheid en ons moes mense kry om ons landerye te beveilig.

“Ons manne [die twee mans wat in hegtenis geneem is] het toe twee van die jong seuns in die pad gesien wat met sonneblomme loop wat hulle gesteel het. Hulle het toe vir die seuns gesê om agter op die bakkie te klim sodat die mans hulle polisiestasie toe kon vat. Die een seun het weggehardloop en die ander seun het uit vrye wil agter op die bakkie geklim. Hulle het hom nie gedwing, geskiet, geslaan of hulle hande vir hom gelig nie,” sê hy.

Karsten sê hoewel die mans geweet het dat niks daarvan sou kom as hulle die seuns by die polisie verkla nie, wou hulle hom net waarsku. “Die polisie sou hom waarskynlik sommer net ʼn waarskuwing gee, en dan sou hy gaan. Toe die mans egter op ʼn draai spoed verminder, het hy van die bakkie afgespring. Hy het sy nek gebreek.”

Mokgwabone het bevestig die mans sal Vrydag in die hof verskyn. Hulle name en die ligging mag egter nie bekend gemaak word nie.

Maroela Media het vroeër berig verskeie vragmotors en huise is die afgelope paar dae deur betogers aan die brand gesteek, winkels geplunder en talle ondernemings erg beskadig. Paaie in die gebied was met tye onbegaanbaar en talle voertuie is deur betogers met klippe bestook.

Nagenoeg 48 mense is tot dusver in hegtenis geneem. Ses mense is op aanklagte van openbare geweld in hegtenis geneem, terwyl twee vasgetrek is nadat hulle ʼn polisie-njala aan die brand gesteek het. Altesaam 42 mense is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere nadat hulle na bewering winkels in die gebied geplunder het.

Lees alle vorige berigte oor Coligny op  Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Gerhard de V ·

Die haat vir wittes het geen perke in hierdie land nie. Politici stel die voorbeeld. Dan is ons kwansuis VRY…vry om te steel, verkrag, vermoor.

Pieter ·

Gerhard, die enigste manier hoe ons die probleem sal oplos, is dat die wit boere, familie, engelse almal uitbeweeg vanwaar hulle nou is en na n nuwe sentrale plek ( Volkstaat) begin, hoe langer ons gaan wag hoe moeiliker, en die grootste probleem wat ek sien is dat hulle die kleinhoewe aanval, hulle geheim is waar daar wit boere ver uitmekaar bly , dis waar hulle gaan aanvaal, dis n taktiek en dit veroorsaak, baie hartseer in baie suid afrikaners se lewe as iemand vermoor is, die beste wat ek kan se die wittes moet alle besighede staak, uittrek uit huis, en saam beweeg en van voor af te begin, ons kan dit doen, en ons het dit al gedoen, as ons meerderheid bymekaar is hoe gaan hulle durf, onthou jy die ossewaens!!!

JJ ·

Pieter, dis als goed en wel, maar is daar werk wat vir ons wag daar in daai volkstaat van jou? wie gaan my huidige verband betaal as ek net oppak en loop?

Dis nie so maklik soos jy wil voorgee nie.

Joseph ·

Dan moet ons ook nou maar die lokasies begin afbrand elke keer as daar wit mense en boere vermoor word.

Ann Esterhuizen ·

Hulle is baie slim, hulle kom nie in oorweldigende getalle nie, nee net sodat dit geklassifiseer moet word as ‘n protesaksie. Dan begin die vernietiging. Hierdie situasies volg ‘n patroon! Volgende keer is dit aanranding, verkragting en moord!

Soekie ·

Nee, Joseph, ons durf nie tot hulle vlak afdaal nie! Ons is verhewe bo sulke gedrag! Ek het nie ‘n oplossing vir die probleem nie, maar ek weet dat ons nie ‘n oog vir ‘n oog kan vra nie. Ek stem saam met Balao. As ons lewe vlgs God se wil, sal Hy ons gebede verhoor. Dan wil ek ook net byvoeg dat die meeste wittes definitief nie die grootste rassiste is nie. Op ons eie veg ons ‘n verlore veldslag. Net ons groot, Almagtige God kan ons hierdeur kry.

Boerseun ·

Soekie wat bedoel jy. Optogte is nie net n swart ding nie, wittes wereld wyd hou optogte.

Selfbeskikking ·

Ek sê nog heeltyd daar is geen alternatief as selfbeskikking nie, julle sal met die tyd almeer besef hoekom ek reg is…

AN ·

Almal wat praat van self beskikking – Orania is mos julle oplossing.

Selfbeskikking ·

So AN, wat is jou oplossing vir as ons in ons eie land vervolg word? Terloops ek praat van meer as Orania, of kan jy nie groter dink nie?

Michelle ·

Dis nie realisties in suid afrika nie. Dit maak ons net meer n makliker afgesonderde teiken.

Selfbeskikking ·

Nee Michelle, kyk na Israel, hulle verdedig hulself baie goed. Israel kan ons model wees. Hulle is veilig en baie welvarend.

Kobus ·

Net een vraag:

Dink u waarlik dat die gene wat die land beheer die beursie net so by hulle deur sal laat uitstap sonder om hom eers rot en kaal te steel?

“Selfbeskikking” is ‘n konsep wat deur dieselfde gene wat met hulle koppe in die sand wil wegkruip van die realiteit, deur dat hulle betreid sal wees om vir nog 20 jaar te wag om “bevry” te word; terwyl hulle niks wil weet van net nog ‘n Boer of drie wat vannag vermoor is.

Ongelukkig staar die realiteit mens in die gesig, daar is egter nog baie wat se oë moet oopgaan om te besef:

Daar is ongelukkig geen “vreedsame” oplossing tot hierdie kriesis wat ons in die oë staar (met mes in die hand) en aflag, terwyl hulle net nog ‘n Boer of drie vermoor.

Gemsbok ·

Kobus, as jy daaraan dink dat jy in elk geval rot en kaal besteel gaan word het jy mos niks om te verloor as jy selfbeskikking steun nie.

Mens weet nie hoe die bal dalk vir ons reg kan hop as ons op die speelveld is nie, maar om net op die kantlyn te staan is om klaar te verloor.

LODEWYK ·

Dit is absoluut waar, daar is geen ander uitweg as ‘n volkstaat. Soos selfbeskikking se, ons voorouers het dit al gedoen en ons kan. Niemand het gese dit gaan maklik wees nie, maar ons moet opoffer terwille van die jong wit kinders wat nooit gaan werk kry nie. Dit is snert om te se dit is onmoontlik, ons is te gemaklik en wil dit nie prysgee nie. As ons nie hiervoor wil opoffer gaan ons in elk geval opeindig in ‘n plakkerskamp waar ons minder as niks sal he. Dit is uitsigloos vir die jong witmense wat werkgeleenthede aanbetref. Saam met my werk ‘n paar jong wit mans, hulle werk vir tussen 4 en 7 duisend rand per maand. In Potchefstroom kan jy skaars blyplek kry vir onder R 6 000 p.m. Hoe moet hulle ooit vooruitgaan. Van hulle ry met fietse of loop werktoe, watter hoop is daar dat hulle ooit ‘n voertuig sal besit. Dit is ‘n skande, ons moet nou vir alleeneienaar en venootskap besighede werk, want alle besighede wat groter is, is taboe en gereserveer vir die ander. Ons mense word uitgebuit deur hierdie eienaars van klein besighede omdat hulle weet ons kan geen ander werk kry nie, in plaas daarvan dat ons mekaar ophef. Hoe gouer ons opoffer vir ‘n volkstaat hou gouer kan daar weer lig op die horison kom vir hulle wat andersins nooit geleenthede gaan he nie. Dinge sal nooit weer verander, ons is in ‘n doodloopstraat. Word asb wakker, daar is geen ander hoop!!!!!

Ken2 ·

Dankie Lodewyk dat jy jou insig deel, jy sê dit beter as wat ek sou kon.

gert ·

Ons as boere volk kla maar ons het ons het ons eerste liefde verstoot naamlik God kom ons kyk net na waar staan ons vandag in geloof met God hoeveel mense pas nog huis Gods diens toe elke dag hoeveel van ons woon nog bid ure by hoeveel van ons gaan nog met die regte gesindheid kerk toe ( naamlik om God te gaan loof en prys) hoeveel van ons besef nog dat wanneer jy op die kerk gronde betree, betree jy op heilige grond maar tog staan baie daar en rook en beskinder mede broers en susters hoeveel van ons boere volk vier nog geloftedag as n dag van dankseging aan God vir die oorhand wat Hy vir die boere volk gegee, maar nou kla ons en waar ons eintlik moet kyk na onsself mou wil ek vra waar staan God in jou daaglikse lewe en wanneer ken jy God is God jou Slfa en Omega of is God maar soos jou spaarwiel jy gebruik Hom net in nood.Kom boere volk laat ons terug draai na God ; kom ons ken Hom in al ons wee dan sal Hy ons paaie gelyk

marous ·

Selfbeskikking is jare gelede voorgestel , toe word dit afgekraak as verkramp , vasklou aan geskiedenis , onwerkbaar , lagwekkend ens. Nou is dit glad nie vergesog nie. Wonder hoeveel van die “ja” stemmers is ook nou daarvoor.

AL ·

Ek glo daar onderlinge politieke elemente wie mense se emosies aanhits by sulke nedersettings.

PJ ·

Het iemand al opgelet hoe maklik word dorpe van die buitewereld afgesny deur hierdie oproermakers, Let maar op hoe word plakkerskampe altyd langs toegangspaaie en hoofroetes na dorpe en stede opgerig. Duidelik word iets beplan.

Ann Esterhuizen ·

Ek stem saam. Hulle begin by die klein dorpies en later sal hulle beweeg na groter dorpe. Dit het alles begin met grondeise, dit gaan verander in huisbesettings. Ons probleme is legio.

Adri ·

“Pieter Karsten, ‘n werknemer van die twee mans …”. Ek vermoed hy is eerder die werkGEWER. Maar, nou ja, hoe ookal, as jy wit is, is jy skuldig aan enige iets waarvan enige “benadeelde” jou beskuldig. Kom ons kyk wat maak ons regstelsel in hierdie geval.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Adri

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Cyril nms Maroela Media

humor ·

Pieter jou plan is uistekend maar werk vir ons die plan in deeglike detail uit.en gee dit weer. Ek glo Maroela sal vir hierdie plan vir jou genoeg ruimte gun. Soos wat kry jy vir jou eiendom waar en met watter inkomste gan vestig jy jou. Wat van ons kinders se onderwys ens ens. Wat is die beduidende getal wat getal wat saamstem.

Vee ·

Selfbeskikking sal nooit aan ons toegestaan word nie. Dink bietjie hoeveel belasting die regering gaan verloor. Hulle gun ons blankes NIKS. Nie eers ‘n klein stukkie grond nie. Hulle wil nie blanke vooruitgang aanvaar nie

Pieter ·

In die laaste paer dae het die geweld vreeslik toegeneem en dit gaan vererger, mense julle moet begin gereed maak, dink aan n plan, staan saam, dinge is besig om hand uit te ruk, hou meer meetings met die bure naaste aan julle soveel keer as wat julle kan, en hou julle oe oop,mense moet iets doen , selfbeskutting is een van die beste oplossings, maar een boer kan nie homself beskut nie ons almal moet saam beweeg, punt dis al wat ek te se het, luister wat aangaan, leeas die berigte een wees paraad, stel vaste meetings op in gemeenskappe om te bepaal waarnatoe en waarheen

Willie ·

In my werk se eenjaarlikse vergadering is daar net besluit wit mans word nie meer bevorder nie. Hul is laaste in die ry vir enige aanstellings. My hart bloei vir ons jong wit mans. Ek lei hul op en dan word hul bevorder. My vriend is oorsee en is in ervaring en finansieel ver voor my. Ek het nie die guts gehad om my land te verlaat nie. Vandag is ek spyt daaroor.

Cecilia ·

Stem saam. Ek het in my omgewing met mense begin praat. Twee reaksies: van hulle weet niks hiervan nie(dat ons blankes se dae getel is) en die ander klomp(by die kerk en selgroepe) ignorer my: met die operking:” Ag moet tog nie swarte haat nie,vergewe hulle asb. dis nie hulle wat moord pleeg nie, dis die bose(JA toegegee maar hulle kies om dit te DOEN) en, ons het nog so baie werk in hulle areas”(die gevolg is dat bakkies kos, komberse ens. aangery word plakkerkmpe toe met bybels) “öns gaan disipels van hulle maak” die DOMINIE het my verbied om enigiets te se oor wat aangaan – en bestempel my as rassisties as ek vertel van n plaasmoord, doen EK haatspraak! So, ek sal moet skuif na mense wat my mense is.
Hierdie het my weereens laat besef wie is ons werklike vyande, ons eie mense. Hulle het wel gefrons toe rommelstatus kom, want dit raak mos hulle sakke. (die ds het van die verhoog af een en almal belet om iets teen “öns president”te se.
Ek weier om my mond te hou en het het deeglik vir hulle gese ons eie mense kom eerste, gee eers vir hulle in die wit plakkerskampe.
Ek sien wat kom maar word as negatief beskou.As ons voorouers hierdie houding gehad het sou ons nie een hier gewees het nie.

Andre ·

Die antwoord is eenvoudig humble yourself before God kry rassisme uit jou systeem en ons God sal dit self uitsorteer .staam saam in die gees nie die vlees nie

Oom Klasie ·

Die Burger-oorlog kom al nader.Eers daarna gaan dinge uitgesorteer wees. Siener se woorde. Dit gaan wereldwyd gebeur. Die pot is aan die begin van sy oorkook periode.Staal julself.Die liberales gaan dan ook die pad vat.Hulle monde is nou groot maar wanneer dit gaan saakmaak gaan hulle hol.Dit is die smeltkroes.Dan sal daar nie n onafhanklike staat nodig wees nie.

Pieter ·

Oom Klasje, dankte vir dai berig, die meerderheid van ons moet gereed wees enige tyd, die probleem wat ons almaar meer sit is om veilig te wees, die probleem wat ons het is dat ons onszelf in ons eie huis gezien moet toesluit soos n tronk, dis die n lewe nie en boon op die swartes bly nee agter tralies vir jare nie so ja, ons as bevolking is onder druk,my hart keer om te sien dat ons nabeslag gaan getrek word as daar niet iets onmiddeliks moet gedoen word nie, die jong kinders van vandag word een vir een weg op straat, dit word alles beplan, ons moet iewers in zuid afrika kan grond eis by n boer of twee, bv orania wat al die probleem lankal gezien aankom het gaan vestig, een macht maak mag, hoe meerderheid kan die liberale die enigsin infiltreer nie, n boer moet daarkwerkliks n plan begin maak

Ernest ·

Oom Klasie, jy is in die kol……….presies wat gaan gebeur..!!! Maar dis nog te vroeg vir die Liberales……..gee hulle nog meer tyd.. Natuurlik sal ons sogenaamde “regses” die pad saam moet stap, MAAR ek sal die pyn verduur want ek was dit te wagte. Dis hierdie liberales wat gaan sukkel om moeilikheid te verduur. Hoekom is hulle nou so stil ? Hou op kerm en gaan help om die sisteem op die vlak te kry waar julle dit vooruit gesien het. Gaan bied julle visie aan die massas..!

Nadia ·

Liewe Maroela Media.
Is Mnr Karsten nie eerder die werkgewer nie? ‘n Werknemer is iemand wat in diens geneem word. Werkgewer is die baas.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Nadia

Dankie vir jou kommentaar. Jy is inderdaad reg! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Cyril nms Maroela Media

SP ·

Hier kom nog n siviele eis teen die polisie. Van dit wat ek lees weet ek nie hoe moord ooit bewys sal word nie. Verder moes die 2 al gister in die hof verskyn het,die wet is baie duidelik oor die sg 48 uur aanhouding. N prokureur wat sy sout werd is sal more beswaar aanteken dat die saak op die hofrol geplaas word.

balao ·

My hart gaan uit na julle daar in Suid Afrika, wit en swart, ryk en arm. Jul probleem is groter as velkleur en selfbehoud. Vader het in die Bybelse tye vir die mense gese Hy sal genadig wees as hulle ‘repent’ en hul nonsens laat staan. Dit is presies waar SA sit. Dit help nie julle hou n biddag en wanneer julle terug by die huis kom vloek en skel julle al wat leef en beef nie. Dan kan niemand van die Vader verwag om gebede te verhoor nie, want Sy genade word dan net van voor af vertrap. Daarmee se ek nie wees boetie-boetie met elke Tom Dick en Harry nie, maar verban alle moordadige gedagtes, alle haat en nyd, alle afguns, alle skinderstories, alle sondes, uit jul leefstyl en HY sal getrou wees en julle land en al die volke wat daarin woon genadig wees.

Na alles se die Vader nie ons moet probeer heilig leef nie, Hy se ” wees heilig, want Ek is heilig”. Dis n instruksie, nie n voorstel nie, ook nie n uitnodiging nie, n instruksie. En die enigste ding tussen die mens en God, is ons ongehoorsaamheid, so, gaan dink baie mooi en as julle wel wil selfbeskik, doen dit op grond van geloof en gehoorsaamheid aan die Vader, want dit help nie jy is besny, maar dis net in die vlees en nie in die Gees nie.

Sterkte vir ieder en elk, JULLE BLY IN MY GEBEDE.

Werner ·

Balao- jy is natuurlik in n ander land en nie blootgestel nie. Ek verseker jou egter dat die absolute meerderheid van die blankes in SA nie loop en vloek skel en rashaat aanpor nie. As jy dalk die idee gekry het op Maroela wil ek net se hierdie is AL plek waar ons ons hel en frustrasie bietjie kan lug en met ons mede volksgenote kan PRAAT.
Ons is mense. Ons leef in die grootste onreg en moet stilbly! kom leef tussen ons dan gaan jy dalk baie gou die kragwoorde inryg.
Dankie.

Hester ·

Balao. Ons, die boere is nie so harteloos soos jy dink nie. Hiedie boere van Coligny is omgeemense. Hulle het n hart vir hul werkers. Daar was nou 3 jaar erge droogtes. Al hul werkers het hul lone ontvang. Daar is n goeie verhouding tussen werkgewer en werknemer in die land. Ons probleem is die regering wat haat spreek en tsotsies wat aangery word om betogings oor baie swak dienslewering te laat hand uitruk. Die voorval met die 12 jarige kind was n tragiese ongeluk. Die inwoners van die townships het dit nog moeiliker as die blankes. Hulle word ook verkrag, beroof en besteel. Daarvan sal jy ook nie lees nie. Dit wakker nie rassehaat aan nie. Moenie die boere kwaad maak nie. Julle ken nie die boerevolk se LEWENDE GOD nie. As julle HOM geken het, het hulle nie gedoen wat hulle doen nie. Ek weet nie wat sal gebeur nie. Die GOD laat nie met HOM spot nie. HY sê die wraak kom HOM alleen toe. Julle sal weet as hierdie GOD vir SY volk intree.

Michelle ·

Die probleem °̩s ons boerevolk °̩s magteloos, ons is die minderheid en staan basies alleen. ˚° waarheen hardloop J̶̲̅ÿ ȇȠ hoe los J̶̲̅ÿ net alles ϖAt oor jare ȇȠ jare met moeite ȇȠ opoffering ȇȠ genade opgebou is,dis maklik om te praat maar die realiteit °̩s nie altyd so maklik Nie, ȇȠ as mens nog klein kinders het ϖӐȾ J̶̲̅ÿ moet deurkry en voorberei eendag vir werk ȇȠ leer ȇȠ dalk self n onderneming of besigheid te vestig want hulle velkleur gaan nie vir hulle werkgeleenthede bied Nie maak nie saak watse graad of vaardighede hulle hier in suid afrika het nie. Om weg te hardloop °̩s nie vir almal n opsie nie.

Catryn ·

Selfbeskikking is on pad vorentoe … ons het n internasionale re

Jacques ·

Jong ek sien net lelike dinge kom van die, dit is defenatief nie die laaste nie. En vanmiddag op die nuus was daar heeltemal n ander weergawe gegee as wat hier geplaas is. Die man wat hulle ondervra het se gesig was weg gesteek die heeltyd en hy het n heel ander storie vertel …. n storie wat die witmans in n baie slegte lig stel. So wie vertel die waarheid want as hulle enigesins skuldig is soos wat hy vertel het dan het ons probleme

Zumpiegedoempie ·

Hoekom as hy geslaan en aangerand was soos hy beweer is hy so blakend gesond en ongeskonde. Hy kon mos sy bebloede klere vol stof as bewys op tv gehad het as dit so was??

Piet Pompies ·

Die berig is duidelik en dit verskaf die rede vir die onluste, dit was ‘n ongeluk en dit word uitgebuit. Wees kalm en hou by die wette, die raad wat rasseverhouding monitor en sake aanhoor het in ‘n verklaring gesê dat die verhoudings tussen mense in Suid Afrika heelwat beter is as wat die media weergee. Ek self werk vir ‘n middle groot maatskappy en hier word geen vorm van rassisme geduld, let wel, geen vorm van rassisme en die verhouding tussen ons mense is uitstekend. Dan praat ek ook namens my twee dogters en seun, by hulle werk is dit ook so, goeie verhoudings tussen mense. Na my mening is daar te veel doemprofete en media instansies wat finansieel ondersteun word om slegte nuus te verprei. Ek is hier om te bly en ‘n positiewe verskil te maak in ons land se problem.

Disselboom ·

‘n Beroep op kalmte is seker ‘n goeie ding, maar daar moet gewaak word teen naïewiteit. Dit is so dat daar kolle in Suid-Afrika is waar ‘n soort “eerlike liberalisme” (as daar so iets is, maar kom ons noem dit maar vir argumentsonthalwe so) beoefen word en regverdigheid na alle kante gehandhaaf word vir mense om mekaar te respekteer en doeltreffend saam te werk. Om egter ‘n naïewe vertroue op hierdie land se huidige wette, terwyl wetstoepassing vrotsig bestuur word en haat tot vanuit die parlement aangeblaas word met leuenagtige retoriek, en vir Coligny se mense na hier die verwoesting te sê om net kalm te bly, is volstruisig. Hierdie was ‘n daad van oorlog, so aaklig as wat dit is om dit moet raaksien, maar dis lewensgevaarlik om dit nie raak te sien vir wat dit is nie. Maar dit bly waar dat daar kalm gebly moet word, maar nie omdat die wet(stoepassing) reg gaan verskaf nie.

Johann ·

Genadige vader, ek kyk nou vanaand die Afrikaanse nuus en daarin berig hulle van ‘n ooggetuie wat vertel wat gebeur het, hoe die twee mans hom gevang het en wat hulle als met hom aangevang het voor hulle hom losgelaat het. Ook vertel hy hoe die twee mans die kind in die land gesleep het. Hy sê hy vrees nou vir sy lewe en kan nie slaap nie.

Zumpiegedoempie ·

Glo jy sowaar als wat jy op tv sien? Snaaks die ‘ooggetuie’ lyk so goed nadat hy soos hy beweer geslaan was.. en waar is die ander seun wat ook gesteel het? Hy is ook mos ‘n oogggetuie. Hy weet natuurlik hy kan aangekla word vir diefstal as hy homself bekend maak.. hy ken ook die identiteit van oorledene

Leendert ·

Jig, het julle vanaand op die Afrikaanse nuus, daai ooggetuie se storie gehoor?

Rerha ·

Hierdie dinge gaan oor goed en kwaad, reg en verkeerd. Ons land se mense het integriteit, repsek, waardigheid, liefde, berdraagsaamheid ens ens nodig. In meeste lande is daar arm en ryk mense en verskillende etniese groepe, maar sonder al die geweld, haat, disrespek ens. Die antwoord lê wat my betref by opregte christene wat vir ons land bid. Mag ons toekoms anders lyk as nou. Ek wil asb in n veelrassige Suid Afrika woon.

Lynette Schultz ·

As die ooggetuie se weergawe waar is, sal my teleurstelling geen perke ken nie. Sal beslis die saak dophou.

SP ·

Gatvol,dis duidelik dat jy die een is wat die wet nie ken nie,die 48 uur begin vandat jou vryheid ontneem is deur arrestasie en nie vanaf aanhouding by die polisiestasie nie. En gaan lees maar uitgewysde sake oor die verstyking van 48uur,jou weergawe is totaal en al verkeerd.

Pat ·

‘n Kind het sy lewe verloor oor sonneblomme! My hare rys. Dis kinders!

Gemsbok ·

Nee. ‘n Kind het sy lewe verloor omdat hy van ‘n bewegende voertuig afgespring het.

lynni ·

Daar het vanaand op e nuus een vertel hy het gesien hoe seun aangerand is. Hy het heeltyd rondgekyk was glo vreeslik bang daar loop n wit man verby en rand hom aan. Ek het vir my mense gese hoekom saai tv sulke dinge uit.

Oosie ·

Hulle misbruik altyd kinders. Ou Afrika-truuk. Hierdie is S.A. se begin.

Catryn ·

Elke volk in SA het n internasionale reg tot selfbeskikking … volle soewereiniteit … om oor hulself te regeer … Regering keur dit nie goed of af nie . word internasionaal gedoen ….

Bruno Stef ·

As jy n hond wil slaan is dit vinnig om n stok te kry waarom het die sogenaamde getuie wat vir sy lewe vrees en nou in n beskermingsprogram opgeneem is. Dit word alles gedoen vir n rede en soos in bykans alle gevalle n mes teen die boer se keel te he baie uitgeslape.

Johann Marx ·

Daar was toe al die tyd ‘n “rede” vir apartheid….

Pieter ·

Ek wonder in hoe n mate gaan die protes en vrees vir verdere protes en oproer die regverdige uitslag van die ondersoek bepaal?

Attie ·

Die saak van gebed duik dikwels op in kommentaar. Verwag God nie juis dat ons moet vernietig wat boos is nie? Is dit nie teenstrydig met Sy wil, dat ons terugsit en die bose akkommodeer nie? Dit is tog al telkemale in die geskiedenis bewys dat daar gebid is voordat daar opgetree is teen die vyand. LET WEL…ek verwys na bose mense in die algemeen. Dit sluit ALMAL in, want SA se probleem is geskep deur elemente van alle bevolkingsgroepe. Diegene met eie agendas, swak morele waardes, ens.

Jp ·

Eerstens: Almal was gekant teen Orania, maar hulle het geweet a
wat gaan kom, nou wil almal na Orania vlug of iets soortgelyks begin…
Tweedens: Ons as blankes moet die voorbeeld stel soos Jesus gedoen het. As ons hande saam vat met die swartes en kleurlinge, soos Jesaja gese het: ” Wie sal ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek(Jesaja): Hier is ek, Here, stuur my…Jes 6: 8…Ons as Afrikaners moet `n slag murg in ons pype kry, soos ons voorvaders, op staan vir wie ons is en uitreik na sendingwerk) doen onder hulle, die swartes…ek self doen sendingwerk en werk al agtien jaar onder swartes en kleurlinge in Suid-Afrika en die naburige lande, waarvan ek drie jaar in `n swatterkamp gewerk onder hulle. `n Jaar daarvan moes ek eers leer hoe hulle kultuur werk en daarna was hulle onderdanig aan God se Woord…amen…

Peet J ·

Volgens van die kommentare stem ek mee saam dat ‘n Volkstaat vir beide die Afrikaner sowel as die regering ‘n oplossing is: Vir die wat belangstel daar is alreeds in die verlede goedkeuring verkry vir ‘n Volkstaat. Kyk my kommentaar “Plaasaanvalle Egpaar op Limpopo -plaas aangeval”, die Akkoord was op 23 April 1994 aangegaan en goedkeuring vir ‘n Volkstaat was op 31 Maart 1999 toegestaan. maar gaan lees al die besonderhede. Orania was vermoedelik ook ingesluit by hierdie Akkoord daarom dat die regering nie op hulle ‘n houvas het nie.

catryn ·

Ongelukkig het die regering alle houvas op ons almal, Peet, Orania ingesluit. Hulle het nie selfbeskikking nie. Die Volkstaatraad van 1994 het ‘n mandaat en akkoord, en daarvolgens REEDS gebiede bepaal en uitgewys waar daar reeds honderde duisende van ons woonagtig is, werk en besighede bedryf. Ons het ‘n internasionale reg tot hierdie gebiede. Hier in die 4-5 gebiede is reeds gevestigde infrastruktuur, en hoef ons niks van vooraf te begin. Met selfbeskikking hoef die regering nie verder bekommerd te wees oor swart bemagtiging nie, want dan is ons uit hulle pad uit – onafhanklikheid.

Penellope Jones ·

Wonder wat sal gebeur as S.Afrikaners vir elke moord op ‘n boer of enige ander persoon, begin om ander mense se huise af te brand en soos besetenes te kere te gaan?
Daar sal baie min wonings oor wees.

PeetJ ·

Catryn , dankie vir jou kommentaar. Kan jy asseblief meer besonderhede verskaf oor die 4-5 gebiede waarvan jy melding gemaak het Ek stem saam Orania het nog nie selfbeskikking nie maar funksioneer sonder inmenging van die regering. Ek haal aan:- “Anno 2016 is er nog teeds geen defnitieve ooreenkomst tussen regering en de inwoners van Orania bereikt. Orania was deel van de Volkstaat besprekingen en maakt in de onderhandelingen met de overheid steedfs aanspraak op een vorm van selfbeschikking. Het Vryheidsfront Plus Gen. Con stand Viljoen ondersteunt Orania in zijn streven naar een vorm van zelfbeschkikking. Ons moet vergeet van internasionale reg die Afrikaners wat belangstel om die Volkstaatgebied te beset moet so gou as moontlik daarheen verhuis Ons moet nie sit en wag vir politiekepartye wat selfbeskikking voorstaan nie indien jy nie in die Volkstaat wil gaan bly nie maak soos die Israeliete verkry blyplek en verhuur dit aan jou mede Afrikaner.

Pieter ·

Die Afrikaner is leierloos. Dis tyd dat daar n sterk leier na vore kom en strukure stig en in werking stel wat die Afrikaner `n raamwerk gee waar hy binne kan optree sonder om die lands wette te oortree, soos om maatskappye te straf deur jou besigheid daar weg te neem oor hulle rasse beleid toepassing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.