Huisgenoot tereggewys oor Griekwastad-tiener

Dag 7 in die hof. Die minderjarige verdagte praat met 'n familievriend. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Dag 7 in die hof. Die minderjarige verdagte praat met ‘n familievriend. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die persombudsman het Donderdag die Huisgenoot ernstig tereggewys nadat die tydskrif die tiener, wat van die moorde op drie lede van die Steenkamp-gesin van Griekwastad verdink word, se volle gesig op sy voorblad gebruik en sy naam gepubliseer het.

“Huisgenoot het die minderjarige identifiseer, sonder dat dit in publieke belang of in die beste belang van die kind is, en dit verbreek die perskode,” het ombudsman Johan Retief in sy beslissing gesê. “Ek kan eenvoudig nie die gevolgtrekking aanvaar dat die publikasie van die foto in publieke belang was nie. En dit is verseker ook nie in die 17-jarige se beste belang gedoen nie. Die pers sal en mag nie kinders identifiseer wat aan misdaad verbind word nie.”

ʼn Foto van die tiener is op die voorblad van die uitgawe van 14 November gepubliseer, en sy naam is gebruik. ʼn Klag is vervolgens by die persombudsman ingedien wat aanvoer die seun is geïdentifiseer en dat dit onnodige skade berokken het.

Retief het beslis dat die tydskrif so gou as moontlik ʼn frase bó hul voorblad se hoofopskrif moet publiseer: “Griekwastad: Huisgenoot ernstig deur Persombudsman tereggewys.”

Die klaer het ook versoek dat bewerings ondersoek moet word dat die tydskrif vir hierdie en ander stories betaal het.Retief het dié klag van die hand gewys.

Die seun word daarvan verdink dat hy Deon Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en hul dogter Marthella (14) op 6 April 2012 op die plaas Naauwhoek naby Griekwastad doodgeskiet het. Die staat voer ook aan dat die seun die dogter verkrag en vir die polisie gejok het.

Die opspraakwekkende verhoor van die tiener is op 27 November onverwags in die Noord-Kaapse hooggeregshof tot vandeesmaand uitgestel. Dit hou moontlik verband met die publikasie van die tiener se foto.

Staatsaanklaer Hannes Cloete het heel aan die begin van die verhoor versoek dat die media nie toegelaat moet word by die verrigtinge nie, maar die hof het beslis dat die media wel teenwoordig mag wees, mits die minderjarige nie geïdentifiseer word nie.

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Verhoor onverwags uitgestel
Video: Griekwastad-moorde: Verkragting was dalk die motief
Griekwastad-moorde, verkragting aan mekaar verbind; saak uitgestel
Griekwastad-moorde: Seun se getuienis “onmoontlik”
Griekwastad-moorde: Verdagte het glo niks gehoor
Video: Moeilike vrae aan Griekwastad-verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte se kruisverhoor hervat
Griekwastad-verdagte getuig
Griekwastad-moorde: Verdagte begin getuig
Griekwastad-moorde: Staat sluit saak af
Griekwastad-moorde: “Tiener se verklaring klop nie”
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Griekwastad-moorde: Raaisel oor onbekende vingerafdruk dalk opgelos
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

beppie ·

Ag tjol man die wereld moet weet hoe lyk die mens wat die guts. Gehad het om betrokke te raak in so iets. Ja dis nog nie bewys dat hy skuldig is nie maar ja waar n rokie is is daar n vuurtjie. Hiekom pleit hy nie dan onskuldig nie nou het hy net n houding!

Gert Strydom ·

@ Beppie. Moenie jy soveel tjol praat nie. Moet nie jou domgeit in die openbaar uitbasuin nie en dit nog onder ‘n skuilnaam. Natuurlik het hy onskuldig gepleit. As hy skuldig gepleit het, was dit nie nodig om die hele verhoor deur te werk nie. Wag vir die uitspraak maandag.

kobus de kock ·

Almal wat ‘n greintjie grysstof het weet seker teen dié tyd wie die beskuldigde is. Dis belaglik dat sy naam verswyg moet word omdat hy minderjarig is. Na my mening behoort die wet gewysig te word.

Rudolph ·

Skindergenoot het nog nooit enige respek of gevoel vir enige iemand gehad nie. Hulle stel net in sensasie en geld belang.

Peter Says ·

Net oningeligtes sal nie weet wie die knaap is nie, dit is mos nou al lankal ou nuus.

henk venter ·

BELAGLIK! Dis al hoe die sogenamade ombudsman se bevinding beskryf kan word. Die wereld weet wie en wat die sogenaamde tiener is. Die wereld weet dat hy teregstaan op die grusame moord, maar hy mag nie genoem word nie?
Dis in belang geregtigheid EN die gemeenskap dat die gemeenskap moet weet wie en wat in hul midde rondloop.

Babsie Basson ·

Hehehe lag te lekker. Nerens in die HG artikel het iets gestaan dat hy aan moorde gekoppel word nie. Die personbudsman het eintlik na regte nou sy naam bekend gemaak, alhoewel almal dit tog verwag het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.