Jagter se liggaam in veld gekry

Die liggaam van ʼn jagter is in ʼn veld naby Westonaria aan die Wes-Rand gevind.

LookLocal berig dat die 59-jarige man vermoor en beroof is terwyl hy in ʼn veld met sy windbuks gejag het. Konst. Thembi Masango, ʼn polisiewoordvoerder, sê die polisie het met hul aankoms op die toneel ʼn jong man gevind waarna hy die liggaam aan hulle uitgewys het. Die jong man het die oorledene as sy oom geïdentifiseer. Masango sê die twee mans en hulle honde het in die veld gaan jag waarna die jong man glo gery het om brandstof vir sy bakkie te kry. Masango sê toe die man teruggekeer het, het hy op sy oom se liggaam afgekom. Volgens Masango was die man se liggaam in ʼn sittende posisie teen ʼn boom. Hy sê die oorledene het verskeie steekwonde oor sy liggaam gehad en sy windbuks was vermis. Twee mans is kort na die voorval in hegtenis geneem. Die verdagtes, onderskeidelik 18 en 19 jaar oud, het reeds in die Westonaria-landdroshof verskyn.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.