JHB-kleuter glo met sak versmoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vyfjarige meisie se liggaam is Maandag tussen ʼn hoop vullis in Johannesburg gevind nadat sy glo versmoor is.

Kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, sê dit wil voorkom of die meisie met ʼn plastieksak versmoor is. Die meisie het Saterdag vermis geraak en haar liggaam is Maandag deur inwoners van uitbreiding 5 in Diepsloot gevind.

Die polisie ondersoek die voorval.

Dit is die tweede moord van minderjariges wat oor die naweek in die Johannesburg-omgewing plaasgevind het. Maroela Media het vroeër berig die liggaam van ʼn vierjarige meisie is Maandag gevind. Sy was halfnaak aan ʼn boom opgehang. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Seg Net ·

Raak Maroela ook nou soos Media 24 om ons kommentaar te verwyder? Het ons nie meer vryheid van spraak op die forum nie? Indien dit so sal aangaan sal van ons maar van forum moet verander. Maroela stel vir ons ‘n kommentaar beleid op sodat ons kan weet wat is vir julle aanvaarbaar en wat nie.

vuurvreter ·

Seg net ek stem. Hulle verwyder net wat hulle wil. Lyk my die waarheid maak eina. Laat maroela riglyne onder elke opskrif sit. My kommentaar word gereeld afgehaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.