Malema gaan terugveg

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema, die geskorste ANC-jeugligaleier, gaan ʼn aansoek teenstaan van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) om hom te sekwestreer.

“Ek kan bevestig dat ons opdrag gegee is om die aansoek teen te staan,” het Ncqui Galaktiou, sy prokureur, Vrydag gesê.

Maroela Media het Donderdag berig die SAID het Woensdag by die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria dié aansoek ingedien. Volgens hofdokumente skuld Malema R16 miljoen en is hy “feitlik insolvent en in geen posisie om die SAID terug te betaal nie”.

Indien die SAID se aansoek suksesvol is, sal al Malema se eiendomme onder kuratorskap geplaas en opgeveil word om die skuld te dek.

Die verhoor is vir 27 Februarie geskeduleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gemsbok ·

Waarskynlik net vertraagtaktiek om meer tyd te bekom om bates weg te steek. Waarskynlik in Zimbabwe of Switserland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.