Man tydens rooftog aan die brand gesteek

ʼn Winkeleienaar is Donderdag tydens ʼn rooftog aan die brand gesteek.

“Vier gewapende mans het gister omstreeks 11:30 die eienaar se winkel in Greytown, KwaZulu-Natal, betreë,” het kolonel Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

“Hulle het die eienaar met ʼn geweer aangehou en op geld aangedring. Hulle het glo petrol oor die man se arm gegooi en dit aan die brand gesteek om hom sodoende te forseer om vir hulle te sê waar hy die geld bêre,” het Naicker bygevoeg.

Die rowers is met ʼn onbekende bedrag geld weg en word steeds deur die polisie gesoek. Die eienaar het erge brandwonde opgedoen en sterk in die hospitaal aan.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.