Nuuskommentaar: ‘Daar skort iets met wit Afrikanermans se opvoeding’

Prof. Jonathan Jansen

Prof. Jonathan Jansen

Daar skort glo iets met die opvoeding van jong Afrikanermans. Prof. Jonathan Jansen, uittredende rektor van Kovsies, sê hy is verkeerd of buite konteks aangehaal. Maar sonder dat hy sê wat hy wel gesê het en wat die regte konteks was, sal hy teen die agtergrond van gereelde wilde uitsprake onder verdenking staan dat hy inderdaad sy voet daarin gesit het.

Kom ons aanvaar dat Jansen, verkeerd of buite konteks aangehaal is, soos hy volgens mediaberigte beweer. Dit verminder egter kwalik die skade wat deur die berigte gebaseer op ’n lekkasie (of meer) uit ’n vertroulike vergadering voortgespruit het.

Reeds diep in die ou Suid-Afrika is in onder meer staatsdienskursusse gemaan oor hoe verkeerd stereotipering is, en hoe gevaarlik dit kan wees.

In ’n heterogene land is so iets inderdaad iets wat nie hoort in die plek van om mekaar se tradisies te ken, en sover moontlik te verstaan en respekteer nie. Een van die voorbeelde wat gereeld gebruik word, is dat ’n swart man (nog dikwels) voor ’n vrou by ’n deurgang sou indruk, omdat dit die man se plig is om te kyk of dit anderkant veilig sou wees.

In ’n land soos Suid-Afrika vind egter ook heelwat gevalle van “kultuur in transito” plaas en hierdie transito vind nie altyd ongeskonde plaas nie. Die land het heelwat probleme wat uit die voortspruitende anti-kulture voortspruit.

Ras-stereotipering is byna onafwendbaar, en ras-raakvlakke kan baie dun geskuur word.

Oudmin. Lulu Xinwana, wat meer vir haar onverantwoordelike losbekkigheid bekend was as haar bekwaamheid, het in 2013 gesê: “Jong Afrikanermans word grootgemaak in die Calvinistiese geloof en glo hulle besit ’n vrou, hulle besit ’n kind, hulle besit alles, en daarom kan hulle daardie lewe neem, want hulle besit dit.” Augustus is Vrouemaand.

En dit was nog half mak in vergeleke met dit waarvan sy die land se wit boere beskuldig het.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het hom skerp uitgespreek teen Jansen en aanbeveel dat hy hom eerder met universiteitsake moet bemoei as om hom met rassistiese beledigings besig te hou.

Dit volg nadat Jansen op ’n senaatsvergadering gesê het iets skort met die opvoeding van wit Afrikanermans én dat daar bewyse is dat wit studente in Afrikaanse klasse bevoordeel word. Jansen het ook van die geleentheid gebruik gemaak om weer die afskaffing van Afrikaans as onderrigtaal te beklemtoon.

Volgens Buys kry ’n mens die indruk dat Jansen, voor hy uiteindelik oorsee vertrek, Afrikaans en haar sprekers vir oulaas probeer afbreek, skade aan die universiteit aanrig en verder probeer polariseer. Dalk is dit goed dat Jansen oorsee kan gaan en daar verder vervreemding toepas.

Na berig word, het Jansen glo ook gesê Afrikanermans eien hulself dinge toe. Tog interessant in welke moeilikheid die ekonoom, Chris Hart, hom bevind het toe hy dieselfde van swart mense gesê het, en onder druk sy pos moes verlaat.

Tog interessant hoe iemand wat al telkemale in die media aangehaal is dat hy in uitgelese geselskap die “f”-woord ingespan het, glo na ’n ander se gebrekkige opvoeding sou verwys. Onder Jansen se leiding is Kovsies se Christelike karakter gesloop, soos dat God uit die leuse verwyder is en die opening van gradeplegtighede deur Skriflesing en gebed afgeskaf is. Studente word skielik in ’n posisie geplaas waar die Christelike fondament waarmee hul ouers en hul kerke hulle toegerus het, onder druk geplaas word.

Van die hoof van ’n opvoedkundige instelling sou verwag word om die jong mense te leer van hoe ’n belangrike rol die Grondwet speel om Suid-Afrika se wiele oor ’n wye front te laat draai. Nie om ongrondwetlike besluite, gebaseer op heelwat donkerwerk, op die kampus af te dwing nie.

Natuurlik is nie alle jong Afrikanermans, of Afrikaners in die algemeen, rolmodelle nie. Dit word ook in Afrikaans vasgelê met woorde soos die zeffers, gopse, ploerte, ghwarre en veel meer. Volksblad berig juis oor ’n Afrikaanssprekende man wat nie meer nat agter die ore is nie, wat nog steeds vrouebestuurders van die pad trek en uitmekaar vloek, en na bewering selfs aanrand. Maar moenie veralgemeen nie, ek sê.

Moet ook nie veralgemeen op grond van diegene wat ’n fase van jonk en jukkerig beleef nie.

’n Rektor in besonder moet waak daarteen dat hy nie die indruk wek dat die opeis van grondwetlike regte minder aanvaarbaar is as die afbrand van universiteitsgeboue nie.

 

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Magdalena van Aswegen ·

Geagte Prof Jansen, vandag wil ek u net bedank omdat u ons land gaan verlaat. Ons land het verskeie wit en swart mans wat nie soos u, ons land wil dwing om mekaar te verag en nie te kan verdra nie. Ek hoop regtig dat u baie gelukkig sal wees in u nuwe land, WANT ons het nie burgers soos u in die land van ons nodig nie. Gaan u goed, gaan u wel. Kyk sommer of u nie burgerskap in die nuwe land kan kry nie. Sies man. Jammer dat ou President Mandela nie nog lewe nie, want hy sou JOU lekker geroskam het.

poot ·

So hy verwyder Godsdiens uit die Universiteite…..maar sing KLIPHARD Nkosi Sekelele i Afrika.

Anton ·

Ek juig ook dat hy die gaat vat. Sou net bly gewees het as hy vir Zuma wou saam vat

Piet Pompies ·

Dit wil vir my voorkom of Prof Jansen in ‘n wedren hardloop en tans heel agter is en nou fokus op die sukses van die wat voor hom is en dan probeer om hierdie sukses as sleg af te maak en daardeur himself goed te laat lyk. Prof, die gemeenskap is nie so dom as wat jy dink

Lance ·

Voel minderwaardig dis wat ek dink. Hou op om altyd die probleem by ander te gaan soek werk bq aan jouself toe !

Chris Lombard ·

Hierdie is n vorm van sielkundige oorlog wat die volgende eienskappe het:

Wanneer n Afrikaner (soos bv AB de Villiers) iets goed vermag, is hy nie n Afrikaner nie. Dan is hy n Suid Afrikaner. Alhoewel ek rerig dink Dan Retief het eintlik net n grap gemaak, was hy gefire by City Press toe hy probeer om Faf en AB as Afrikaners te tipeer in n tweet.

Wanneer n Afrikaner egter aanjaag, dan is hy n Afrikaner en word getipeer as n Afrikaner en is alle Afrikaners sleg.

Die teenoorgestelde is natuurlik waar wanneer dit kom by swartes. Wanneer swartes “goed” doen, mag hulle getipeer word as swart (vergelyk Eusebius met sy “black excellence”, Kagiso Rabada ens.)

Wanneer hulle egter aanjaag, moord pleeg ens, dan mag hulle nie getipeer word as swart nie. (Die rede hoekom misdaadstatistiek nie per ras in SA bygehou word nie)

So kry jy n individualisering van “goedheid” in Afrikaners, en n “sosialisering” van slegheid in Afrikaners, terwyl jy n sosialisering van “goedheid” onder swart mense kry, en n “indvidualisering” van slegheid .

Die mense wat agter hierdie sit glo natuurlik self hulle is goed en dat hierdie wanvoorstelling vir die goedheid van die mensdom is. Jy kan maar self besluit of dit is, al dan nie.

Rupert Ashford ·

Uitstekend gestel Chris. Beste wat ek nog gesien het.

Zumie ·

En kyk hoe blink sy Sjinees vervaardigde stralekrans terwyl hy sulke wyshede kwytraak..

Pierre van Eeden ·

Net soos nie alle Afrikanermans oor dieselde kam geskeer kan word nie, is Jansen bewys daarvan dat nie alle Rektore onpartydig is,opgevoed is,integriteit het en studente se belange op die hart dra nie.
Gaan jou wel Prof. Jansen, ons het jou nie meer nodig nie.
Jy is ook nie meer welkom nie.

laaste kraai ·

Nooit hom nodig gehad nie. Sowat van ‘n minderwaardigheidskompleks is sleg vir almal wat met hom te toen het.

Oupa D ·

Wat ‘n tragedie het ons Alma mater nie getref die dag toe Prof. Jansen daar aangestel is as rektor nie! Vandag is daar van die eens trotse Kovsies niks oor nie – slegs net nog ‘n rasgedrewe, betogende instansie wat geen positiewe bydrae maak nie. Hoe is dit moontlik dat ‘n Universiteitsraad so stiksiening kan wees om nie die man se mond te snoer nie? Gaan asseblief met ‘vriendelik’ verpligte’ verlof totdat jy genadiglik padgee, Professor!

Therese van Schalkwyk ·

Die enigste aspek in die voortslepende Jonathan Jansen-sage wat verbaas, is die feit dat mense hoegenaamd ontnugter of teleurgesteld is in sy optrede jeens Afrikaners.

DOuw ·

Min wat ek kommentaar lewer oor politiek & rassiestiese uitlatings, die Jansen se geval is egter interresant – want nie net het hy God verloen deur hom te beywer om nie net die wit Suid Afrikaners se christenskap aan te vat en benadeel nie (dink maar net hoeveel anders-kleuriges sien jy vandag in sogenaamde ‘wit’ kerke) maar hy is vermetel genoeg om blanke mans se opvoeding te kritiseer… Ja, ons wittes is nie almal engeltjies nie…. en Ja; daar skort iets met ons opvoeding – ons het geleer om ander se besittings & instansies wat tot ons voordeel strek, te eerbiedig en respekteer… Ons brand nie skole af – wat uitsluitlik tot ons & ons kinders se voordeel is nie, spring en protesteer vir gratis opvoeding en vernietig alles rond-om hulle, as hulle nie hulle sin kry… (maar bitter min van die oproeriges sal uits uit die gratis opleiding kan maak as hulle dit wel kry.. want die wil-dit-verniet-he-factor sal dan oorgedra word na het-dit-nou-moet-ek-gratis-resultate-&-punte kry…) Genoeg gese… Ek wonder net hoekom word hy nie ook aangekla van rassistiese uitsprake nie…. (Ander onderwerp!!!)

Theuns ·

Jy vat die woorde uit my mond uit Douw. Ek het nog nooit gesien dat die wit afrikaanse mans skole, universiteite of geboue afbrand of beelde skend as hulle nie gelukig is oor iets nie. En daar stem ek saam. Ons het die REGTE opvoeding gekry. En ons werk vir ons geld en betaal vir wat ons wil hê..

rr ·

Is dit omdat julle self agter die deur staan. Kyk na julle eie mense. Daar skort iets met hulle. Dalk hoor en sien hy nie lekker nie.

dewet ·

Die is rasse haat PUNT. Hy behoort aangekla te word en ook `n boete te betaal so seker ander mense.

Sarie ·

Iets wat ek eerste oor navorsing geleer het is dat ‘n mens nie ver algemeen voor jy dit met feite kan bewys nie. Jansen behoort as professor dit ook te weet. Breyten Breytenbach het gesê dat as iemand uit die ander rasgroepe ‘n boek sou skryf oor bv. Bruinmense soos Jansen oor Afrikaners geskryf het hy oor rassisme aangekla word. Hy het ‘n obsessie met die Afrikaner. sal sy optrede dalk jaloesie wees.

Christie ·

Veralgemeen (teoretiseer) met die doel om vas te stel wat nie kan wees nie, en nie wat kan (bewys), is die basis van wetenskaplike ondersoek en die maak van voorwaardelike (wetenskaplike) gevolgtrekkings (veralgemenings). Juis as doel in ondersoek om te falsifiseer en nie te “bewys” wat is nie. Lg. is”gatom wetenskap”. En dit is juis die probleem met baie “akademici”. En dan nog verder hul gevoltrekkings grond op sydige en bevooroordeelde feitelike waarnemings. Hul gevolgtrekkings (veralgemenings) grond op feitelike uitsonderings en vanuit n spesifieke posisie. Dan sal n dokter ewe maklik kan se, opgrond van sy waarnemings, dat almal in die dorp inherent siek is. En die gevolgtrekking dan te “bewys” uit n oneindigende hoeveelheid feite uit sy spreekkamer. Dan kan die polisie en tronkhoof net so opgrond van oneindigende hoeveelheid uitsonderings “bewys” dat almal inherent skelms is. Tog weet selfs iemand, wat niks van wetenskap weet nie, dat dit nie waar is nie. En hulle kom weg daarmee, in gangeroo omgewing. Dit is die rede dat die aangeklaagde onskuldig is totdat so n moontlikheid, na robuuste ondersoek, en oorwig van baie inaggenome onafhanklike feite en, selfs dan net opgrond van oorwig van waarskynlikheid, nie uitgeskakel kan word nie. Die uitspraak en bevinding is steeds dan voorwaardelik, beperk en subjektief. So moelik is dit om te veralgemeen, mbt wat nie is nie. Hoeveel te meer tov van wat is. So, een plus een, kan en kan net op sy beste, twee wees.

Paul ·

Chris Hart het niks van swart mense gesê nie. Moet hom nie aanhou verkeerd aanhaal nie. Hy het algemeen oor mense in Suid-Afrika (waarvan die meeste natuurlik swart is, wat’s nuut?) gepraat, toe hy gesê het mense is te “entitled” in Suid-Afrika.

Ryan ·

Ek wens jou alle sterkte toe mr Jansen. Ek glo jy sal ‘n niche mark sal vind vir jou haat en verdeeltheid onder mense sodat jy NOOIT weer sal terug keer na Suid-Afrika toe nie. Ons land se studente verdien beter.

hans ·

Die prof moet die opname van die vergadering beskikbaarstel dan kan ons oordeel of hy verkeerd /buite konteks aangehaal is. Iets is nie vertroulik as kwetsende aanmerkings/haatspraak teen een van die bevolkingsgroepe gemaak word nie. Daar moet onmiddelike kriminele klagtes teen die prof ingedien word en n interdik verkry word. sodat hy nie RSA kan verlaat voordat daar nie uitspraak in saak gelewer is nie.

Belinda van der Berg ·

Ek stem saam Jansen, daar is probleme met JONGMENSE se opvoeding – spesifiek met die wat die universiteite afbrand, en allerhande eise stel, hulle spring en skree en dan word daar net gegee.

Penellope Jones ·

Hoekom word “wit Afrikaners” nou weer uitgesonder?
Van ‘n professor verwag mens sekerlik perspektief!!
Dieselfde kan dan van Alle kulture gese word aangesien elke kultuur sy kinders anders opvoed as die vorige en volgende kultuur.
Wat beketen, ALLE kulture voed hulle kinders “”verkeerd”” op in die oe van alle kulture!

Johanna Botha ·

Chris Lombard en Douw julle slaan die spyker op dy kop …kon dit nie beter gestel het nie.

Heksejag ·

Die man doen nou self heksejag, en dit gaan hom hap in sy akademiese loopbaan vorentoe.

Grap ·

Regeer die universiteit in die grond in met sy rassistiese houding teenoor witmense en nou hardloop hy weg

Piet ·

Dit wat julle bo delete het kom maar eintlik net daarop neer dat dit uiters verwaand is, om ander nasies so te beledig. In die lig gesien daarvan dat daar soveel geweld onder bruin gemeenskappe is, verstaan ek nie hoe kan hy sulke twak kwyt raak nie. Soos daar dan ook bo gese is, is mens seker naief om nou opbouende en insiggewende insette van die man af te ontvang.

Twait ·

Alle respek vir die man wie se boeke ek nog gekoop het verloor. Jy het toe al die tyd dieselfde moraliteit as Zuma. Byebye.

Johanna ·

Sal dit waardeer indien Prof Jansen aan ons sal verduidelik hoe is bruin jongmans wat dwelms misbruik en in bendegeweld betrokke is opgevoed

johann ·

Ag mense! Julle het dit ALMAL verkeerd!
Dit het ALLES met jaloesie te doen!
Ja, daar is maar slegte appels orals in all rasse en nasies!
Die ander mense is net eenvoudig jaloers. Ten spyte van al die onderdrukking streef ons nog voor uit.
Niks, en niemand sal ons WIT AFRIKANER MANS onder kry nie!
So vat dit Jansen!

Sê maar net ·

Ek sal graag met Prof Jansen wil ‘n gesprek hê en met hom praat soos ek, ‘n wit Afrikanerman, met ‘n ander onnosel wit Afrikaner sal praat. Vir hom mooi in kleurvolle Afrikaans vertel wat ek regtig van hom en sy opinies dink. En ek het nogal gedink, weliswaar lank terug, dat die ou nogal verstand het. Met alles wat die laaste tyd op die kampus gebeur, hang sy rassistiese onderrok ver uit. Wit studente word aangekla vir nietighede, maar swart studente wat vandalisme op die kampus voor tv kameras pleeg, kom weg met die spreekwoordelike moord. Ek sê maar net.

Martie ·

Ja daar IS fout met ons mans se opvoeding…hulle is TE beskaafd groot gemaak….hulle se..”Fight fire with fire”….maar hoe…..???

JOHAN DE VILLIERS ·

DAAR SKORTS IETS MET SY OPVOEDING. HY HET MY ALMA MATER DISFUNSIONEEL GEMAAK

ElgeraineR ·

Hulle is baie gou om witmense te beledig, wonder hoekom…voel dalk minderwaardig Prof Jansen??

christine ·

Herman ek dink dat ons vir Prov Jansen vertel van die Ds. wat na die gemeentelede gekla het oor sy onopgevoede pasterie kinders vir die gemeente lede se my kinders was nooit so nie dis vandat hulle gedwing om nou 20jaar die speelgrond te deel met die gemeentelede se kinders die dat hulle ook nou so onopgevoed is.

John ·

Hoekom het die UV aanvanklik vir prof Jansen aangestel na die debakel by ‘n kampuskoshuis? Hulle moes duidelik geweet het wie hy is siende dat hy ook by UP gewerk het. Diegene moes ‘n verskuilde agenda gehad het om die kampus op sy dak te keer, of was hulle bitterlik naief? Mens glo nie die professor gaan in sy omswerwinge in die buiteland om die stereotipe bakhandbrigade se koffers te vul, een goeie woord vir die witmense in SA uiter nie… en so hou die sepie met dieselfde ou tema aan en aan…

Marius ·

Ek stem saam met byna alles wat jy sê Herman. Ek dink net universiteite het so godsdiens divers geraak, selfs binne Christen kringe, dat dit eintlik nie net vanselfsprekend aanvaar kan word dat almal Christelike openinge sal verduur nie. Ek sê dit as ‘n gelowige wat wil sien en bid dat die evangelie almal bereik. Skole funksioneer anders want beheerliggame word deur ouers die mandaat gegee om die godsdiensbeleid van ‘n skool te bepaal, voordat enigiemand my dalk hieroor striem. Maar selfs hier kan jy nié iemand verplig om jou oortuigings te deel nie.

cynthia ·

Hierdie man het iets bereik in die lewe en kan trots op homself voel, maar waarom hierdie kwaadpraat knaend teenoor “witmense”? Vra maar net.

Pieter ·

Jansen se ras onderrok hang vêr uit maar weens sy kleur, wat nie wit is nie kan hy maar sê wat hy wil. Was nog altyd anti wit Afrikaner. Sy uitsprake en gedrag getuig daarvan. Moenie my verkeerd aanhaal nie asseblief. Ook die standaard antwoord van almal in die ANC. Nê Proffesor.

John ·

Miskien moet die UV-raad die rektor net op sabatsverlof geplaas word na al sy harde werk. Laat iemand net waarneem. Hy verdien dit om weer terug te kom en die kampus te bestuur wanneer alles gratis is en die swart studente altyd net hul sin kry en die antwoordstelle elke keer, en nie per abuis, net by hulle vraestelle gevoeg word…; die vrugbare gevolge van sy leierskap moet eenvoudig opgevolg word. Die Afrikaanse witmans, wat dan reeds uitgeboer sal wees van die kampus, sal in die Good African Nation’s News sy verdere geskrifte oor hul slegte eienskappe getrou nagaan, opswot en navolg… wanneer hulle opgehou lag het…

Waarheid ·

Wat die Hart van VOL is kom by daai mond UIT. Die lewe werk soos boemerang, siestog! So tragies. Moes lankal gegroet het…want een van diè wat verskuilde agenda het van begin af..Trek daai ketting vaarwel.

Kobus ·

Herman, ek kyk vanaand RR op Kyknet. Weet jy ons is al so gebreinspoel dat ons soek vir elke dingetjie wat na ras lyk. Wat ek in my raskop sien en wat nou al so gekweek is, (voorheen sou ek dit nooit een raakgesien het nie) is dat met die onderhoud, daar by die lang tafel, sit Freek by die kop van die tafel, twee wittes sit links van hom en een swarte aan die anderkant van die tafel. Toe kry ek trane in my oë oor wat in my kop geplaas is/aangaan, en ek dink aan Lesufie en dit wat hy met daai kleuterskool probeer aanvang het, hoe hy dit verdraai het.

Ons koppe raas in die land en dit is nie ons eie skuld nie, en weet jy wat, ek mag nie die waarheid sê nie, of ek word gesensureer en as rassis uitgekryt. Maar jy as rubriekskrywer mag dit sê en dan is dit reg dat dit geplaas word.

Is dit nie maar apartheid aan die tafel nie???

Sputnik ·

In die dae toe dié einste man nog by UNISA was, parkeer ‘n wit, wel-opgevoede, hooggeëerde, Afrikaanssprekende medeprofessor een Vrydagmiddag laat, teen die tyd dat daar reeds baaaaie parkeerplek beskikbaar is en die kans dat iemand gaan terugkeer baie klein is, op Jansen se parkeerplek. Toe hy ‘n rukkie later terugkeer, het Jansen hom vasparkeer. Toe hy uiteindelik uitvind wie hom vasparkeer het, het Jansen sy bes gedoen om hom soos ‘n rot te laat voel en absoluut moedswillig sy tyd geneem om sy motor te skuif. Nee wat, vir kleinlike meerderwaardigheid (wat eintlik voortspruit uit minderwaardigheid) het ek nie tyd nie. Kry jou ry, Jansen!

Jan ·

Daar is waar he’d in wat Jan sen so. Lees garag saam uit die by bel en bI’d, maar verte lekker raises grape om die vir saam vriend. Afrikaans er man’s moet leer om ander mense as gekyk es te ag. Afrikaans is nie meer belang Rik as ander grouper ins in SA nie.

Helene ·

Het hy n wit vrou, so gehoor as dit so is het hy vergeet dat sy wit is, of hy het afgegee, as jul weet wat ek bedoel.

John ·

Moet ons nog die’ berig lees? Die kundige is reeds weg van die UV.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.