Nuuskommentaar: Nuwe denke oor SA se pad vorentoe

Pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

Met ’n nuwe veldtog om pres. Jacob Zuma as groot Christen voor te stel, wat deur God self uitverkies is om die land te lei, bou die afwagting op dat naas aartsbiskop Thabo Makgoba ook ander konvensionele kerke standpunt oor die groot anti-Zuma-veldtog inneem. Intussen nooi die UDM naas politieke partye en ander organisasies ook kerke na ’n nasionale konvensie om koppe oor die land se toekoms bymekaar te sit.

Hou maar die UDM-leier, Bantu Holomisa, se oproep dop vir ’n nasionale konvensie om ’n nuwe toekoms vir die land uit te pluis.

Die klein generaaltjie het reeds tydens die onlangse opposisiesaamtrek by die Uniegebou hierna verwys, maar toe was die konteks heelwat anders – hy het gesê die hou van optogte sonder dat verandering intree kan nie onbepaald voortduur nie. Die nasionale konvensie kon toe vertolk word as ’n soeke na ander maniere om druk op Zuma en sy kornuite uit te oefen om te verdamp.

Nou blyk dit dat Holomisa eerder iets soos ’n nuwe Kodesa in gedagte het, maar dat meer omvattend as politieke en grondwetlike aspekte na oplossings vir die land se toekoms gekyk moet word. Die uitnodiging is aan politieke partye, kerke en ander organisasies gerig.

Dat Holomisa met die gedagte vorendag kom, is interessant, veral in die lig daarvan dat sy party die inisiatief na die konstitusionele hof gelei het om ’n geheime stemming in die komende mosie van wantroue in Zuma in te stel. Die aanduidings is dat die konstitusionele hof die saak baie deeglik gaan bepeins, wat die kanse verhoog dat die UDM en ondersteunende partye ’n gunstige uitspraak gaan kry. Heel waarskynlik gaan die konstitusionele hof met ’n grootliks logiese improvisasie en heelwat “grondwetskrywende” elemente na vore kom, soos al dikwels in die verlede gebeur het.

Die groeiende moontlikheid van ’n geheime stemming sal Zuma in sweet laat uitbars, want selfs die geringste buitekans dat die mosie kan slaag stel die ANC bloot aan ’n groot risiko.

Tog kyk die UDM by die kwessie verby en voorsien ’n nasionale konvensie. Met die soort uitnodigings wat gerig word lyk dit of daar nie ’n ideologiese “keuring” gaan plaasvind wat die beraad kan laat ontspoor nie, soos met die ingeplofte Kliptown-beraad gebeur het.

Die UDM het ook heelwat skadebeheer om toe te pas in die opposisiekring waarin hy beweeg, nadat dié party onlangs in die afwesigheid van Holomisa ten gunste van die EFF se grondgrypmosie in die parlement gestem het.

Die interessante aspek is dat dr. Nkosazana Dlamini-Zuma ’n sentrale figuur in die Kliptown-beraad was, en talle wit Suid-Afrikaners destyds soos vreemdelinge in hul eie land laat voel het toe sy dr. Pieter Mulder onder meer oor minderheidsregte die kop gewas het.

Nou, ná ’n twyfelagtige termyn by die Afrika-Unie is Dlamini-Zuma terug en word sy baie duidelik deur die Zuma-kamp as opvolger vir haar gewese man vir die presidentskap gesalf.

Van Dlamini-Zuma is meer verwag as om bloot ’n naprater van Jacob Zuma te wees. Haar geskiedenis dui daarop dat sy ’n leier in eie reg behoort te wees, maar veral in die jongste verlede klink dit of sy bloot ’n Zuma-lofpryser is. Terselfdertyd is sy met BBP-beskerming beloon op die vlak wat vir presidente en oud-presidente gereserveer is. Sy is glo gedreig, en die beskerming is daarby aangepas, en boonop was sy die uitvoerende hoof van die kommissie van die Afrika-Unie. So word haar statuur gebou om wat dit betref, te kan meeding met adjunk-president Cyril Ramaphosa.

Dit beteken nie dat Dlamini-Zuma meer tot haar eie reg sal kom as Jacob Zuma eers die politieke terrein verlaat het nie. Dlamini-Zuma het egter op die oog af baie van haar oemf as jong aktivis van die ANC in die buiteland, waar sy Jacob aanvanklik oorskadu het, verloor. Sy vertoon eerder as ’n risiko as ’n oplossing om Zuma op te volg. En die laaste ding wat Suid-Afrika nou nodig het, is ’n president wat bloot Jacob Zuma se marionet is.

Om oplossings vir die land te vind moet dus omvattend na die Zuma-strategie gekyk word. Dit behels beslis veel meer as om byna aand vir aand op TV te verskyn waar probeer word om hom presidensieel te laat voorkom.

Selfs nadat die omstrede Britse beeldpoetsagentskap, Bell Pottinger, bande met die Guptas en op die oog af dus met Zuma verbreek het, is dit duidelik dat daar nog ’n soort “strategiese span” bedrywig is wat Zuma adviseer oor hoe om die hoë golwe te ry. Een strategie wat nou duidelik ontvou, en volgens alle aanduidings deur die intelligensiedienste bestuur word, is om Zuma nie net as groot Christen voor te hou nie, maar om homself te laat verklaar dat hy deur God uitverkies is om die land te lei (en dus onaantasbaar is).

Zuma en sy kornuite maak nou van elke geleentheid gebruik om die optogte en ander aksies om van Zuma ontslae te raak, as teen God se wil te beskryf. Slegs mense wat die Bybel half lees kan hiervoor val.

In sy eie dampkring kom hy grootliks hiermee weg, terwyl aartsbiskop Makgoba van die Anglikaanse Kerk hard en duidelik die teenoorgestelde boodskap verkondig.

Soos ook blyk uit Netwerk 24-koerante se hoofartikel vandag bou die afwagting as’t ware op vir die meer konvensionele kerke om standpunt oor die veldtog teen Zuma (wat as ’n veldtog teen erge onregte aangebied word) te begin inneem.

Een ding wat egter soos ’n paal bo water staan … wat ook al gaan gebeur moet vinnig gebeur. Dit help min om die UDM-geïnisieerde konvensie so deeglik te reël dat dit ná Desember plaasvind wanneer Zuma in elk geval, volgens huidige aanduidings, as ANC-president aftree. Terselfdertyd moet die konvensie ook so geplaas wees dat dit reeds vroeë spitwerk aan protokolle kan doen vir opposisiesamewerking met die oog op 2019 se algemene verkiesing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

m ·

Dis maklik om te se Zuma moet waai maar wie kom dan in sy plek. Hierdie land het nou leierskap dringend nodig wat almal se belange op die hart dra en nie net sekere groepe nie.

Ramkat ·

Hierdie poging van die intelligensie dienste om Zumoron as n groot Christen voor te hou kom seer sekerlik neer op die oortreding van die Derde en dan ook die Tweede Gebod van die Tien Gebooie soos dit opgeteken staan in Exodus 20.

Zuma n Christen!!!!!!! ·

Zuma n Christen!!!!!!!! Ag asb!!!!!! N Christen het lief,pleeg nie moord nie,steel nie,het nie haatspraak nie,verkrag nie,is nie opstokers nie,brand nie af nie,is nie jaloers op kleiner partye nie, onderdruk nie die tale nie, en en en so kan ons aangaan. En as hy waai as president,die ANC is nig steeds aan bewind,hopelik nie meer vir lank nie. Bid dat God hierdie orobleem sommer gou uit die weg sal ruim. Sterkte

Nic ·

Watse tipe invloed kan ñ Anglikaanse Aartsbiskop nog hê in Suid Afrikaanse politiek in 2017?

Mosterdsaad ·

Ek oordeel nie maar daar is duidelik sekere dinge wat GOD verafsku…Galasiers 5 :19-21. Nou hoe regverdig mr Z hom met dit.

Ds Wollie Grobler ·

Al wat ek kan se mense is, viva le Zuma, the one and only leader of South Africa

Neelsie ·

Hierdie is genoeg om van naar te raak. Ek bedoel, ek het letterlik terwyl ek die berig lees n klein bietjie opgegooi in my mond, en toe moes ek dit weer sluk want ek is by die werk.

lettie ·

God laat nie met Hom spot nie – jy kan nie adverteer jy is n man van God maar jou dade weerspreek jou nie.
Hy is geen voorbeeld vir die jeug of die land nie. Wetteloosheid en morele verval is aan die orde van die dag.

Johann ·

Bedriër en manifestasie van boosheid self. Vals Profeet en huigelaar…Jacob Zuma!

Blits ·

Nee hel, nou het ek alles gehoor, hy, die sot deur Yahweh uit verkies? hy maak n bespotting van Yahweh, Hakodesh, en Yeshua se liefde, barmhartigheid en Hulle genade, en van wanne af speel die kerk so n massive rol in politiek, hoe kan n kerk iemand wat die pad so mis is maak asof die knaap n Christen is? hulle beledig ons geloof en ik, Zuma het self hom al vergelyk met Yeshua, Zuma iz alles behalwe n Christen, Zuma lieg, bedrieg, steel, verkrag, moor en saai onmin en twis, Nee lyk my daar is wragies nie pille vir domheid nie en geen meds vir idioot wees nie en dit sluit almal in wat nou so mooi praat van ZUMZUMDOM

Anoniem ·

Zuma, dit lyk my voel jy nog steeds onveilig ten spyte van die volgende kaarte wat jy speel: rassisme, herverdeling van grond, white monopoly capital… nou wil jy die Here ook by jou bose planne insleep??

Pasop, die Here laat nie met hom spot nie! Hy kan jou maklik in jou spore stuit. Jy besef dit dalk nie, maar jy sal nog voor die Almagtige moet staan op die oordeelsdag.

Cornelius Robbertze ·

Ek die Bybel gelees, hy se jy moet gaan woestyn toe.

Afrikaanse Knaap ·

Did ANC gaan nog in Zuma se leeftyd so noemenswaardig wees soos die NP.

Koos1 ·

Zuma met 4 vroue en ‘n spul skelmpies en hy noem homself ‘n christen? Lui, jy mag nie egbreuk nie, dalk ‘n klokkie ook?
My God laat nie so met Hom spot nie!
Zuma het gevra ons moet vir die land en sy leiers bid, nou ja ons sal, in ons huise en kerke en tot selfs in Bloemfontein op die 22ste April 2017, MAAR hy moet baie bekommerd wees oor die resultate van al hierdie gebede. Dit sal seer sekerlik nie vir hom werk nie, maar God laat Sy eie planne in werking kom.

Blits ·

Die 4 wat ons van weet, met sy anne het hy seke gaan stort en met die 4 vergeet om te gaan stort, Die vent (zuma) het geen einde nie

pieter ·

die woord se in die laaste dae sal die duiwel hom voorhou as die engel van die lig. en die afval sal in die kerk begin.

Oupa ·

Meen Zuma dat hy aangestel is in terme van Deut. 32 vers 21? Sy stelling maak dán sin!

marlene ·

en nie so lank terug nie, het hy Christenskap beskuldig vir alles wat verkeerd in die land aangaan, en ook gespot dat God nie nou sy seuntjie kan stuur om die land te red nie, en dat kerke hulle nie met politiek moet meng nie, die man is regtig die slang, en die kerke wat hulle ophou met hom, moet ook mooi dink

John ·

‘n Kodesa, die UDM en kerke en antie-Zuma vir moontlike goeie uitkomste… die’ potpourri van menings en moeilikheid oor die ‘skatte’ van Afrika in wit mense se hande… hoeveel onderhandelings nog… Moet ons nie vir De Klerk &Kie weer bykry om kleur en geur aan die chaotiese brousel te gee nie. Ja, wat van afvaardigings uit Engeland, die EU, die AU, die VN, die IMF, BRICKS, Navo, die Pentagon, al persagentskappe, IS en die SABC… almal wat glo hulle kan SA en die wereld se probleme in ‘n japtrap oplos.

Anel ·

Hulle maak n bespotting van my geloof in ons lewende Koning Jesus. As daar enige toepassing van die Woord as gelowige leier was dan was die mooi land en al sy mense verseker nie waar ons onsself bevind nie. Dit is n bespotting!

dit is n bespotting van my geloof in die Lewende Koning Jesus ·

Dit is n Bespotting!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.