Nuuskommentaar: Parleboendoe van die Piesangrepubliek in aksie en keiser Nero Zuma giggel

President Jacob Zuma aan die lag tydens 'n vorige geleentheid in die Nasionale VErgadering. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

President Jacob Zuma aan die lag tydens ‘n vorige geleentheid in die Nasionale Vergadering. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Welkom in die Piesangrepubliek van Zuma-Afrika, waar die parleboendoe net die regte uithangplek is as ’n mens vir ontspanning vir ’n lekker bakleiery lus het. Die vertoning sluit ander topvermaak in, soos die hoofnar wat lag wanneer sake werklik kritiek lyk.

Skande! Skande! Skande! Wie nog nie geweet het hoekom Suid-Afrika as gebrekkige demokrasie geklassifiseer word en boonop op die indeks agteruit boer nie, kon dit gisteraand op TV met die amptelike opening van die parleboendoe vir 2017 volg. Dis nou “wonderlike” Grondwet ten spyt.

Grondwet? Watter Grondwet? Elke tweede “spreker” het hom in sy “spreekbeurt” op die een of ander bepaling van die Grondwet beroep, soms nogal akkuraat en nie om dowe neute nie, maar oor die algemeen ’n misbruik om die “waardige” praathuis in chaos te dompel.

Vuiste het geklap, en beledigings is uitgegil. ’n Vroue-ANC-lid in ’n groen rok het ’n rukkie die hoofrol gesteel toe sy luidrugtig “rassisme!”, “rassisme!” gegil het en onder andere die DA-leier, Mmusi Maimane, by die naam genoem het.

Nog voor die staatsrede kon begin, het byna al die opposisielede uitgeloop, of is deur die withemde (wat glo kort voor die verrigtinge onwettig deur lede van die SAPD versterk is) uitgegooi. Hierdie lede sou, volgens die EFF, oor “biologiese wapens” beskik om lede van die EFF mee in te spuit. Uiteindelik het die vuiste geklap, en veral ’n vrouelid van die withemde het vanaf ’n veilige afstand hou op hou ingekry.

Gekruide taal is ook mildelik ingespan. En toe daar uiteindelik rustigheid kom en Zuma sy “staatsrede” kon lewer, het die president die status van ’n Piesangrepubliek nog lustig ingevryf deur te lag. Nie net soos gebruiklik op die mees onvanpaste oomblik ge-hê-hê nie, maar gelag.

Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, dui die gebeure nie op die polsslag van ’n demokrasie nie, maar dié van ’n hibriede regime. Die fokus van politiek het na ’n magsterrein verskuif waar demokratiese en nie-verantwoordbare rolspelers en prosesse met mekaar vermeng. “Die intensifisering van sekuriteitsmaatreëls in aanloop tot die lewering van die staatsrede en die onverantwoordbaarheid van die president bewys ook die agteruitgang van die demokrasie tot hierdie hibriede staat.”

Soos verwag kon word, het Zuma weer die rassekaart hard gespeel, en weer die woorde “white supremacy” opgedis. Daar is talle definisies vir wat die term beteken, maar almal kom daarop neer dat om iemand so te noem, op haatspraak neerkom. Een van die definisies lui: “a person who believes that the white race is inherently superior to other races and that white people should have control over people of other races.” Dit word sonder uitsondering in ’n misdadige konteks gebruik, soos die voorbeeld vir gebruik wat ook hierdie bron aangee: “White supremacists were convicted of hate crimes.”

Dit is tyd dat Zuma hieroor behoorlik aangetree word. Al voer hy aan dat hy nie geweet het nie, is dit kwalik ’n troos, want die studentedames wat hulle aanvanklik aan “black facing” skuldig gemaak het, het ook nie geweet van die historiese sensitiwiteit daaroor nie, maar is tog erg verguis.

Die inhoud van die staatsrede, ofte wel ANC-verkiesingstoespraak, is vooraf deur ontleders stuk-stuk tot die letter voorspel. Dit was ’n peperduur uithanggeleentheid om niks nuuts te bring nie, en het boonop in ’n yslike skande vir die land ontaard.

Hoe groot is die ironie nie. ’n Dekade gelede het Malema (en Vavi) tydens ’n staatsgeleentheid wat deur die ANC gekaap is, in Botshabelo verklaar dat hy bereid is om vir Zuma te sterf.

Nie lank daarna nie, het Zuma in Malema se tuisdorp die jong heethoof tot kroonprins gesalf. Toe Malema net voor hy gisteraand uitgegooi is, gesê het hulle kan hom maar doodmaak, dis in die haak, het hy allermins bedoel dat hy sy lewe vir Zuma gaan aflê.

Hopelik was sy bekpraatjies buite ná hy en sy party uitgegooi is, net so hol as toe hy gedreig het om sy party “ondergronds” te neem.

Gisteraand se gebeure was lag-lag sekerlik een van die grootste laagtepunte van die land se parlementêre geskiedenis. Trouens, die land kon ’n voorsmakie kry van ’n eenparty-“demokrasie” ná omtrent net die ANC in die vergadersaal oorgebly het.

En nou gaan minstens die DA die kwessie hof toe sleep. Op die een of ander manier moet daar ’n vorm van orde kom. Maar die ANC kan ook ’n sinvolle bydrae lewer deur Nero Zuma (Zero) die trekpas te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

jorie ·

SONA: Shame Of the Nation…
Ek is partykeer so bang ek loop ‘n marsmannetjie raak. Dan sê hy vir my “take my to your leader”. Oe die verleentheid! Ek sal dit nie kan hanteer nie.

susan@ ·

As ek ñ sê gehad het in die gebeure sou ek die lot gym toe stuur met boks handskoene en gesê het……d…..mekaar nou goed vir eens en altyd. Sluit die parlement tot bevoegdheid weer die land kan regeer!! ?

AL ·

Die hofnar moet sy goed vat en loop. Nou blameer hy die top 4 banke vir die ekonomie! Hy is net n kwaadstoker wat die land miljarde rande kos. Hy is net soos Hlaudi Mtsoemang – hulle kry dut eenvoudig nie in hul kop dat hul nie meer welkom is nie.

Gerhard ·

Dit is mos die Russiese sirkus wat na Suid Afrika kom? Wel hulle gaan sukkel om kers vas te hou by ons eie sirkus wat gisteraand hier in die parlement was.

Fritz ·

Volgende jaar moet dit op Comedy Central uitgesaai word as op n nuuskanaal. Die ANC en Zuma kan nie eers die parlement in toom hou nie maar hulle wil ons land regeer. Niemand het respek vir hulle nie. En steeds glo hulle volgers al die lee beloftes wat hy elke jaar maak. n Geval van “the blind leading the blind”. Die land se regering is n absolute grap met hoofnar Zuma.

Johann ·

Jy bedoel Boswell en Welke se naam het skierlik verander na Zumwell met Haasdas se nuuskas, ook maar goed oom Paul was nie daar nie hy sou ten minste hulle taal verstaan

Ronel ·

Jy kan nie Haasdas so beledig deur Zoempie se naam saam hom in een sin te gebruik nie asb. Haasdas het meer breinselle as Zzzzzz hiehiehie

Johann ·

Hoe klink Zumwell met Rabbit Tie, net toe hy hom uit die hoed ruk

Uvonka ·

Shames of our Lives!!!!! Wat ‘n skande, ek sak my kop in skaamte!

Klaasfakie ·

Ek stem saam met jou Uvonka. Shames of our lifes. Hulle is rugraatlose leiers.

mike ·

Jorie baie goed gestel!! My mond kon nie groter oopgehang het oor die “disgrace” wat hom afgespeel het nie. Die ergste van alles is dat die “slimmes” wat in die parlement agtergebly het en – luidkeels geskree het om hulle tekort aan integriteit en waardigheid en selfrespek te adverteer – gedink het dit is goed en reg.

AL ·

Die agtergeblewenes in die Parlement het hul ware kleure gewys, hoe onopgevoed en onprofessioneel hul eintlik is. Die DA en Agang het met waardigheid opgetree toe hul die parlement verlaat.
Ek stem, Comedy Central moet ons n re- run gee!

kerneels ·

Ek en my vrou het met popcorn en coke die verrigtinge vanaf 5-uur dopgehou totdat die nar om 8-uur begin giggel het, toe skakel ons oor na die Kardasians. Ek moet sê, beter realiteits televisie kon mens nie kry nie!!

Gatvol ·

Die grootste sirkus in SA, die ANC met die hoofnar in aksie, Jacob! Hierdie is nou definitief ‘n bewys van die spreekwoord – “In die land van die blindes, is die eenoog koning”!

Hendrik 2 ·

zuma is die voorloper van rasisme en korrupsie. hoe meer hy daaroor praat hoe minder respek kry hy. dit wil sê as daar non enige respek is. hy is die oorsaak van al die gemors maar hy sit daar soos n neut vas. ek hoop ek is verkeerd. ek dink vir elke dag wat hy daar sit is n dag nader aan burgeroorlog. vandag is die land kwater as gister.

Surita ·

Ek is jammer maar hierdie regering is n skande vir SA. Die hoofnar is die grootste rassis en haak altyd vas by “white superemacy”. Die hoofnar besef nie hy praat van respek , maar respek word verdien en hy verdien geen respek nie. Hy is n disgrace vir die land en hoe gouer hy bedank hoe gouer kan obs land probeer om te herstel van hierdie sirkus

Ramkat ·

Hy kan nie eers n “booze up” organiseer in n drank keller nie, maar hy.wil die land regeer.
Weet hy ooit wat dit beteken

Arie ·

Ek mors nie my tyd om na gemors te lyk nie, laer kan ons land seker nie daal nie of altans so hoop ek

Sandra ·

“Hulle noem dit Hulle Huis”! Stuur die video vir Funniest Home Videos!! of Kwela dan wen hulle n Karavaan en gaan hou dalk vir ewig vakansie.. Wat n skande!!!

LOSKOP ·

Zuma het niks nuuts te se gehad behalwe om rassisme aan te blaas met sy staats toespraak.
Die ekonomie sal nie onder die A N C se bestuur groei nie daar is te veel staat en semi staats departemente wat elke jaar met miljoene rand (van belasting betalers se geld ) gehelp moet word om nie oor die afgrond te stort nie. Die gebeure gisteraand het weereens bewys dat van die parlementslede geen integriteit en self respek het nie en ZUMA met sy gelag is die groot sondaar

Plaatsie ·

Die.vrou met die.groep rok aan behoort ge-identifiseer en geteiken te word om self van rassisme aangekla te word

Haar optrede was vir.my die epitoom van ondemokratiese optrede

Louis ·

Elke keer wat hy verwys na white supremacy verwys en die herverdeling van grond en die onteinning van grond in blanke hande wonder ek maar net wat van die rainbow nasie geword. Ek as blanke word deur hierdie regering gesien as ‘n vyand omdat ek wit is en hard werk vir my voort betsaan. Hierdie ou speel die raskaart en die waarheid is soos die spreekwoord se ” MOET NIEIEMAND ‘N VIS GEE NIE MAAR LEER HOM EERDER HOE OM ‘N VIS TE VANG EN HY SAL JOU NIE WEER VRA VIR ‘N VIS NIE” Maar die ANC wil Graag he dat die armes uit hulle hand moet eet sodat hulle verseker is van hulle stemme.

Kosie ·

Louis, Afrikanerselfbeskikking is die enigste oplossing om aan hierdie ongenaakbare ANC-rassisme te ontkom.

Theresa ·

Sy verspotte pogings om stotterend die sogenaamde supremacy plat/dood te slaan, werk net tussen dié wat dit aanhang en glo dit kan ooit gebeur. supremacy het nie juis met ‘n kleur te doen nie – dis soos klas, jy KAN dit nie koop nie. Jy het dit, of jy het dit nie.
Hy, om maar een te noem, sal dit nooit, nooit hê nie. Hy het ‘n gulde geleentheid om grasie en kennis aan die dag te lê toe hy ‘n Staatspresident geword het. En het jammerlik geflop.

Justice ·

Ek verneem dat dit toe nie inspuitings was wat die wit hemde in hul sakke gehad het nie maar inderdaad klein blikkies Doom – Malema hulle se vrese was heel moontlik nie ongegrond nie.

Bill Freeman ·

Hierdie regering is maar net a skande. Daar is geen kennis van Ekonomie absoluut niks.
Hy lees net wat hom gegee is om te lees dit wys hoe dom die regerende party is.
Die skandelose terorisme aanvalle op ons boere en gemeenskap is op n punt waar ek dink dit is tyd om hiredie gemors tot einde te bring, As ons al die BTV in n trust inbetaal sal die “gravy ” trein heeltemaal van die spore af loop. Dit sal onmoontlik wees om elke oortreder vas te vat. Kom ons staan saam. Sonder geld sal hulle gou inmekaar sak. Nou is die tyd!!!!!

hannes marais ·

Ek het my gaaaate uit geniet gisteraand….die gees van verdeeldheid is gisteraand duidelik sigbaar in die parlement….hier kom nog groot dinge..dalk n burgeroorlog

willehond ·

Dankie zumpie! Ek het lanklaas so lekker gelag saam met n afkop hoender soos jy! jy het my dag gemaak!!!

humor ·

Aag mense, dinge is glad nie so erg nie. z le sit in sy egte leer rusbank wat uitgeskop is en giggel nog steeds oor gisteraand se prettigheid en f w dwaal kaalvoet in sy paleis rond salig onbewus van die gelewerde staatsrede.

M ·

Kan ons nie nou maar asb die rooi en wit gestreepte tent opslaan en álle parlementsittings eerder daar hou nie?

Henry ·

Totdat die spul met die rooi overalls uitgeboender is, het ek die sirkus dop gehou en terdeë geniet. Weet nie waarom mense so vreeslik ongelukkig is oor die vertoning nie. Hierdie manewales kan en sal mos nie op ons brood gesmeer kan word nie. My mense is nie deel of verantwoordelik vir die spul se trieks nie! Dit is die ANC, EFF en DA se probleem, asook diegene wat vir ons probeer vertel dat perdekuttels vye is.

Daardie patete wat as “joernaliste” en “politieke ontleders” daagliks vir ons vertel dat die regime eintlik ‘n baie oulike ou spulletjie is; dat ons eintlik regse rassiste is; dat Afriforum, Solidariteit ens regse rassiste is omdat hulle Afrikaner belange beskerm en bevorder; ens ens ens.

En nou kan die wêreld alhoe meer sien – eerstehands via tv – hoe die sirkus in hierdie droewe land van naderby lyk en wie die artieste en narre is.
Gratis advertensie!!!

:-)))

Celia ·

Dankie Herman- het nou lekker gelag! Goed vir die bloedruk.
Ja, Zuma se staatsgreep.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.