Nuuskommentaar: Trumpkaart en gesteelde spoorlyn

Argieffoto

Argieffoto

Hoewel die persentasie Amerikaners, wat meen die VSA is op die regte pad, konstant afgeneem het sedert pres. Donald Trump die bewind oorgeneem het, is hy wat dit betref, nog baie beter daaraan toe as waarmee oud pres. Barack Obama teen die einde van sy bewind mee tevrede moes wees. Maar het Suid-Afrika wat koers hou in die regte rigting betref, nie reeds so erg ontspoor dat dit ʼn baie dinamiese leier gaan verg om die land weer gerig te kry nie?

In die VSA was daar Watergate en daarna het dit mode geraak om “-gate” aan basies enige skandaal te koppel. Dit het ook na Suid-Afrika oorgewaai met “Sarafinagate”, “Nkandlagate”, “Nenegate”, “Sassagate” en vele ander. Die VSA word juis nou weer deur die sogenaamde “Russiagate” stormagtig rondgepluk.

Hoewel die drywers van Russiagate vir pres. Donald Trump as teiken in die oog het, is dit nog moeilik om te sien wie werklik die spit gaan afbyt. Die bekende kommentator, Patrick J. Buchanan, meen in ʼn meningstuk dit kan die linkses wees wat self in die proses ge-Haman (van Ester-faam) kan word.

Die Rasmussenpeiling meet gereeld wat genoem word, “Right direction, wrong track.” Dit kom maar net daarop neer dat gemeet word tot hoe ʼn mate Amerikaners glo die land is op die regte koers. Dit gewoonlik maar aan die lae kant.

Die uitslag van die presidentsverkiesing aan die einde van verlede jaar het die Amerikaners  se koppe ook nie gedraai om te glo die land is nou op koers nie. Dit het in die lae 30 persent bly boer. Maar na Trump se bewindsoorname het dit tot 47 % opgeskiet. Dit is in ʼn ander orde as die 20’s, waar die VSA die meeste van verlede jaar geboer het. Boonop was Amerikaners se tevredenheidsvlak met Trump in die eerste maand meer as 50%. (Ander faktore word dan gemeet).

Waarop Trump wel moet let, is dat die persentasie wat meen die VSA is op koers in die regte rigting, sedertdien konstant daal en nou reeds op 40 % staan. Hy het nog wel ʼn bietjie tyd om sy troefkaarte te speel voordat die vertrouensvlakke gaan terugsak na die vlakke waaraan Barack Obama gewoond moes raak, maar om so vroeg in die termyn reeds al die troewe te moet speel, is ook nie ʼn goeie ding nie.

Met die ontsporing van ʼn toeristetrein tussen Pretoria en Cullinan nadat sowat 200 meter spoorlyn die naweek voete gekry het (en nie die eerste keer nie), kon baie lesers in hul reaksie nie anders as om ook ironie daarin raak te sien nie.

ʼn Soort gelatenheid, dat die land nooit behoorlik op koers sal kom nie omdat iets, hetsy die misdaadvlakke, swak regering of korrupsie, wel sal sorg dat haas enigiets wat mooi op koers is, sal ontspoor. Na berig word brom lede van die Pan Afrikaanse Parlement (PAP) selfs om die vergaderplek uit Suid-Afrika te verskuif nadat na die lede hier die slagoffers van misdaad was.

Menseregtedag is gister in Suid-Afrika gevier, te midde van kundiges en politici wat eerder uitwys watter leemtes daar bestaan wat die stand van menseregte in die land in die wiele ry. Weereens is dit hoofsaaklik misdaad, swak regering en korrupsie. Trouens, die hele kwessie is oorheers deur premier Helen Zille se twiet, waarin sy dit durf waag het om te sê kolonialisme was nie net sleg nie. Dit het onder meer ʼn onafhanklike regbank opgelewer.

Zille het na berig word gesê sy kon nie sê wat sy gesê het nie, omdat sy wit is. Daarenteen het Zuma in sy menseregteboodskap (weer) oorboord gegaan met die hoeveelheid kere wat hy spesifiek na “swart” verwys het en in die proses sy ampseed weer lustig vir ʼn paar sesse gemoker het.

Dat Zuma die land van koers af regeer het, is ʼn gegewe. Die vraag is of sy opvolger in staat sal wees om die land weer op koers te kry. Daar is immers nie iewers ʼn herstelknoppie wat net gedruk kan word nie.

En nou is bitter baie dinge op die spel, soos onder meer rommelstatus. Wat dit betref, het Zuma ʼn baie slegte troefkaart gespeel toe hy self voorbrand begin maak het vir grondonteiening sonder vergoeding. Sedertdien kring dit uit en het nou ook na die sogenaamde “premierliga” versprei, met die premier van Noordwes wat vir ʼn referendum oor die saak gevra het.

Dit lyk al hoe meer asof die Amerikaanse “Right direction, wrong track”, hier moet lees: “Rigtingbeneweld en die spoor byster.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anton ·

…gee Trump net n kans om darem sy voete tevind…genade hy is nou maar kort president…en is Zille verkeerd…?

Johan ·

Anton ek stem 100% met jou saam. Daar is mense wat dink dat jy net ‘n knoppie druk en alles moet dan van verkeerd na reg verander. Ek wens daar is meer Politieke leiers wat soos Trump dink en doen. Reg is reg en verkeerd is verkeerd, en dehel met al hierdie kamikastige menseregte net om die Krimeneel te beskerm.

Swanna ·

Ek dink jou skating is absoluut te hoog vir SA. Ek skat hom so 3. Onthou hoe ver het hy op skool gevorder.

gatiep ·

Ek glo niks meer van die opnames wat so gedoen word nie. Hoe kan n mens?
Trump het baie ondersteuning, moenie te verseker van jou saak klink nie.en hy het die wiel aan die rol gesit en al raak hulle ook ontslae van hom, gaan dit die wiel ook nie weer stop nie.

PvZ ·

Self wonder ek wanneer dinge net sal beter raak. Na ek gister al die politieke leiers se praatjies geluister het, self die DA s’n, dan is ek oortuig dat geen leier, ‘n Suid-Afrika eenheid staat sal regruk nie. Die volgende het ek op Wikipedia gekry… Dit het gebeur in 1804, Haiti. “Squads of soldiers moved from house to house, torturing and killing entire families. Even whites who had been friendly and sympathetic to the black population”. Op 6 April wil die EFF plase begin vat. Nie net is dit ‘n bekende Afrikander dag nie, maar is dit ook die dag waar ‘n vliegtuig in Rwanda afgeskiet is. (6 April 1994). Dit is die dag waar Rwanda se “genocide” begin het. Hoekom ‘n Donderdag kies om plase te vat? Ons moet besef die trein is klaar ontspoor. Ons moet besef dat geen DA leier kan, al wil hy/sy, SA kan regruk nie.

tom ·

My vraag is bewys zille verkeerd waar kom die dokters tegn ingeneurs vandaan en as zuma siek word watter hospitaal toe gaan hy die goeie hospitaale wat daar gestig was deur kolonisme in die begin is deur die afrika kulteer af gebreuk dat ek nie eers my kat soon toe sal stuur

Johann Jordaan ·

Helen Zille is reg kyk hoe het ons land en ander Afrika lande agteruitgegaan na” koloniale” regerings onttrek het. Die probleem is as jy wit is moet jy stilbly en het vryheid van spraak verval. Die DA behoort by haar te staan in plaas van haar te wil kruisig en Malema en sy span moet liewer stilbly ( onthou dis beter om ‘n sot te wees en stil te bly as om jou mond oop te maak en dit te bevestig).

snoefie ·

het die ontsporing van lande soos SA, Zim en so meer nie te doen met die ouderdom van die mense wat dit lei nie?

Jordaan ·

Trump is ook al 70 jaar oud, net 4 jaar jonger as Zuma. Dink die kwaliteit van leierskap en die integriteit (waardes) het meer te doen met die sukses van ‘n leier as wat die ouderdom dit bepaal. (Oor Zim praat ek liewers niks!)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.