Tekenprent: Gerrie Nel vervolg ‘n Zuma

Duduzane Zuma, seun van pres. Jacob Zuma, blyk al weer in die sop te wees en dié keer het AfriForum se private vervolgingseenheid en sy hoof, adv. Gerrie Nel, hul visier op hom ingestel. Lees meer hier.

Sien alle vorige tekenprente.

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jip ·

AG niemand gaan suksesvol wees nie. Weer ‘n klomp geld gemors wat boere op plase kon help. Maar natuurlik is dit nie Afriforum se eerste prioriteit nie.

Zumie ·

Dit is belangrik om te wys dat dinge nie net gelos word nie-
met so ‘n defeatistiese houding moet mens maar liewers emigreer.
Die laatmaarle houding is ons grootste vyand…

Martin ·

Kom ek sê vir jou so Jip. As hier niks van kom nie, kan Afriforum maar van my lidmaatskap en my bydrae elke maand vergeet.

Ada ·

Moet tog asb nie sulke doemprofete wees nie. Gee asb eers kans. Moet nie op die kantlyn sit en alewig net klippe gooi nie !
Doen dan self iets vir ‘n slag en kla minder. Gebruik die kla-energie om iets positiefs te doen!..
Gee voer vir boere in die droogte.
Help met kos vir die boere in die droogte.
Help om water aan te ry vir die boere in die droogte.
Help die boere se kinders finansieel om te kan studeer.
Daar is so baie wat julle klapotte kan doen.

Jakoba ·

Ada stem 100% saam. Doen Afriforum niks kerm en kla hulle, doen Afriforum iets kerm en kla hulle. Almal ken die gesegde “Lee blikke maak die meeste geraas”.

Zumie ·

Ada, jy is enige tyd welkom in die loopgraaf langs my……

‘n Paar van die ander manne moet maar daar ver buite die kontakterrein gaan le onder ‘n boom en mekaar bang praat terwyl ons besig is.

Theresa ·

Dis uitstekend. Iewers moet iemand die baanbreker werk in hierdie land doen om geregtigheid terug te dwing. Afriforum sal nie die mense wat geld skenk, in die steek laat nie. Gee eerder mildelik vir ‘n plek soos hul, want werklik opreg omgee !!

Martin ·

Julle slimmetjies ek is self ‘n boer. Kyk ek na julle in die goeie tye. Help ek julle kinders om te studeer?

Daan ·

Martin. Verduidelik asb. Ek verstaan nie die Taal wat jy praat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.