Tekenprent: Radikale ekonomiese transformasie

Jerm gee sy interpretasie van hoe “radikale ekonomiese transformasie” tans in Suid-Afrika toegepas word.

Sien alle vorige tekenprente op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Danie ·

Nie heeltemal akkuraat nie. Dit is eintlik: Wat het jy? Gee dit alles, onderbroek ingesluit!!! Jy mag nie eers die blaar hou nie.

Johann ·

Dankie????????? Toe nou nie! Want hoe se jy dankie nadat jy iets GEVAT het…gesteel het..verwoes het in die proses!!!

al ·

En ons mede landgenote wie selfs finansieel beter daaraan toe is, is nie op die regering se agenda nie.

al ·

Ons word as wit monopolie kapitaal uitgeskel – maar as ‘wit monopolie kapitaal’ maatskappye hul bates neem om in ander lande te belê, skree die vakbonde bloumoord oor werkverliese.
Ons huidige regering dwaal regtig doelloos rond met buzzwords van RET.

Koos1 ·

Jip al. GM wat nou uit ons land onttrek is ‘n goeie voorbeeld van wat jy sê. Vir 80 jaar was hulle hier, maar gaan noe en die vakbonde sê hulle ruik ‘n rot en die Minister vra vra. Maar dis hulle eie kortsigtigheid wat gevolge het.
Die ANC moet vir Spur vra wat gebeur as jy dinge doen en sê wat nie deur gedink is nie!

Johann Marx ·

Dit bly verstommend hoe die ANC in net 20 jaar “White-monopoly Capital” gevat het en dit in “Black Monopoly Money” verander het. My bure het in 2000 alles verkoop en kon in AUS hervestig in ‘n baie na aan soortgelyke eiendom as die een wat hulle hier verkoop het. Nou, 17 jaar later…moet ek SEWE huise soos myne teen TOP pryse verkoop om EEN huis in AUS te kan bekostig!!

Michael ·

Ek stem saam met Danie die tekening is nie akkuraat dit beteken alles wat jy het moet oorhandig word.

Loeis ·

Bogenoemde het ook betrekking, Maroela Media. Dit lyk of Huffington Post nie van julle teenwoordigheid in die media hou nie:
“Futher afield, the conservative trade union Solidarity has also entered the battlefield of ideas (to paraphrase ANC policy) and established its own media empire, running an “independent” news website…” (dis nou julle).

Met net onder dit ‘n skakel wat lees “Fake news is easy to spot”
http://www.huffingtonpost.co.za/2017/01/24/donald-trump-praises -jacob-zuma-as-the-best-ever

Feite word nou al as “fake” afgemaak, en leuens as die waarheid.

al ·

Ek sien Kallie Kriel se artikel is geplaas op News 24 oor Projek Nehemia.
Daar is ñ swart opinieskrywer wie se artikels ek van hou omdat hy dit intelligent en konstruktief skryf – soos grondonteiening wat hy vandag aangespreek het.
HP nuus is seker jaloers omdat Maroela se leserskorps met die jare geweldig gegroei het.

Danie ·

Maroela Media is tans die grootste Afrikaanse nuus webwerf in Sui-Afrika en 9 grootste nuus webwerf in Suid-Afrika. Huffington Post het, as ek reg onthou uit vorige statistieke, afgeskuif in die lys. Hulle is nou 10. Seker ‘n bitter pil om te sluk. Hulle het met hulle uitsprake ook seker gemaak hulle word vierkantig onder fopnuus webwerwe geplaas.

Dit is volgens www[punt]sainternetmap[punt]co[punt]za.

Frans C ·

Ek is seker dat baie van diegene wat hier kommentaar lewer nog nie die moeite gedoen het op die vryheidsmanifes van die ANC te lees nie.Die manifes is taamlik duidelik Grond moet herverdeel word onder diegene wat dit bewerk.Die Staat moet die nodige ondersteuning verskaf dmv saad,implemente ens.

Almal sal die reg hê om grond te besit waar hul ookal kies.Die minerale rykdom,Banke en industrieë,sal volksbesit onder toesig van die staat word.

Jy kan nie mi generasies met dit ingedagte grootmaak nie en wanneer hul uiteindelik die beloofde land intrek, hindernisse soos die grondwet,privaatreg en- besit as struikkelblokke
in die pad plaas nie. Dit gaan eenvoudig nie by die massas op nie.

Dit wys weereens hoe swak die onderhandellaars was, hulle kon nie Mandela van geweld laat afsien nie en die ANC van sy vryheidsmanifes.Vandag pluk almal die gevolge van die lamsakkige onderhandellinge, want die sg wigte en teenwigte tree slegs in werking as jy sakke vol geld het,of dalk in die dampkring van die President beweeg.

Gewone burgers is oorgelewer aan die giere van geregsdienaars.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.