Onthaalplek beboet oor diskriminasie teen gays

Die Gelykheidshof het ʼn onthaalplek beboet en beveel om homoseksuele mense op sy perseel toe te laat, nadat ʼn lesbiese paartjie verbied is om hulle huweliksonthaal daar te hou.

Volgens die Universiteit van Pretoria se menseregtesentrum het die paartjie ʼn klag aanhangig gemaak nadat hulle verlede jaar verbied is om hul troue by die Sha-Mani onthaalplek in Alberton te hou. Die hof het Sha-Mani Dinsdag beveel om R20 000 te betaal aan OUT, ʼn nie-regeringsorganisasie wat gesondheidsdienste verskaf aan homoseksuele mense. Volgens Frans Viljoen, ʼn verteenwoordiger van die menseregtesentrum, het Francis en Liani Buitendag Sha-Mani vir die eerste keer in Maart verlede jaar besoek. Die paartjie is vroeër die jaar in die eg verbind. Viljoen sê die paartjie kon nie daarin slaag om ʼn datum te kry vir hul onthaal nie. Personeel by Sha-Mani het glo aan hul gesê dat daar nie ʼn datum beskikbaar is nie. “Hulle het die hulp van hul heteroseksuele vriende ingeroep, wat uitgevind het dat daar wel datums beskikbaar was.” Viljoen sê Sha-Mani het die paartjie van die geleentheid ontneem om ʼn onthaalplek van hul keuse te kies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.