Beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Johannesburgse metropolisie is gereed vir die skare wat Dinsdag by die ENB- en Orlando-stadion in Soweto verwag word.
Die twee afdelings het afsonderlik parades omstreeks 06:00 in die reën gehou. Teen 06:00 het roubeklaers reeds by albei stadions begin saamdrom. Sambrele sou aanvanklik nie in die stadion toegelaat word nie, maar weens die reën het owerhede besluit om die roubeklaers wel toe te laat om hul sambrele by hulle te hou.
“Die weer gaan beslis ʼn rol speel, maar ons verwag dat meer mense van 08:00 af gaan opdaag,” het ʼn metropolisiebeampte by die Orlando-stadion gesê.
Orlando-stadion is een van die plekke vir lede van die publiek om die roudiens vir oud-pres. Nelson Mandela by te woon wat amptelik by die ENB-stadion, suid van Johannesburg, gehou gaan word. Die gedenkdiens is geskeduleer om 11:00 te begin.
Intussen stroom roubeklaers ook na die ENB-stadion. Volgens ʼn SAPA-verslaggewer is die atmosfeer by die stadion feestelik.
Talle bekendes en staatshoofde het reeds aangedui dat hulle vandag se verrigtinge gaan bywoon. Maroela Media het vroeër berig Suid-Afrika moes Maandag inderhaas alles gereed kry vir die nagenoeg 100 wêreldleiers wat die herdenkingsdiens gaan bywoon. Lees meer hier.
Die Amerikaanse president Barack Obama en oud-pres. George Bush en hul vroue het Dinsdagoggend omstreeks 07:30 by Waterkloof-lugmagbasis geland ná ʼn 16 uur vlug van Washington. Obama gaan ʼn 20 minuut lange toespraak tydens die diens lewer. Die diens begin om 11:00 en sal na verwagting vier ure lank duur. Klik hier om die amptelike doodsberig en gedenkdiensprogram te sien.
Dis nogal “scary” Vandag gaan ‘n dag wees wat in die geskiedenis onthou gaan word. Die is groter as Dina se begrafnis in 1997.
Was daar al ooit soveel wêreld-leiers saam in SA vir ‘n begrafnis? Selfs in die hele Afrika???