Raaisel oor liggaam by gedenkteken

crime-scene-tape-320x191Die liggaam van ʼn 50-jarige man is Vrydag onder raaiselagtige omstandighede by die Fort Frederick-gedenkteken in Port Elizabeth in die Oos-Kaap gevind, berig The Herald.

Volgens die berig was daar ʼn kussing oor die slagoffer se kop vasgebind en was sy hande en voete vasgebind. Die slagoffer se identiteit is nie deur die polisie bekend gemaak nie aangesien al sy naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie. Die slagoffer is glo van Middelburg in die Oos-Kaap. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Bron: The Herald

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.