10 studente vas ná geweld by Rhodes-Universiteit

Betogings by Rhodes-Universiteit (28 September 2016) Foto: Skermskoot uit Oppidan Press-video

Betogings by Rhodes-Universiteit (28 September 2016) Foto: Skermskoot uit Oppidan Press-video

Minstens 10 studente is Woensdag by Rhodes-Universiteit in Grahamstad in hegtenis geneem ná ʼn betoging oor studentegeld tot chaos en gewelddadige optrede gelei het.

Video’s op Oppidan Press se Twitter-blad wys hoe studente deur polisiebeamptes gesleep en daar op hulle geskiet word (video’s volg onderaan die berig).

Leila Kidson, aanlynredakteur van Oppidan Press, het aan African News Agency (ANA) gesê sy het gesien hoe die polisie “gewelddadig” teen betogende studente optree.

“Die universiteit is al verlede week gesluit. Gesprekke tussen die bestuur en studente het tot Dinsdag goed gevorder tot hulle bloot alle eise geweier het,” het sy gesê.

Volgens Kidson sal lesings na verwagting volgende week Woensdag hervat, maar sommige studente het klasse in die regsfakulteit ontwrig. Sy het gesê studente het ʼn kruising versper en chaos het uitgebreek toe een van die betogers ʼn polisievoertuig met ʼn klip bestook het.

“Die polisie het begin skiet en die studente het na die kampus teruggehardloop, maar selfs nadat die studente weggehardloop het, het die polisie oor die heining bly skiet,” het sy beweer. “Een van die studente het probeer om oor ʼn muur te spring, maar die polisie het hom teruggetrek en gesleep. Ek het gesien hoe studente in die kop en arm skiet. Hulle het gebloei.”

Lt. Luvuyo Mjekula, woordvoerder van die polisie, het gesê 10 studente is in hegtenis geneem. “Vyf van die studente is in hegtenis geneem op aanklag dat hulle ʼn hofinterdik verontagsaam het, die ander vyf studente staan tereg op aanklag van opsetlike saakbeskadiging.”

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

William ·

Ag shame. Nou is die polisie weer verkeerd. Betogers is mos altyd reg

popeye ·

Ek wil net weet van die ANC wat die siening huldig van ” The Majority Shall Rule” hierdie terroriste is in die minderheid….so wat nou, ek is regtig deurmekaar! Of dom!

Lance ·

Hehe hulle is reeds vrygelaat …wat n joke is die reg in die land nie !

RK ·

Dis sleg dat kinders toegelaat word om die wêreld te ontwrig. Dit wys net wat weet hulle….. nie veel nie. Alles is vir hulle ‘n reg….. Patetiese opvoeding deur hulle ouers!

Theresa ·

Lyk my die presidentslaggie rol ook oor die studentlippe wat so gesleep word. Als is mos maar ‘n grap. Nomade kan nadat ‘n landsdeel vernietig is, aanbeweeg na volgende teiken wat tot niks gemaak moet word.

Jan ·

Na aanleiding van die video wil ek ne se dat ek reuse respek het vir hierdie polisielede. Dit kan nie maklik wees om koelkop en kalm te bly in so situasie nie en tog het hulle die ding baie professioneel hanteer. Hulle het heel netjies bloot die klipgooiery stop gesit en die arrestasies gedoen sonder om onnodig (rubber) te skie t of hardhandig te wees.

Anoniem ·

Stem 200% saam met jou, Jan. Verstommend hoe kalm en professioneel die polisie bly, ten spyte van die uittarting. Ek voel sommer hoe my bloeddruk styg terwyl ek die video kyk – ek sou dit nie so goed kon hanteer soos hulle nie. Trots op hierdie SAPD lede!

Pik ·

Ek dink n sambok sal die ding doen om hulle ore oop te kry, waar is die “weermag” te sien in al die gemors hulle le rond in kamp en kry elke maand geld vir wat? Laat hulle bietjie weer onluste beheer doen en polisie meer kyk na ons wat heeldag besteel word

humor ·

Lekker man. Dis al taal wat hul verstaan. Waars die oudae toe daar nog respek vir die polisie was en daar gesag discipline en orde was.

john samuel ·

AL wat ons tog net nodig het is n studente-Marikana…
#Problem – Solved.

Sarie ·

Onthou nog hoe Lukas Mogape die skoliere in sy land met sambokke terug in die klas geslaan het. As hul wil brand, afbreek en intimideer is hulle kriminele en dan moet daar teen hulle opgetree word soos kriminele. Genoeg is genoeg.

Anoniem ·

Geen simpatie…As jy kan uitdeel…moet jy kan vat ook…..

Rudi ·

n Mens kan duidelik sien wie kry nie meer n behoorlike pakslae nie…

C ·

Ek het geen simpatie met hierdie studente nie. Die polisie moet die rook uit hul skiet. Hoekom moet hulle, wat almal intemideer, afbrand en verniel beskerm word? Almal moet nou maar net staan en hierdie hele gemors aanskou en trots voel op ons toekomstige leiers. Hierdie hele ding is een groot grap waaroor die hele wereld lag want ons regering kan nie eens ‘n handjie vol studente wat nie wil studeer beheer nie.

Theresa ·

Sarie, jy is in die kol. DIt sal soos ‘n bom werk, want niemand is lus vir ‘n lekker pakslae met ‘n sambok nie. DIt maak nie dood nie, maar voed beslis op.
Die foto laat my dink aan die speletjie “hamer spyker” !!!
Dat polisie hul moet besig hou met hierdie skepsels met swak karakters en niks tussen die ore nie, is gek. Destydse Mangope voorbeeld is pragtig en dan kan die polisie voortgaan met al die moord- en verkragtingsake wat daagliks plaasvind.

Kim ·

Soek vir die Polisie, kry wat hulle toekom. Raai wat dan is die polisie geweldadige. Liewe aarde!!! as sy so aan my gestap het, het ek vir haar geklap Google sal haar nie ees kry mie. My kinders wat klein is, het meer maniere as die klomp studente en die anc saam.

Mieliepit ·

Wonderlike ou dae toe ons ook so die sakke mielies gesleep het . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.