12 leerders geskors oor bakleiery by skool

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, by die Norkem Park High School in Kempton Park. Foto: ANA

Altesaam 12 leerders van die Norkem Park High School in Kempton Park is geskors nadat video’s aan die lig gekom het van ʼn gewelddadige bakleiery by die skool.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het die skool Vrydag besoek nadat die provinsiale departement van onderwys van die video’s bewus geword het. Verskeie video’s van die voorval is wyd op sosiale media versprei.

Op een van die video’s kan gesien word hoe ʼn groep leerders mekaar gryp en rondstamp, terwyl ander leerders in die agtergrond skree. In ʼn stadium word ʼn meisie grond toe gestamp en dit lyk asof haar kop oënskynlik die grond tref. Op ʼn ander video kan een van die leerders met ʼn vuurwapen gesien word.

‘n Skermskoot uit die video.

Lesufi het Vrydag die leerders en onderwysers by die skool toegespreek en gesê tien meisies en twee seuns is geskors. “Enige leerder wat swak gedissiplineerd is binne of buite die skool, moet geskors word. Die skoolbeheerliggaam moet ʼn verhoor hou en daardie leerders sal die eksamens misloop en die skooljaar moet herhaal.”

Volgens Lesufi is die situasie by die skool “buite beheer”. Hy het reeds die SAPD versoek om na willekeur soektogte by die skool uit te voer.

“Ek het die polisie gevra om betrokke te raak. Net vanoggend het twee leerders twee onderwysers aangerand,” het Lesufi gesê. Een van die onderwysers is aangerand terwyl die LUR in ʼn vergadering met die skoolhoof was. In nog ʼn voorval het ʼn lid van die beheerliggaam alkohol in ʼn leerder se besit gevind.

Lesufi het gesê hy voel teleurgesteld oor hierdie voorvalle. Hy het bygevoeg minstens 18 leerders by die skool word met kriminele bendes verbind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Louis ·

Dit is hoekom GOEIE onderwysers die beroep verlaat. Jy as onderwyser is van alle kante onder druk

WV ·

Dis wat mens kry as daar nie meer pakslae uitgedeel kan word nie. Gaan hulle ooit leer?

Ronel ·

Respek is besig om uit te sterf (vir mekaar, jouself en ouer mense…)

Michele ·

Lesufi is die LUR vir onderwys van Gauteng.

Dit sal Tate Makgoe wees wat daar moet optree (die LUR vir onderwys in Vrystaat)

Michele ·

Die gedrag waaraan kinders blootgestel word in skole deur ander leerders is weersinswekkend >.<

snoefie ·

verseker omdat hy lur vir onderwys in Gauteng is en Parys n dorp in die Vrystaat is.

Liza101 ·

Ek is so dankbaar my kind is nou in matriek en ons tel die dae af! Alles gaan oor aansien en wie beter as die volgende een is, en nie net in terme van geld nie, deesdae gaan dit oor wie slaap by wie en wie drink of rook wat! My kind word bestempel as ‘n “party-pooper” maar ek verkies dit so! Sterkte aan die onderwysers!

1+1 ·

Ek dink aan die skoolhoof was nog hierdie spanning ook moet verwerk. Hoe oud die hoof is weet ek nie. As dit so aangaan is dit nog net een wat uit die onderwys gaan padgee. Praat maar met onderwysers in skole vandag. Dis nie meer die moederberoep waarvan daar altyd gepraat is nie. Hoe op aarde gaan jy mense met integriteit kry wat onder hierdie omstandighede skool te hou. Geen roeping meer nie! Sterkte !!

Eish ·

Blyk genadiglik nie n rassevoorval te wees nie. Skool se nuusbrief van 2016 sê daar is 1638 leerders en dat die skool uit sy nate bars. Dit seker n nagmerrie om so n klomp in bedwang te hou met al die vryhede wat ons grondwet bied.

wesley ·

Wees bly vir daai Grondwet en die vryhede wat dit bied, dit is daar om ons almal te beskerm, want mense as n geheel kan nie self die regte en eerlike besluit maak of reageer teenoor kinders of hul medemens nie.

andrea van vuren ·

Hul kry voorbeeld van die (gewese) adjunkminister van onderwys!

alida ·

Wat verwag julle ? Die minister raak dan handgemeen teenoor ‘n vrou !!!!!!!!!!!!!!!!!!

Willemspl ·

Skorsing los nie die probleem op nie dit skuif net die probleem.daai kinders gaan nou geen opvoeding of onerig kry niecso volgende stap hulle gaan deel word van die kriminele wereld strike vir werk ens. BRING LYFSTRAF TERUG

Robert Naude ·

As die “nuwe” groot mense is soos wat hulle is, geen respek vir mede landsburgers of hul eiendom , reels en regulasies optogte, betogings, hoe verwag jy moet die kinders wees. Kyk maar hoeveel kinders vandag is deel van al die onluste en betogings. Drie geslagte van nou af kan dit miskien beter gaan, die wat dit sal oorleef…..

Katherine ·

The deputy minister of higher education has set the example!!!!

Johann Marx ·

Clemondt, die een met die vuurwapen dra dit vir selfverdediging…..Hoekom moet hy of sy gearresteer word?

Johan ·

Daar was nou omtrent twee weke terug n 17 jarige gearresteer wat n onderwyser aangerand het by dieselfde skool. Aanrandings vind gereeld plaas by daardie skool.

Alida ·

Wynand was daar vuurwapens en messe betrokke in jou tyd? NEE. Dink voor jy n eier le.

Retha Basson ·

Hierdie leerlinge sien hoe mede burgers plunder en chaos saai. Een of twee word tussen duisende gearresteer net om weer vrygelaat te word. Geen dissipline of respek word toegepas. Die regering het duidelik geen beheer oor sy mense.

marous ·

Kan nie begryp hoe die man ander voorvalle van haar style met ‘n ysterhand kan hanteer nie , maar nou moet die polisie ingryp. Welke ras is die agressors mnr Lesufi?

DEON ·

As jy ‘n onderwyser by so skool is weet jy presies hoe dit gaan. Wildheid is ‘n algemene verskynsel. Onderwysers kan nie inmeng in so ‘n bakleiery nie want hulle word ook aangeval. Dis gevaarlik.

Johan ·

Ek ken daardie skool. Daar is gereeld aanrandings. Omtrent twee weke terug het n leerling daar n onderwyser aangerand.

karen ·

Kom nou Afriforum hier is sowaar nog n saak vir julle – Kry net genoeg kameras bymekaar en siedaar ! Verdedig die persoon – kind neem ek aan se saak tot op die laaste !Ek het tot onlangs nog aan die 3 veelbesproke organisasies behoort en lidmaatskap betaal maar dit is makliker wees om pofadder te soen as om by te dra aan dai persoon se salaris.

Henk Venter ·

Hoekom verbaas dit ons? Ons leef in `n land waar die afwesigheid van dissipline as normaal aanvaar word en die voorbeeld van swak dissipline word juis deur die ANC regering gestel. Lesufi…wat julle saai sal julle maai. Onder Lesufi se “watch” [om sy eie term te gebruik] loop dinge in die skole al hoe slegter want 90 persent van die tyd teiken hy Afrikaanse skole in plaas daarvan om aandag te gee aan die skrikwekkende probleme in ander skole.

M smit ·

Ek hoop dat ons hom mag aanhaal in ons volgende aansoek vir ‘n skorsing van ‘n leerling betrokke by geweld.. “Enige leerder wat swak gedissiplineerd is binne of buite die skool, moet geskors word. Die skoolbeheerliggaam moet ʼn verhoor hou en daardie leerders sal die eksamens misloop en die skooljaar moet herhaal.”.. Dit is geweldig moeilik om ‘n leerder te skors na ENIGE voorval. Dit sluit dwelms, dobbel, geweld en alle ander dinge in. Hoop Dept help nou skole wat geteister word deur kinders. Baie skole het kameras wat voorvalle opneem, dit BL hou ‘n verhoor en die Dept keur dat die skorsing af. Ons hande is afgekap en honderde jong onderwysers verlaat die beroep omdat hulle nie die situasie in die klasse kan hanteer nie.. By gesê, jong onderwysers wat kwalifiseer deur afstand onderrig het geen idee oor hoe om dissipline toe te pas nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.