15 vas ná skole brand

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die polisie het 15 verdagtes in hegtenis geneem ná die week lange protesoptogte in die Vhembe-distrik in Limpopo waartydens 23 skole en ander openbare geboue afgebrand is.

Lt.kol. Malesela Ledwaba, woordvoerder van die polisie, het gesê 12 verdagtes is Donderdag reeds in hegtenis geneem. “Deur die loop van die nag is nog drie verdagtes in hegtenis geneem. Hulle is in hegtenis geneem in verband met openbare geweld en ons verwag nog inhegtenisnemings.”

Volgens Ledwaba is ʼn kantoorgebou, ʼn poskantoor en verskeie motors ook tydens die protesoptogte beskadig. Daar was die afgelope paar dae ook geen openbare vervoerdienste weens die protesoptogte nie.

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Pres. Jacob Zuma het verskeie ministers en adjunkministers Donderdag na die gebied gestuur om ʼn skadeberekening te doen en stabiliteit te probeer bewerkstellig. Zuma het die geweld veroordeel tydens sy begrotingsrede in die parlement.

David Mahlobo, minister van staatsveiligheid, het na afloop van die besoek gesê dat veiligheid in die gebied opgeskerp sal word. ʼn Provinsiale taakspan is ook op die been gebring om die krisis te hanteer.

Die protesgangers het paaie afgesper, verbygaande motors met klippe bestook en slaags geraak met die onlustepolisie nadat hul hofaansoek om hul gebied uit te sluit van die nuwe munisipaliteit onsuksesvol was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann Marx ·

Ek vra vir my werksmag “Who are you going to vote for this time?” nadat hulle gekla het oor GEEN dienslewering by hulle blyplekke nie. “We are going to vote for the ANC!!” “And if they don’t give you any of whatever they promised?” “WE’LL BURN THEM!!” Dis hoe Afrika werk. Verander nie jou keuse van politieke party nie…..laat hom net verstaan dat as hy nie presteer nie, word hy gebrand!!

Heinrich ·

Ja No Zero, jou ANC het hulle mooi geleer en nou kom jy agter daar is nie ‘n ‘Undo’ knoppie nie! Stem eerder vir die cANCer en brand alles af as wat jy vir ‘n ander party stem wat jou probleme op ‘n beskaafde manier kan aanspreek; demokrasie is ook maar een van daardie moeilike westerse begrippe!

hans ·

Verstaan nie hoe net 15 mense arresteer is nie. Daagliks word daar soveel tv-beelde gewys van mense wat skade aanrig,hoekom word die materiaal nie gebruik om meer mense te arresteer nie

Piet Pompies ·

Die brand stigters het niks met enige van die skole te doen, dit gaan oor gemeenskap lede wat nie tevrede is met die nuwe indeeling. Om hulle teenstand aan te dui word die skole aan die brand gesteek, die skool kinders is die wat nou benadeel word.
Die probleem is dat die polisie reaktief optree en eers iets doen as die skade alreeds gedoen is, die polisie moet inligting versamel uit die gemeenskap en dit dan gebruik om voorkomend op te tree.

Irene ·

15 vas vir skole misdaad more word hul weer gelos as minderjarig hulle moe nou sommer al daardie gemors skoon maak

MM ·

En wat gaan met hulle gebeur…………… net mooi niks nie. Jy hoor hulle verskyn in die hof en dis hof kry borg en jy hoor nooit weer wat verderwat met hulle gebeur nie, want hulle word nie verder vervolg nie.

Pierre Celliers ·

…..en die miljoene Rande se skade, hoe word dit verhaal??? Gee jou twee raaie!

Dries ·

Waarom so bekommerd wees oor die skade, ons belasting betalers gaan mos alles weer reg maak.

Johann ·

Ons mis alles. Sien; die FENOMINALE 15 is díe wat Doktersgrade in Klipgooi en Brandstigting via die ANC se Previously Disadvantaged Currently Taking Advantage Universiteit verkry het. Top presteerders om wanneer en as hulle “gevang ” word, spesialis akteurs in die howe word….en die ander hordes neigend onbeskaafdes wat help breek en brand het, sal waarskeinlik buite die hof ammok maak. Sekerdat as video materiaal van tydens die brand en breek vergelyk word met die buite die hof: kan jy glo, selfdes? Geen selfrespek= Geen Respek vir iets of iemamd anders. ANC sukses resep.

Johann ·

Dink ek nou hardop: in ag genome dat daar gekontroleerde bewys van belasting aftrekkings is van die van ons wat bevoorreg genoeg is om vir “the people” te betaal…wat van dit: as wk en jy en julle KLAAR bygedra het tot die skole en infrastruktuur; dan mag ek en jy en julle mos weier om WEER te betaal? Nog beter: laat die wetters wat brand en breek as straf die herstelwerk doen…WERK!

marianne ·

Shame arme 15! Gaan die Regeering vir hulle die geld gee om self al die skole te herbou??? Dan brand 25 dit dalk volgende jaar WEER af.
Ek is dalk verkeerd maar as dit my besluit was sou ek nie die skole herbou het nie!
What’s the use anyway????
Daar is nie werk nie
Oooh nou is daar BOU werk. Self geskep!
Nee wat dis mos Nationaallik om te plunder – te brand – te breek – te Moor …. S.A is ‘n lekker land.
Lekker diep in die afgrond in as dinge so aan gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.