Volgens polisiewoordvoerder, kapt. Gerda Swart, is die verdagtes in hegtenis geneem op aanklagte van onder meer poging tot moord, roof, aanranding met die doel om ernstig te beseer, diefstal en die besit van gesteelde goedere.
ʼn Totaal van 33 verkeersboetes, ter waarde van meer as R16 500, is uitgereik. “Veertien verdagtes is vir bestuur onder die invloed van alkohol in hegtenis geneem en 46 boetes is uitgereik vir ander alkoholverwante-oortredings.”
Swart het bygevoeg die polisie in Uitenhage sal voortgaan om misdaad in dié gebied effektief te bekamp. “Die SAPD doen ʼn beroep op die gemeenskap om saam met ons te werk om misdaad te verminder, deur waardevolle inligting te verskaf wat sal lei tot die inhegtenisneming van verdagtes, die opsporing van onwettige vuurwapens en die terugvind van gesteelde eiendom.”
Hoop dit sal so voortgaan na die verkiesing…
Klink na ‘n rowwe joint daai.