18 dood, nege beseer in gru-ongeluk

Argieffoto

Soveel as 18 mense is dood en nege beseer toe ʼn minibustaxi Sondagoggend net buite Pietermaritzburg teen ʼn brugversperring gebots en teen ʼn wal afgerol het.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die minibus het op sy dak tot stilstand gekom aan die onderkant van die wal.

Meiring sê die liggame van 15 persone het buite die taxi gelê. Hulle het reeds aan veelvuldige beserings beswyk.

Hy sê omstanders en inwoners van die Mzunduzi Valley-area het 12 van die beseerdes na ʼn nabygeleë kliniek geneem voordat die nooddienste op die toneel aangekom het.

Drie van dié beseerdes is later in die kliniek dood.

Nege ander pasiënte is na hospitale in die omgewing vervoer. Hul beserings wissel tussen matig tot kritiek.

Meiring sê die polisie was op die toneel om die oorsaak van die ongeluk vas te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ettienne ·

Dit gaan my verstand te bowe dat die polisie nog die oorsaak van enige taxi ongeluk wil ondersoek!!!

blommi ·

minibus taxi!!!!! 18 dood + 9 beseer = 27 hoeveel kon taxi dan vervoer??????

Wonder net ·

18 dood en 9 beseer…. So wil jy vir my sê daar was 27 mense in een taxi???

Sarie ·

Dis niks nuuts nie…. Ek was 18jr gelede in ñ botsing met ñ minibus-taxi betrokke & daar was 26 passasiers in die taxi.

Danie Koch ·

Met die vorige sneeu in Loodsbergpas was daar n ongeluk met 4 x taxis en 2 karre. Dit was die gewone 16 seater Toyota minibusse. Daar was 90 beseerdes na die hospitaal vervoer en nog verskeie ander wat op die toneel v vervoer gewag het. Oordeel maar self

Charmaine ·

My motor was nou die dag nie lekker agv die enjin,en ek was verplig on van publieke vervoer gebruik he maak.Die taxi het reeds sy kwota gehad,en nog meer mense was opgetel.Wat ek ondervind is dat die persone wat in die vol taxi klim net so aandadig is aan moord soos die bestuurder en die guard. Wel ek’t liewers duurder betaal vir die bus,maar n taxi now gou weer nie…

Vetsak ·

Netso! (My kommentaar wat dieselfde as joune was, is verwyder….)

Johan Meintjies ·

Kyk dit uit n ander oogpunt. Die taxis ry net soos hulle wil en dan word daar hoofnuus van die ongeluk gemaak. Is dit nie hoogtyd om dieselfde te doen tov sinnelose plaasmoorde wat nie daarvoor gaan soek het nie maar onskuldig op hulle weerlooste tyd om die lewe gebring word? As daar weer wet en orde is sal baie van hierdie nuttelose gebeure soos mis voor die son verdwyn.

Tiger ·

Geen of myle te min wets toepassing moet die skuld kry.Elke keer as ons erens heen ry SIEN ons hoe taxis die pad wette en pad reels gruwelik oortree.Dis omdat hulle selde indien ooit gevang word en dan is daar ‘n omkopery.

Philip Koen ·

Werklik verblydende nuus, daar is mos juis drie mense in plaasaanvalle vermoor die afgelope paar dae. Jammer dit was so ‘n ou klein taxitjie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.