2 vroue vermoor ná mans hul as Pta-polisiemanne voordoen

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

Die Oos-Kaapse polisie het Woensdagaand die “sinnelose” moord van twee bejaarde vroue van Tsomo in dié provinsie veroordeel.

Die vroue, vermoedelik 65 en 67 jaar oud, is deur twee mans genader wat hulle as polisiebeamptes van Pretoria voorgedoen het. Die “beamptes” het die vroue glo gevra om hulle na ʼn onbekende plek, vermoedelik ʼn plaashuis, te vergesel, waarna hulle albei doodgeskiet is.

Kapt. Namhla Mdleleni, woordvoerder van die polisie, sê die moord het glo Maandagaand plaasgevind.

“Ons is geskok en kwaad oor die sinnelose moord op dié twee bejaarde vroue. Dit is inderdaad hartseer dat die SAPD steeds uitgeroep word na misdaadtonele waar bejaardes, vroue en kinders om geen rede doodgemaak is nie, ondanks talle bewusmakingsveldtogte en wisselwerking met gemeenskappe rakende die veiligheid van vroue en kinders,” sê hy.

Mdleleni sê die polisie is raadop met die wreedaardige moorde wat keer op keer sonder enige rede op weerlose mense uitgevoer word.

“Ons veroordeel die moorde ten sterkste. Daarom doen ons ʼn beroep op ons landelike gemeenskappe om saam te werk met plaaslike stasiebevelhebbers en gemeenskapspolisieforums ten einde maniere te bespreek om mekaar te help om ons bejaarde vroue beter te beskerm.”

Mense met meer inligting word aangemoedig om die polisie op die misdaadnoodlyn by 086 001 0111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Shame ·

Aag asb! Asof hul omgee. Hoeveel aandag word daar aan plaas moorde gegee? Kry jul dubbele standaarde eers in orde en begin hand bysit rakende die plaas moorde. Shame

Afrikaanse Knaap ·

Dis lagwekkend dat hierdie dade die SAPD steeds skok. Is daar enige sin aan die 60 moorde wat daagliks plaasvind? Dit verbaas my glad nie dat ingehandigde wapens en polisie drag gebruik word in misdaad nie.

Riaan ·

So bly jy noem dit! Die polisie kan nie werk sonder inligting en leidrade nie – die gemeenskap se hulp is noodsaaklik. Ek vermoed ook dat daar heelwat goeie polisiewerk gedoen word want die aanhouselle is vol. Dis gewoonlik tydens die res van die regsproses waar die slegte mense weer op straat vrygelaat word.

Swart Piet ·

Ja en dan se ou Fikile dat die SAPD eerbaar is, na my menig is hulle ook maar net n klomp skurke wat deur die wet beskerm word.

Doen ·

Gee aandag aan die plaasmoorde en die sinloose moorde sal stop soos hulle se oog vir oog tand vir tand tong in die kies

peet ·

Word wakker fekile en nou word moorde veroordeel maar die plaasboere word gemartel en vermoor en niks word gese nie siestog jou arme weerlose mislukking

E.K. ·

Die polisie is RADELOOS? Hoe moet ONS voel? As wetstoepassing gebeur sal die goed nie gebeur nie! Skokkend!

Henda ·

Ek wil nie iemand sleg sê of moeilkheid maak niMaar hoe moet ons samewerking gee as skelms hul voordoen orals en aldag as polisie of enige geregsdienaar Ek sal ni stop nie Ek sal reguit polisie kantoor toe ry en hopenlik word ek daar beskerm

Deon ·

Wetstoepassing, 5e wereld se land, 5e wereld se anargie, 5e wereld se watse beveiliging…… useless, useless en nog meer useless… gn te lekker in die land, geen verantwoording vir somigges….

Skrif lankal aan die muur…., hkm word die weermag nie ontplooi vir beveiligings en bestrydings doeleindes teen misdaadvoorkoming, terugstuur van all onwettige immigrante na hul eie lande. Die regering useless, en kyk net toe……. werk, wie wil werk….net pay kry.

Die regering weet baie goed waar die probleem le, daar word egter boggerol daaromtrent gedoen nie, wat net n indikasie is dit gaan in die land soos wat hulle wil he dit moet gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.