20 kinders deur bye aangeval

Argieffoto (Foto: PollyDot, Pixabay)

Altesaam 20 kinders, tussen twee en ses jaar oud, is Maandagmiddag behandel nadat ʼn swerm bye op hulle toegesak het.

“Die voorval het by ʼn skool in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, plaasgevind,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Paramedici het omstreeks 15:10 by die toneel opgedaag waar hulle na die skoolsaal geneem is waar die kinders gehou is.”

Die kinders het bysteke opgedoen. “Paramedici het hulle bygestaan en die angels verwyder. Dit was gelukkig nie vir enige kind nodig om hospitaalbehandeling te ontvang nie.”

Die kinders is in die sorg van die onderwysers gelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Boet Fasie ·

Hoop nie die bye is van kant gemaak nie, hier word alles dood gemaak wat jy pla

SARIE VAN HEERDEN ·

Ja siestog, WEER voorheen benadeeldetjies wat seker die bye gepla het vir gratis heuning.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.