23 vas na betoging oor water

Argieffoto (Foto: dechatorn, Pixabay)

Argieffoto (Foto: dechatorn, Pixabay)

Geweld oor watertekorte het Dinsdag in die KwaZulu-Natalse dorp, Jozini, uitgebreek.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê inwoners van die Machibini-gemeenskap het tydens ʼn betoging oor water gewelddadig geraak en 23 mense is in hegtenis geneem. Hulle sal Donderdag in die hof verskyn op ʼn aanklag van openbare geweld.

Volgens Zwane het die onrus dwarsdeur die nag tot Woensdagoggend gewoed. Plaaslike polisiebeamptes, asook lede van die polisie se eenheid vir openbare orde, moes na die gebied ontplooi word om die situasie in bedwang te bring.

Die Zululand Observer berig die inwoners eis dat water na die gebied aangelê word en dat geen watermeters aangebring word nie. Die inwoners eis ook glo om by die plaaslike winkelsentrum in diens geneem te word en beweer die sentrum wil nie mense uit die gemeenskap indiensneem nie.

Thembeni Madlopha-Mthethwa, ʼn lid van die Inkatha Vryheidsparty (IVP) in die provinsiale wetgewer, het die provinsie se LUR van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Nomusa Dube-Ncube, aangemoedig om met die inwoners te vergader om hul ontevredenheid te hanteer. “Dit is skokkend dat die LUR eers volgende Dinsdag met die inwoners wil vergader, terwyl Jozini besig is om te brand,” het Madlopha-Mthethwa gesê.

“Hoeveel skade moet nog aangerig word van nou af tot volgende week? As die LUR bevoeg is om haar pligte uit te voer en omgee oor mense se klagtes, moet sy haar skedule verander en die behoeftes van die mense eerste stel.”

Cogta kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Noordelike KwaZulu-Natal is een van die gebiede wat erg onder die droogte gebuk gegaan het en talle riviere, boorgate en damme in die provinsie het opgedroog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

snoefie ·

lopende water jou lekka ding. ongelukkig ook baie duur. so hulle wil lopende water he sonder meters wat net weer wys hulle soek lopende water daarvoor die wit dorpenaars moet betaal. viva vir demokrasie.

Joann ·

Snaaks dat mense wat niks beter gewoond is nie altyd so optree.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.