Aankondiging volg glo binnekort oor misdaadintelligensie-hoof

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het gesê ʼn aankondiging sal binnekort gemaak word oor die waarnemende hoof van misdaadintelligensie, genl.maj. Pat Mokushane.

Eyewitness News het vroeër berig die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Lesetja Mothiba, het Mokushane afgedank.

Genl.maj. Sally de Beer het egter in gesê ʼn aankondiging is nog nie gedoen nie.

Mokushane gaan gebuk onder omstredenheid, insluitend bewerings dat hy geld van misdaadintelligensie misbruik het en dat hy sy eie ondernemings uit sy polisiekantoor bedryf het.

Mothiba het verlede week aan LP’s gesê die bewerings word ondersoek en ʼn verslag sal na verwagting hierdie week vrygestel word.

Die feit dat Mokushane nog nie topsekuriteitsklaring het nie, is ook ʼn kwessie. Dit het tydens ʼn parlementêre vergadering aan die lig gekom dat sy klaringsertifikaat sonder al die nodige prosesse gedruk is, insluitend die evaluering van sy aansoek wat nie nagegaan is nie. Die dokument is later teruggetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Veritas ·

Hoekom die taalvaders besluit het om ‘inligting’ met ‘intelligensie’ te vervang, sal net hulle weet. As jy die hele spul se verstande sou oorplant in ‘n vlieg, sou dit sweerlik agteruit gevlieg het.

Johanna Botha ·

Misdaad is totaal buite beheer in SA met 50 moorde n dag !

Alida ·

Sy aanstelling moes in die 1ste plek nooit eers oorweeg gewees het nie. Nou weer miljoene om van hom ontslae te raak.

C10 ·

Eintlik is die regte benaming ‘uiters geheime sekerheidsklaring’, Maroela se direkte vertaling van ‘top secret’ is nie korrek nie.

Basjan ·

Moet daardie sekerheidsklaring nie gekry word VOOR die aanstelling nie? Nee, in SA werk dit andersom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.