Aansoek teen Transnet ingedien

Brian Molefe

AfriSake sal ’n aansoek kragtens die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA, wetno. 2 van 2000) teen Transnet indien oor die nuwe veelvoudigeproduk-pyplyn (NMPP) se voltooiing en inwerkingstelling.

“Brian Molefe, Eskom se uitvoerende hoof, is ter sprake in verskeie projekte en kontrakte wat aansienlik meer gekos het as waarvoor begroot is, wat strek van sy dae as uitvoerende hoof van Transnet tot sy amp as uitvoerende hoof van Eskom,” sê Armand Greyling, regs- en beleidsontleder by AfriSake.

Volgens Greyling sal die PAIA-aansoek meer lig op die feit werp dat Molefe nie geag of geprys kan word as vlytig of verantwoordelik nie, ná nuus dat Molefe ’n prestasiebonus toegeken is by Eskom vir sy aandeel in die maatskappy se omset.

Volgens interne bronne by Transnet moes die NMPP niks meer as R11 miljard gekos het nie, maar die algehele rekening is tans meer as R29 miljard. Die projek sluit die bou van ’n pyplyn in vir die vervoer van verskeie brandstowwe van Durban in KwaZulu-Natal na Heidelberg in Gauteng. In Desember 2007 het Transnet ’n lisensie van die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) ontvang om met die projek te begin.

“Verskeie stoortenks in Durban en Heidelberg moes opgegradeer of gebou word om die brandstof te berg asook aan streng gehaltebeheermaatreëls en -standaarde soos deur die Amerikaanse Petroleumbedryf (API 650) uiteengesit, voldoen. Tot op hede is geen sodanige tenks opgegradeer of gebou volgens hierdie standaarde nie. Derhalwe is geen brandstof ooit by wyse van hierdie pyplyn afgelewer nie,” het Greyling laat hoor.

Greyling meen dat Eskom se raad ook Molefe se rol in Eskom se agteruitgang sterk moet oorweeg, eerder as om aan hom ’n prestasiebonus toe te ken of hom weer aan te stel as uitvoerende hoof.

Die elektrisiteitsreus het nog ’n hou gekry vanjaar toe graderingsagentskappe dit afgegradeer het, wat aandui dat die maatskappy verdere beperkings sal ly namate hul likiditeit onder druk kom.

Die jongste berigte meld nou dat Molefe nooit bedank het as Eskom se uitvoerende hoof nie en bloot met onbetaalde verlof was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Basjan ·

Dakar is geen einde aan die klomp se “vindingreikheid” nie.

Eish ·

Née, want n mens is presies dit wat in jou gedagtes aangaan, dit waarvan jy gedurig dink, dit bepaal jou hele lewe.

JK ·

Dit is as gevolg van sy skelm streke by Transnet dat die pensionarisse van Trasnet vandag nog kripeer van elende sonder geld maandeliks. Dit was hy wat die pensioen geld uitgeput het

Ek glo ook ·

Ek glo ook dat hy nie by Eskom bedank het want hy moes nog skade daar aanrig.

Johann ·

Nog n openbaring, verslag, tra la la….nie juis nuus nie. Dis deesdae standaard. Probleem is: daar kom eenvoudig NIKS van nie. Molefe is as een van Zume se Hoof Handpoppe en spesiale.sandput maaikie onaantasbaar!

mielie ·

As hy nie bedank het nie moet hy sy onwettige salaris wat hy as parlementslid ontvang het terug betaal….dis diefstal en meineed want hy het ‘n eed afgele!!!

Johann Marx ·

Hoe lank gaan dit Suid Afrika se belastingbetalers vat om te kom by “verhoed” in plaas van agterna “ondersoek terwyl die beskuldigde met volle salaris by die huis sit en niks doen”? Moet daar nie maatreëls in plek wees om te VERHOED dat belastinggeld so vermors word nie? Op die oomblik steel al wat ‘n minister en misister is sy of haar sakke VOL….en weet hulle gaan wegkom daarmee!!

marous ·

Wat help dit daar word spoke gejaag? Hulle pop net by ander plekke uit sonder dat daar enige gevolge is. Die enigste manier om hierdie dinge te beveg is om landwyd belasting betaling te staak . Breek die land en kry klaar.

Lee ·

GENUGTIG – die sage hou wraggies NET nie op nie !!
Elke dag iets nuuts en vervolg op mekaar.
Ons gaan nog eendag dink ons sit – en dan sit ons NIE MEER NIE
Dié skelmgeid en skelmstreke maak met net SIEK tot in my SIEL in !!

Carel ·

Dit is die eerste keer dat ek iemand in trane sien omdat hy op onbetaalde verlof gaan
Dit is n sirkus

JCS ·

As hy op onbetaalde verlof was, dan het die Parlement meineed gepleeg toe hulle hom ingesweer het as MP!

cor ·

Jo maar die regering van die dag se kader wielle begin nou vinnig afval elke dag ‘n nuwe blik met wurms inplaas van bully beef en sardientjies. Waar het ou trane shebeen nog nie aangejaag nie. Hoe meer ‘n kader aanjaag hoe groter is sy bonus en ‘n nuwe posissie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.