Absa-klante kan nou banksake op Twitter doen

Absa ChatBanking

Absa ChatBanking

Absa het Donderdag ʼn nuwe sosialemedia-app, ChatBanking, op Twitter vrygestel.

Klante kan, deur middel van ChatBanking, banksake doen op Twitter. Volgens Absa is dit “die eerste diens in Afrika waar jy jou dag-tot-dag-banksake deur jou Twitter-rekening kan doen”.

Volgens die bank is die diens gerieflik, veilig en privaat.

“ChatBanking op Twitter wys ons toewyding om ons klante tevrede te stel en vir hulle ʼn moeitevrye bankervaring te bied – van die begin tot die einde – en nou is dit boonop ook op hul gunsteling- sosialemediaplatform,” het Ashley Veasey, groep- hoof inligtingsbeampte en hoof digitale beampte by Barclays Africa, gesê. “Soos tegnologie vooruitgang maak en meer klante aanlyn is, is dit vir ons belangrik dat ons die bankdienste beskikbaar maak waar hulle is.”

Volgens hom sal die diens uiteindelik ook op ander sosialemediaplatforms beskikbaar gemaak word.

Veasey het gesê ʼn onlangse Nielsen-opname het bevind Twitter is ʼn “daaglikse aktiwiteit” vir “meeste Suid-Afrikaners” en tot 61% van gebruikers besoek Twitter tot vyf keer per dag.

Hy het bevestig gebruikers se persoonlike inligting en rekeningnommer word beskerm en nie in die openbaar bekend gemaak nie. “Selfs al word jou selfoon gesteel of iemand kry toegang tot jou Twitter-rekening, sal hulle nie die inligting kan gebruik nie – net soos enigiemand wat jou ou kitsbankstrokie optel en nie enige inligting daarop kan gebruik nie.”

Teken in met jou gewone besonderhede by absa.co.za
Klik op “Settings” in die Express-oortjie
Klik op “Manage ChatBanking”
Klik op “Add Profile”

Sodra jou profiel deur Express op Absa se aanlynwebwerf bygewerk is, kan jy @AbsaChatBanking op Twitter volg en dan ʼn privaat boodskap “hi” stuur, om te begin.

Volgens die Twitter-profiel kan jy jou saldo kry en data en lugtyd aankoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pedant ·

‘n Bank het kliënte, nie klante nie. Die OK Bazaars het klante, nie kliënte nie. Mensig.

nig ·

Vertrou nie sulke goed nie. Dis een ding om oor die internet banksake te doen maar hoe meer mens die tipe media gebruik hoe groter kans vir skelmstreke glo ek

Alta ·

11 Maande se gesloer met Absa om fondse oor te plaas na Prokureur. Pateties…. en om 35 minute aan te hou voordat iemand eendag antwoord is ook pateties.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.