AfriForum onttrek uit Tuks-taalbeleidswerkgroepe

Die Skip (Universiteit van Pretoria) Foto: AfriForum Jeug

Die Skip (Universiteit van Pretoria) Foto: AfriForum Jeug

As Tuks-studente, personeel en alumni nie nou opstaan nie, is Afrikaans se dae op Tukkies getel.

Só sê AfriForum Tuks nadat die organisasie onttrek het van UP se taalbeleidwerksgroepe. Volgens Henrico Barnard, woordvoerder van AfriForum Tuks, het die organisasie geen ander keuse gehad as om hul te distansieer van “onderduimse bedrywighede” van hierdie werksgroepe nie. Dit volg nadat ʼn voorlopige voorstel deur die taalbeleidswerksgroep gesirkuleer is wat ʼn slegs Engels taalbeleid voorstaan.

Nadat die EFF en DA reeds van die taalbeleidwerksgroepe onttrek het, het AfriForum Tuks sonder sukses gepoog om die proses positief te beïnvloed. “Ons lewer insette om ʼn oplossing te vind sodat alle studente geakkommodeer word, maar ons regte en behoeftes word glad nie in ag geneem nie. Geen geregistreerde studente organisasie is nou meer betrokke by hierdie taalbeleidwerksgroepe nie,” het Barnard in ‘n verklaring gesê.

Volgens AfriForum Jeug was die samestelling van die taalbeleidwerksgroepe van meet af aan ʼn probleem. “Dit verteenwoordig nie die breë kampusgemeenskap nie, maar is onder leiding van die regsdosent Danie Brand en ook Quraysha Ismail-Sooliman, Ulrike Kistner, Helen Inglis and Nisha Pillikar, gekaap. Hulle is deel van die University of Pretoria Academics for Change (UPAC).”

Barnard het gesê in die vergaderings van die taalbeleidwerksgroepe word studente blootgestel aan bogenoemde personeel se onverdraagsaamheid en woede-uitbarstings wanneer daar oor Afrikaans gepraat word. UPAC is ʼn informele organisasie wat ʼn sleutelrol gespeel in die destabilisering van die Tukkie-kampus vroeër vanjaar. “UPAC het die simpatie van verskeie lede van die UP-bestuur. Elke keer wat ons hierdie probleme aan [adjunk-dekaan] prof. Anton Kok opper, word ons bloot gestoomroller”, het Barnard gesê.

Met meer as 13 000 studente is die Afrikaanse studente-gemeenskap die enkelgrootste taalgroep op Tukkies. “Ten spyte hiervan verwerp die werksgroepe die pro-meertaligheid standpunte as ʼn minderheidsgevoel en wil dit ʼn slegs Engels taalbeleid navolg. Die UP is gevolglik besig om studente se grondwetlike regte te ontneem.”

AfriForum Tuks is bekommerd dat die UP-bestuur nie oop kaarte met studente speel nie. Tydens die Februarie onderhandelinge wat AfriForum en die ANC met die rektor prof. Cheryl De La Rey, en registrateur prof. Niek Grove, gevoer het, is ooreengekom dat Afrikaans en Sepedi se plek op Tuks veilig sou wees. “UP-bestuurslede is op rekord dat hulle eerder ʼn Engelse taalbeleid sou aanvaar, uit vrees vir geweld. Dus bepaal geweld nou UP se bestuursbesluite,” lui die verklaring.

“UP stel nie in ʼn billike en regverdige taalproses belang nie. Die huidige oefening is ʼn halfhartige poging om inkoop te kry vir die eise van die gewelddadige groepe. Hierdie bestuurpraktyk het juis gelei tot die klimaat van geweld wat in Februarie geskep is. Met die nuwe klasgeldverhoging wat binnekort bespreek moet word gaan prof. De la Rey se kapitulering oor die taalkwessie net stu-krag geen aan ʼn hernude #FeesMustFall-veldtog”, het Marthinus Jacobs, AfriForum Tuks-voorsitter gesê.

AfriForum Jeug sal ʼn memorandum aan die universiteit oorhandig waarin ons taalbeleidsvoorstelle vervat word. Intussen het AfriForum reeds opdrag aan sy regspan gegee om die geldigheid van die taalbeleidsproses te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Willem ·

Ek dink Flip Buys het dit goed gese in sy laaster artikel oor wat ons kan leer van Churchill. Die Kommunistiese revolusie kan nie gepaai word nie. Ons moet begin glo dat die ANC en EFF bedoel wat hulle vir die Afrikaner elke dag se. Volgens hulle ” the whites do not belong here”. Ons sal moet regmaak vir konflik, ek glo nie meer dit kan gestop word nie en dit is nie om dramaties te wees nie.

Jacques ·

Stem saam. Huĺle breek af en verwoes en kry hul sin en ons probeer diplomaties wees en kom elke keer laaste. Dalk moet ons by hul leer en doen soos hulle, dit werk duidelik vir hulle en ek glo almal is keelvol om heeltyd om verskoning te vra en jammer te sê!

Johannes Comestor ·

Aan die US en UV was die geweldsargument ook die deurslaggewende faktor wat Afrikaans laat sneuwel het. Die blanke politieke bewind is ook beeindig toe opgehou is om geweld met mag en mening te bestry. Wat kenmerkend in die stryd om Afrikaans is, is dat Afrikaanssprekendes, soos Danie Brand en Anton Kok aan die UP, die leiding in die verengelsing van ons universiteite neem.

Andrea van Vuren ·

Tragies. Ek glo wanneer die alumi waaronder daar taalreuse is, hul skenkings en befondsings aan UP gaan onttrek, sal sg. Afrikaners soos Danie Brand, Anton Kok en genoemde akademici moet rondspring om geld by die ANC en die Guptas te gaan leen om UP staande te hou! As oud Tukkie kan ek nie glo die dag het aangebreek dat my taal in die proses is om weer ‘n kombuistaal te word nie.

Piet Snot ·

Daar’s min dinge so sleg soos ‘n Afrikaner wat sleg geword het en teen sy eie mense gedraai het.
Ek sien heelpaar Afrikaanse name hierbo.

Johann Marx ·

Piet, as jou oupa of ouma grootjie nog lewe….gaan vra hulle wat se ding is ‘n “joiner”….

Anti afrikaner ·

My opinie is om nie tyd te mors op iets wat jy nie kan of gaan verander nie.Die klomp moet Tuks vat en totaal vernietig,ons moet Solidariteit help om Akademia op te bou tot die beste grootste Afrikaanse universiteit in Afrika waar die klomp anargiste geen se sal hê nie.

christine ·

Dankie vir probeerAfriForum maar dit gaan nie meer help nie. Weer is ou siener reg gaan na bls. 201 dit blyk ook hoe diep die Indiers hier betrokke is en presies hoe komminusties ons op die oomblik is.

JC ·

Ons sal nie gaan le nie, ons sal aanhou veg soos die Boere van ouds!!! Ons veg nie ‘n verlore stryd nie, soos deur sekere moedeloses reeds te kenne gegee word. Ek het nie tyd vir sulke mense nie, en ook nie vir bg indiwidue wat dit wat die kosbaarste is aan alle Afrikaanses probeer wegvat nie. Hierdie aanvaal op ons taal moet tot ‘n spits gedryf word, en glo my, ons sal daar wees om ons taal te verdedig ingevolge die grondwetlike beskerming wat dit geniet, MAAR welke beskerming ONS MOET AFDWING! Die saak teen UV sal ook toonaangewend wees en rigting gee, so moenie bekommer nie ou maat, ons is reeds in die loopgrawe vir ons taal, DIE TAAL!
Afriforum sal op die ou einde ook ‘n hofaansoek teen UP se bestuur moet bring nes die saak teen UV. Die Grondwet kan nie bloot net geignoreer word deur bg persone nie , nieteenstaande dreigemente van geweld. Die geweldenaars moet juis dan ig. die “rule of law” verdryf word sodat werklike studente kan aangaan met studie in hul taal van keuse en nie anders om nie!
Dit is ons enigste opsie, ons kan nie net staat maak op die grondwet nie dit is net ‘n stuk papier, ONS MOET DIT AFDWING OOK! GO AFRIFORUM! Vat hul Hof toe indien hul enigsins probeer om te raak aan Afrikaans se regmatige plek op Tuks.

Theuns ·

Ons moet die rigting wat UP inslaan teen Afrikaans met al ons mag beveg. AfriForum julle sal n sort “OORLOG TAAL BEVEL GROEP” moet stig om globaal na die land te kyk. Dit is ook reg om te kyk na indiwiduele instansies te kyk, maar hulle is besig om julle aandag af te lei sodat julle uiteindelik aan Paradigma Verlaming lei. Te veel insidente om met julle beperkte mannekrag en fondse ooral by te kom. Kom ons begin by KONSTITIESIE en wat die “TRC” besluite/ooreenkomste was is in 1994.

hans ·

Vertrou die Afriforum-regspan vind baie spoedig n oplossing om die onreg wat by UP plaasvind doeltreffend ongedaan te maak. Die bestuur van UP moet ook ferm vasgevat word weens hulle afwysing van probleme wat onder hul aandag gebring word.

j de Swardt ·

Tragies.Opstaan vir ons regte. Wie gaan sweep klap en ons mobiliseer? Lees Leopold Scholtz se pasverskene boek KRUISPAAIE Kraal Uitgewers. Teen R220 .n winskoop vir naslaan. gedink ek is redelik goed ingelig,maar leer toe heelwat uit sy boek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.