Afrikaanse sanger hoor oor siekte

Adam Barnard (Foto: Facebook)

Adam Barnard (Foto: Facebook)

Dokters het die Afrikaanse sanger Adam Barnard met ʼn kombinasie van twee siektetoestande gediagnoseer nadat hy al ʼn geruime tyd hemodialise-behandelings ontvang omdat sy niere nie behoorlik werk nie.

Barnard is in die eerste week van Maart in die hospitaal opgeneem waar hy aanvanklik steeds hemodialise-behandelings en fisioterapie gekry het. Woensdag het hy op sy amptelike Facebook-blad bekendgemaak dat dokters meen sy toestand kan toegeskryf word aan ʼn mengsel van neuropatie-sindroom en Guillain-Barré-sindroom.

Neuropatie-sindroom word gekenmerk deur die verlies van gevoel in ledemate, soos die hande. Guillain-Barré-sindroom is ʼn outo-immuunsiekte wat ʼn persoon se senuweestelsel aantas en verlamming veroorsaak.

Henri Scott, Barnard se woordvoerder, het vroeër aan Maroela Media gesê Barnard het mettertyd gevoel in onder meer sy hande, bene en voete verloor, wat veroorsaak het dat hy kruppel begin loop het. Hy het ook gesê die sanger hoop om vanjaar ʼn nieroorplanting te kry.

Tans ontvang Barnard nie meer behandeling nie, maar slegs rehabilitasie. “Adam kry nie meer behandeling nie, want dokters sê die behandeling sal nie meer vir hom inhou as wat reeds die geval is nie en hy sal ook nie verder verswak nie. So, die rehabilitasie is om hom nou sterk te maak en sy liggaam weer te leer wat hy nie meer kan doen nie. En hopelik is dit nou die pad vorentoe,” het die inskrywing op sy Facebook-blad gelui.

Daar is ook ʼn beroep op sy aanhangers gedoen om vir genesing te bid. “Onthou asseblief daar is mag in die tong. Wat ons sê, het ʼn invloed in die geestelike wêreld [en] op dit wat op aarde gebeur. Baie, baie dankie vir almal se boodskappe, SMS’e, skenkings en omgee-kuiers. Ons het ʼn wonderlike gemeenskap wat agter ons staan en nog meer, ʼn land se omgee. Dit is ongelooflik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Mari ·

Adam ons sal jou beslis opdra aan ons groot geneesheer wat jou styf teen sy bors sal vashou. Soos jy weet is niks vir hom onmoondlik nie. Sterkte en ek spreek die Here se seën oor jou en jou familie uit.

Annette Blom ·

Adam, man van God, Hy hou jou stewig in Sy hande en sal jou nie verlaat nie. Sterkte en gou gesond word, sodat jy jou dogtertjie kan drukkies gee.

Judy ·

Sterkte vir jou en jou geliefdes. My gebede is met julle. Onthou Jesus Christus se wonderwerke op aarde deur die krag van God die Vader en die Heilige Gees is met jou en almal na aan jou.

Mykie ·

My ma het ook Guillain Barre gehad, en wat haar herstel versnel het was dat ons elke dag haar hande en voete gesmeer het met room. Die brein registreer dan dat daar ledemates is, en herstel die senuwee vinniger. Sy was so verlam dat sy n kwadropleeg was. Na 2 maande se baie bid en liefde het sy self uit die hospitaal gestap, stadig, maar tog. Die Here het haar genees, en is ons ewig dankbaar. Met n positiewe gesindheid, gebed en handeroom kom n mens weer reg. Moet net nie moed verloor nie. Sterkte

Netso ·

Netso Mykie, beste raad, Adam jou vrou of versorger moet jou elk dag maseer met enige olie of room, so natuurlik as moontlik – bou daai brein paadjies & natuurlik jou oefen, al kan jy nie self moet hul jou oefen, my eie kind, broer se kind & baie atlete gesmeer, gesien. Dan op Hom jou oe rig en glo.

Doreen Stassen ·

Adam jy moet asseblief Cannibis.Oil in die hande kry. Die medium sterkte. Ek glo met my hele hart dat dit jou binne ses maande kan genees. Asb. Probeer dit net!!

Pastoor ·

Sterkte my broer. Ons breek daardie aanval op jou liggaam in die Kragtige naam Jesus Christus. Jehova Rapha. Die Here wat voorsien

ANONIEM ·

SAL OOK BID VIR JOU OM GESOND TE WORD.DIE HERE IS ALMAGTIG&SAL JOU GENEES.AMEN.

Tracey ·

We take our health so for granted…until we read about people like Adam. Thank you for sharing your story and making us aware of our blessings. I pray that you will receive healing and good health. Where can one follow him on Facebook?

SARIE VAN HEERDEN ·

Daar is in PE by die St Georges Hospitaal ‘n man verbonde aan (of hul weet van hom) die Onkologie departement wat Kanabisolie baie bekostigbaar aan pasiente voorsien.

Heloize Mare ·

Sterkte Adam ons die ‘n God van wonders by Hom is alles moontlik. Ons dra jou en die familie op aan Hom. Hy is die Grootste geneesheer

Ansie Geldenhuys ·

Adam, ek is soo jammer dat jy ongesteld is. Ek wil ne se dat ek weet wat jy deurgaan nie, maar ek baklei ‘n oorlog met Lupus en vind dat afgesien van die meelewing van vriende en naasbestaandes, bly jy die een wat swaarkry. Baie sterkte vir jou, jou geliefdes en onthou om aan die Vader se Hand te stap.

Lizzie ·

My man le in Durban Albert Luthuli Hospitaal met nierversaking. Hy wag ook vir nieroorplanting maar ek GLO dat die Here wat die skepper van Alles is vir hom n nuwe nier gaan gee. GLO en vertrou want by Hom is niks onmoontlik.

Hilda ·

Sterkte Adam. Probeer Cannabis Olie met hoë % THC. Verkrygbaar by Medicalhaze., Centurion. Hoop en bid jy voel sommer gou weer beter.

Marius Beukes ·

Adam, ek het Guillian Barre gehad, 1985, ek was 15. Ek het sowat ‘n maand gele, en uitgestap. Ek is die Here BIAE dankbaar daarvoor.
Ek weet presies hoe jy voel, jy kan nie loop nie, nie regop sit nie, nie eers behoorlik jou oor of neus krap as dit juk nie…..dit was ERG. Ek was aan ‘n longmasjien, nie dat my longe platgeval het nie, dit was net voorsorg. Ek kon darem met tye die konneksie losmaak en self asemhaal, al nadeel, jou lugpyp was geblok, jy kan nie praat of neus blaas nie, dit was ook erg.
Al wat ek kan se; wees positief, sien uit na iets, waarvoor jy lewe/ graag wil leef/liefde, ambisie of iets…. se jouself “ek’s een van die dae weer reg” As ek so gele het, het ek my voete en tone altyd geroer en my bene probeer beweeg. As ek moeg was vir die le, het ek gevra dat hulle my uithaal en op ‘n stoel sit. Ek dink nog die beweging, al was dit met hulp, het baie gehelp.
Dan baie belanrik, God se genade is groot, waar dokters en medici nie kan nie, kan net Hy regkry. Die dokters is maar ook net “instrumente” wat soveel kan doen… die apostel/evangelis, Lukas, was ook ‘n geneesheer, en ek glo hy’t ook met geloof pasiente behandel…
Bid net en glo, jy sal daar uitkom…
Groete, Marius…

Cecile Joubert ·

Al die wonderlike sang en musikale belewenisse wat jy mense ryklik mee geseen het om na te luister en te deel se positiewe energie sal terugkom na jou in ons seenende wense vir genesing en spoedige èn volkome herstel. GLO dit met jou hele hart en verstand en God sal dit laat geskied. Sterkte en hou aan sing! Cecile.

Cecile Joubert ·

Al die wonderlike sang en musikale belewenisse wat jy mense ryklik mee geseen het om na te luister en te deel se positiewe energie sal terugkom na jou in ons seenende wense vir genesing en spoedige èn volkome herstel. GLO dit met jou hele hart en verstand en God sal dit laat geskied. Sterkte en hou aan sing! Cecile.

christa ·

Adam Bid dat onse Hemelse Vader vir die krag en Genesing sal gee ek is mal oor jou gospel en die oordenking op die Groot ontbyt Sterkte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.