Afrikaanse sangeres ‘ontsteld, ontsenu’ ná misdaadvoorval

Amor Vittone (Foto: Facebook)

Die Afrikaanse sangeres en televisiepersoonlikheid Amor Vittone is ‘erg ontsenu’ nadat sy Maandagaand deur ʼn grypdief geteiken is.

Delyse Vittone, die sangeres se ma, het Dinsdag aan Maroela Media vertel Amor was op pad terug huis toe ná ʼn geleentheid in Pretoria toe die voorval plaasgevind het. Amor het glo minute vroeër vir Delyse gebel om haar te laat weet sy gaan ’n bietjie later tuis wees, en dié misdaadvoorval het gebeur terwyl sy met haar ma op die selfoon gepraat het.

“Sy het gesê sy gaan laat wees en wou my net laat weet,” vertel Delyse. “Sy het gesê sy ry die Diepsloot N14-pad en dat dit pikdonker is omdat die verkeersligte nie werk nie en hulle boonop nog aan die pad werk ook.

“Ek het nog vir haar gevra hoekom sy dié gevaarlike pad ry, toe sy skielik begin skree. Sy het by ʼn verkeerslig wat buite werking is stilgehou toe die rower haar motor se venster stukkend geslaan het. Sy het gedink dis klippe, en het hard gegil: ‘Ma, hulle gooi my ruit stukkend met klippe!’ ʼn Man het toe haar handsak, wat op die passasierssitplek gelê het, gegryp en ʼn pistool in die motor gedruk. Ek het geskree: ‘Jaag net weg!’ Sy het voet in die hoek gesit en weggery.”

Volgens Delyse het die rower nie skote afgevuur nadat sy weggetrek het nie. Hy het ook nie haar skootrekenaar en selfoon geroof nie.

“Sy was baie ontsteld en ontsenu, en het heeltyd gehuil. Die polisie was later by die huis om haar verklaring af te neem, maar die hele gesin is ontsteld oor die voorval.”

Delyse sê die sangeres glo sy is deur God beskerm, aangesien sy vroeër die dag langs die pad twee kruise, met ʼn spesiale storie daaragter, gekoop het. “Sy het verby die kruise gery en toe ʼn u-draai gemaak. Toe sy die man vra hoeveel die kruise kos, het hy vir haar gesê: ‘Ek verkoop nie die kruise nie, ek gee dit weg om die woord van die Here te versprei.’ Sy het vir hom geld gegee en twee kruise geneem. Sy weet die Here het haar beskerm.”

Delyse sê hoewel die voorval die hele gesin ontstel het, is hulle dankbaar dat sy ongedeerd daarvan afgekom het. “Dit kon erger gewees het. ʼn Motor kan jy vervang, maar ʼn mens nie. Hy kon haar geskiet het. Ons is dankbaar dat sy nog vir ons en die kinders hier kan wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Waarom nie naam in titel ·

Maroela, julle is die enigste blad wat altyd van sanger dit en sanger dat praat. Noem hulle by name asseblief.

hb ·

Dis waarom geen normale mens n handsak op die passasier sitplek sit nie…DUH!!

AltydErgerAsJy'nCelebIs ·

Kapings is ‘n allerdaagse gebeurtenis in Suid-Afrika, maar omdat 95% van die mense wat gekaap word nie celebs is nie, haal dit nie eens die koerant nie! Dink celebs hulle is “above crime”, want seriously watter vrou ry vandag (in die donker) met hul foon teen hul oor en handsak op die passierstoel??

fransie ·

Wanneer gaan sekere vrouens eendag leer dat jy NIE jou handsak by jou in die kar moet hou nie – maar liefs in die kattebak waar dit baie veiliger is??? Ai tog ?

Janet ·

Ai Amore. Daar is n groot plan in jou lewe want jy gaan darem baie deur. Sterkte

Danie ·

Ek het n paar maande terug n voorval by my huis gehad en die polisie was binne twee minute by my deur.

Theo ·

So jammer, maar ook so dom. Handsak behoort in kattebak. Bly jy is veilig.

Francois le Cochon ·

Net in SA. Jy pleeg ‘n misdaad en terselfde tyd raak jy ‘n slagoffer van misdaad

Johann cb ·

Hoe het die “rower” in die donker geweet haar handsak is op die sitplek?
Ek sou vir die meer sigbare foon gegaan het…

*Matthys ·

sluit haar sommer toe omdat sy met foon teen die oor sit en sy bestuur. Crime is maar nou die samelewing

Vetsak ·

ugh, hier kom n Huisgenoot storie, net soos sy nie kon wag om met alles anders koerante en tabloids toe te hardloop, is hierdie niks anders nie. Verkoop storie na storie, en dan oor n maand hoor ons weer dat sy haar privaatheid wil he.

cor ·

Haar nuwe kar gaan ‘n bloothooth handvrye stelsel in kry . Die huidige kar is nou gemerk en sy venster is stukkend so sy moet n nuwe kar kry.

RONEL ·

SIES. JULLE IS VIESLIK. DIT KAN ENIGE IEMAND OORKOM EN DIS BESLIS NIE N AANGENAME ONDERVINDING NIE. OPPAS VIR KARMA.
STERKTE EN BêRE JOU HANDSAK ONDER DIE SITPLEK

chantelle28 ·

Hel maar julle moet seker n klomp Nonne wees want niemand van julle het nog iets dom aan gevang nie ne..! Hierdie is n vrou, n ma, n dogter se lewe waarvan julle so bespotting maak! Mag so iets nooit met julle gebeur nie… dan praat ons weer. He bietjie respek en menslikheid vir mekaar!

al ·

Ek stem saam met jou. Dis nie nodig om so katterig te wees nie.

Antiamor ·

Baie mense word beroof. ..Wat maak haar so anders dat dit nuuswaardig is???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.