Afrikaanse skrywer sê hoekom hy selfmoord pleeg

Karel Schoeman (Foto: kykNET)

Die ontslape Afrikaanse skrywer Karel Schoeman het in ʼn verklaring aan sy prokureur gesê hy wil selfmoord pleeg en sy plan om te sterf in dié verklaring uitgelê.

Maroela Media het vroeër berig Schoeman is (77) is Dinsdag in die Noorderbloem-aftreeoord oorlede.

Schoeman se prokureur, Carl van Rensburg, het die nuus aan Maroela Media bevestig.

In die verklaring wat Van Rensburg aan Maroela Media gestuur het, skryf Schoeman hy het besluit om op 77-jarige ouderdom sy eie lewe te neem terwyl hy nog oor “voldoende beweeglikheid, fisiese vryheid en geestelike helderheid” beskik.

“Oor die afgelope jaar of twee het ek besef dat die navorsing en skryfwerk wat my so lank besig gehou het vir my ʼn las begin word, en het ek met ʼn sekere verligting daarvan afstand gedoen. Gedurende dieselfde tyd het die agteruitgang in my liggaamlike en geestelike vermoëns ook vir my duidelik begin word. Wat vir my voorlê, is, menslike gesproke, na alle waarskynlikheid ʼn toestand van gestadige aftakeling en groeiende hulpeloosheid en afhanklikheid, waardeur ek toenemend ʼn las word vir myself en andere.”

Schoeman skryf dit is “moontlik om die beëindiging van die lewe te beheer” deur by voorbaat alle hulp te weier wat die “mediese beroep normaalweg in geval van ʼn lewensgevaarlik toestand sou wou aanwend”.

“Ewe goed is dit geoorloof om vrywillig van die gebruik van drank en voedsel af te sien en die lewe deur ʼn proses van sg. versterwing te beëindig, wat in praktyk op dehidrasie neerkom. Met die nodige kennis of kontakte is dit egter selfs binne die huidige beperkings ander uitweë te vind, en hiervan kon ek uiteindelik met nodige dankbaarheid gebruik maak.”

Volgens Van Rensburg is dit nog onseker wat dié ander metode is wat Schoeman gebruik het om Dinsdagoggend sy eie lewe te neem.

Schoeman skryf in dié brief selfmoord is ʼn “hoogs persoonlike saak” en iets waarop hy al jare gelede besluit het.

In die brief erken hy ook verder dat hy twee jaar gelede sy eie lewe probeer neem het.

Die brief is op 27 April deur Schoeman onderteken.

Lees sy volledige verklaring hier.

Lees meer oor Schoeman op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

94 Kommentare

Elizabeth ·

Rus sag Mnr Schoeman, u is vry. Vlieg met Arendsvlerke weg van al die aardse laste en hartseer. Die oordeel kom niemand toe nie. RIV

Thomas ·

Die oordeel kom wel God toe, en ons moenie huiwer om dit uit te wys nie, want Jesus die mees liefdevolle Persoon ooit het duidelik daaroor gepraat…

Ouvrou ·

Klink vir my ook na ‘n plan. Ek het nie beplan om my oudag so in bekommernis en vrees te lewe nie. Ek leef in ‘n selfgemaakte tronk, het geen vrye beweging nie. Gaan stap met die honde is uit, jy word dalk langs die pad doodgemaak op grusame wyse vir ‘n paar skoene. Dankie mnr Zuma vir al ons ou mense se afskuwelike oudag. So my planne sal ek ook nou agtermekaar kry.

Leeutjie ·

Nee Ouvrou! Dit klink nie vir my na ‘n goeie plan nie! Praat met iemand oor jou planne en kyk of jy ‘n alternatiewe oplossing kan vind! Weet net hier waar ek sit en jou nie ken nie is ek besorg oor jou…..

Lewe ·

Ek stem saam met Leeutjie. Die lewe is wat jy daarvan maak. As jy besluit het dat jy jou liewer in ‘n tronk wil toemaak dan is dit jou eie besluit. Ek lewe en stap en shop en gaan plekke heen want as daardie lot oor my pad moet kom sal ek dit saam met Jesus aanpak. Maar om so in vrees te lewe is nie wat die Here vir ons bestem het nie. Wees waaksaam maar lewe! Dis immers ‘n geskenk wat jou gegee is.

Jane ·

Vlieg vry Mnr Schoeman .. dit was ‘n persoonlike saak tussen jou en God, en vir geen persoon om enige negatiewe kommentaar op te lewer nie .. Selfdood is soveel minder skade as moord of om dit ondraaglik te maak vir mense wat daagliks met jou moet saamleef. Jy lyk egter na ‘n sagte mens wat heengegaan het soos wat jy gelewe het. Gaan rus nou in VREDE!!

Thomas ·

Dis so jammer as iemand nie verstaan wat ons doel op aarde is nie. Dis om God te eer wat die lewe aan ons geskenk het. En ons eer Hom in jeug en ouderdom, siekte en gesondheid, oorvloed en armoede…

francois verster ·

Thomas, ons is ‘n vrye wil gegun. Waarom sal Jesus die barmhartige wens dat ons moet ly? Ek hoop ook ek sal kan besluit waar, wannee en hoe.

francois verster ·

Thomas, jong ek dink darem ons is ‘n vrye wil gegun. Waarom sal Jesus die Barmhartige on toewens om te ly? Ek hoop ook ek sal kan besluit waar, wannee en hoe. Ons “sit diere uit” as hulle ly, maar gun dit nie aan mense nie? As ons oor ander besluit, of hulle nie toelaat om self te besluit nie, speel ons “god. En as dit dan sonde is, is dit mos God se reg alleen om die oordeel daaroor uit te spreek, nie ons s’n nie. Schoeman het nie ander hierdeur benadeel nie, inteendeel, hy het altruisties opgetree en behoort daarom daarvoor gerespekteer te word.

Peet J ·

Duidelik ‘n pleitbesorger van genadedood. Tans is die mees aanvaarbare woord nou ” selfdood” en nie meer ” selfmoord” nie.
Miskien moes hy eers deur middel van sy geloof vasgestel het wat van sy siel gaan word met betrekking tot die daad wat hy gepleeg het.

Retories ·

Hoekom het sy prokureur nie hulp gekry vir hom nie. Het die prokureur ook sy testament behartig.

Fiefie ·

@Peet J My ouers het my grootgemaak met dieselfde mentaliteit as wat jy het… en my dominee het bevestig dat jy of ek nie kan se waar sy “siel” heen is nie. Daar staan NIKS van jou eie lewe neem in die bybel nie, wel dat jy nie mag moord pleeg nie, dus die lewe van ‘n ander neem. So moenie die man veroordeel nie, dit het niks met jou te doen nie. Sy saak met sy “god” was obviously reg

bren ·

En ons weet mos dat n SIEL……bestaan? Genugtig; ek self sal selfdood pleeg as ek van ander afhanklik moet word; en eks n totale voortstaander van genadedood ook! Gelukkig het almal verskillende opinies; wie dink wie is nou eintlik reg? RIP Karel Schoeman.

Johann ·

EFFE ONVANPASTE PLATVORM VIR SÒ N KWESSIE? As dit so ‘n intense persoonlike kwessie en keuse is? Hoekom dit aan die publieke vlagpaal hang? Bitter gevaarlike ding om die regverdiging van selfmoord só uit te saai. Iemamd wat midde ‘n stryd van die leun van selfmoord stry, kan maklik dieselfde bedink en doen? Skuus: maar dit bly volgens my nie deel van wat ons skeppigsdoel behoort te wees nie; en dis myninsiens uiters selfsugtig? Daars baie getuies van jonk en oud wat nie die leun geglo het.nie en vandag in dankbaarheid lewe…

Selfbeskikking? ·

So ‘n wetgewing kan maklik, en sal waarskynlik, aangewend word om ongewenstes te vermoor. Maar jy moet verby die “self” kan kyk om dit te kan insien. Krap die self uit en fokus op beskikking, ter wille van ander.

Aggenee ·

Dit is ‘n sonde en mense wat selfmoord pleeg is selfsugtig. Ons is ook daardeur met my suster. My ma het op 77 kanker en wil so graag leef en hierdie man beïndig sy lewe.

Fiefie ·

Ok dan. Jy weet nie waardeur jou suster is voor dit gebeur het nie, so moet asb nie mense wat hul lewens beeindig veroordeel nie. Party mense fight battles binne hulle waarvan niemand kennis dra nie

selfsuggie ·

Om mense wat selfmoord pleeg as selfsugtig te beskryf is nutteloos en teenproduktief. Om dit te sê bewys eintlik net wie die selfsugtige is om te dink dat iemand dit jou verskuldig is om in die lewe te bly ten spyte van hoe hulle voel of wat hulle wense is. Meeste mense wil nie en kan nie verstaan wat in iemand se kop aangaan wat selfdood oorweeg nie. Die lewe gaan daaroor om dit die moeite werd en betekenisvol vir jouself te maak, nie om almal om jou gelukkig te hou ten alle koste nie. Hy kon die besluit vir homself neem en ek sal met graagte dieselfde doen as my lewe nie meer vir myself die moeite werd is of betekenisvol is nie.

Sorrow ·

Dankie, Thomas, so verstaan ek dit ook. Die lewe nou is so ontsettend kort in vergelyking met wat voorlê.

Hartseer ·

Rus vir jou, vrede en vryheid. Fenomenale skrywer, ek lees van sy boeke oor en oor – veral Op ‘n Eiland.

E.K. ·

Kan ook verstaan hoe hy gevoel het – hy was ‘n uiters private mens en die gedagte dat hy van ander se hulp afhanklik sou moes wees moes vir hom erg wees. Nee wat hy het sy lewe geleef en hy het sy talente gebruik om wonderlike skryfwerk te lewer so mag hy nou rus.

Alice Hendriks-Boshoff ·

Net gister nog het ek luid en duidelik gesê dat niemand my kunsmatig aan die lewe moet probeer hou nie. As my liggaam dit nie self kan doen nie, beteken dit my tyd op aarde is verstreke. Respekteer dit asb.
Dat ‘n groot gees soos Karl Schoeman die weg van alle vlees moet gaan, ruk ‘n mens vir ‘n oomblik tot stilstand. Die wêreld is nie ons ewige woning nie.

Maria ·

Sterkte vir die familie. Dit sal ook my wens wees as ek bietjie ouer is en God my nog nie kom haal het nie. Of ek die moed sal hê weet ek nie

Annora Eksteen ·

Karel Schoeman was so ‘n stil fyn privaaat alleenmens en wonderlike skrywer, denker, waarnemer, geskiedenis-kenner en navorser. Ek het die grootste respek, empatie en bewondering vir sy besluit en al is ek baie hartseer dat hy oorlede is, weet ek dit het vir hom lyding gespaar en ek sal nog weereens terug kan keer na sy diepdeurdagte woordmooie gevoelsryke skryfwerk en verhale . .. en saam reisende gaan deur sy geliefde lande en die fases van sy lewe. Met al my liefde en deernis vir ‘n voortreflike mens en grootste dank vir dan ook… sy laaste nagelate skrywe. Ek verstaan en is so bly hy kon met waardigheid gaan. x

ap ·

Ek stem. Mooi gestel. Sy nagelate brief behoort ook sommer wyd bespreek te word.

DG ·

Maroela Media, ek is verbaas dat julle die berig plaas? Die “euphinasia” onderwerp word wereldwyd debatteer, nou wonder ek hoekom slapende honde bye Maroela wakker gemaak word? Het ons nie genoeg moeilikheid in die land nie, moet ons nou nog begin bekommerd raak oor ons geliefdes wat dalk dimensia of depressie het ?
Nederland het dit gewettig, en daar is heelwat nuus berigte oor ongelukkige familielede deurdat “onseker” pasiente utgehelp is. Dink net wat gaan in ons land gebeur met al die korrupsie as dokters mense kan help moord pleeg. Wettige moord is ‘n baie gevaarlike ding. Dit maak praktyke soos orgaan handel, konkel moorde, en oneindige “goeie” redes om van mense ontslae te raak moontlik. En ja as die Skepper van die heelal jou verbied om moord te pleeg, wie is jy as mens om te se “Ek weet beter”??

Boerseun ·

Wie sê die skepper verbied jou? Dieselfde ouens wat mense verbrand het omdat hulle gesê het die aarde beweeg om die son? Wat gays hel toe stuur? Wat vrouens nou toelaat om te preek?

V87 ·

Euthanasia. Daars 2 soorte, active waar ‘n middel gegee word om die lewe te eindig, onwettig in SA en passive waar mediese hulp bv chemo gestaak word, wettig. En dit is gewoonlik die pasiënt wat ‘n genadedood wíl hê.. en wanneer daar absoluut geen hoop meer is ni. Iemand wat elke dag in ondraagbare pyn lewe en basies wag om dood te gaan..

Vlooi ·

Ek worstel ook daagliks met selfmoordgedagtes. Halfblind en alleen. Al wat my soms weerhou is my twee diere wat dan haweloos sal wees. Hoe lank voor iemand op my lyk sal afkom, dalk weke, dalkmaande. My arme diere. Die arme mense wat my so gaan kry en die mense wat die toneel sal moet skoonmaak. Ek wil graag glo dat God ‘n doel het met my lewe behalwe stelselmatige aftakeling en die dood.

Janie Monsieur ·

Dagsê Vlooi,
Dankie vir jou kommentaar. Indien jy angstig of depressief voel en graag met iemand wil gesels, is jy welkom om SADAG (die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep) te kontak. Hulle het opgeleide beraders wat jou deurgaans kan bystaan. Kontak hulle hier: 011 234 4837 of 0800 20 50 26 of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

Baie sterkte
Groetnis
Janie
nms Maroela Media

Kieriebeen ·

Op die oomblik oorweeg ek ook dehidrasie en het al voorheen tot 4 dae gevorder maar deur die laaste stadiums sal ek hulp nodig hê want dit is baie swaar. Wil graag weet wie sy kontakte is wat vir hom ‘n alternatief beskikbaar gestel het en wat dit is. Is dit wettig? Wil nie iemand in die moeilikheid laat beland. Dankie.

Janie Monsieur ·

Dagsê Kieriebeen,
Dankie vir jou kommentaar. Indien jy angstig of depressief voel en graag met iemand wil gesels, is jy welkom om SADAG (die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep) te kontak. Hulle het opgeleide beraders wat jou deurgaans kan bystaan. Kontak hulle hier: 011 234 4837 of 0800 20 50 26 of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

Baie sterkte
Groetnis
Janie
nms Maroela Media

E ·

Vlooi en Kieriebeen.
Het julle kinders, broers, susters, vriende?
My pa het 5 jaar terug selfmoord gepleeg. Ek mis hom baie. Ek sou eerder na hom kyk vir die res van my lewe as dit wat gebeur het.

Vlooi ·

E nee ek het niemand nie. Janie dankie vir die nommer. Ek is jammer as my kommentaar ontstel het.

Frans C ·

Die term selfmoord is vervang met selfdood. Dit is vir my skrikwekkend dat ‘n mens geseën met soveel talente en nog so helder van verstand so’n besluit kan neem en dit dan op ‘n rasionele wyse probeer regverdig.

Dat die ouderdom met gebreke kom is seker,maar oudword is ook nie vir sissies nie.Moenie dink dat ek nie weet waarvan ek praat nie,ek is net so oud soos hy en probeer nog steeds elke dag voluit lewe totdat my Skepper besluit dat dit lank genoeg was,op watter wyse Hy dit ook in sy plan (wil) besluit het, daarin sal my berus.

Skoppensboer ·

Dit was eers selfmoord, toe selfdood en nou is dit “selfbeskikking”. Dit herinner my darem te veel aan een of ander politikus wat gesê het al stuk grond wat die wit man in Suid Afrika gaan kry is 6 voet diep.

Yvette. ·

Dis ‘n moeilike onderwerp en besluit, ‘n mens moet na die godsdienskant kyk, as jy ‘n gelowige is, en dan moet jy na die ‘selfmens’ as ek dit so kan noem, kant kyk. Ek het al lankal self besluit dat ek hopelik eendag nog die verstand gaan he om die besluit te neem en toe te pas, want vir niemand wil ek ‘n las wees nie, ek wil nie net daar sit/lê dag in en dag uit nie, wat beteken daardie lewe??niemand kan vir my sê jy beteken nog iets nie!! en dan vra ek myself ook die vraag af “wil Jesus regtig hê jy moet swaarkry, lyding hê en net vir ander ‘n las wees” ek glo nie, hy is mos ‘n God van liefde…so ek weet elkeen moet self hierdie besluit neem en nie een mens mag iemand verwyt vir watter besluit hy ookal neem nie, dis privaat, dis uit eie keuse en dis met ‘n rede wat jy besluit en watter besluit dit ookal is dit vat moed… en ek glo in ‘jy moet jou naaste liefhê’

E ·

Nee Yvette, jou geliefdes gaan daaronder lei. Hul gaan jou mis en wonder hoe dit sou wees as jy nog geleef het. Dit is die seerste seer vir die wat agterbly. Ek weet want ek mis my dierbare pa wat my held was.

John ·

Sjoe ons mense is depressief. Lees net hierbo. Schoeman was as jongman ‘n katolieke priester en dit het in sy latere lewe diep spore gelaat . Sy werk Titaan oor Michaelangelo gee ‘n goeie blik op die kerk in Rome. Wat egter uiters belangrik is, is sy historiese geskrifte, veral oor die vroegste tye aan die Kaap en oor die Vrystaat as boorling. Sy werke is meestal historiese romans met eie afleidings en aanpassings en moet juis daarom versigtig gelees word. Schoeman was hoogs intelligent maar ook effe teatraal en individualisties soos kunstenaars maar is en sy optrede voor sy dood, as enkellopende en baie afgesonder van normale gesinsstrukture, moet in daardie lig bepeins word. Sy skryfwerk was sy lewe… sonder dit…

Grotman ·

MM dis nou die slimste ding wat julle nog ooit gedoen het en julle verdien n Golden Globe! Ou vrou! Dis nie die uitweg! Jesus het sy kruis gedra! Hy het geval en weer op gestaan. Hy was erger as n misdadiger gemartel maar het sy pad tot op die einde geloop. Wie is ons om ons eie besluite te maak en God se wil uit sy hande te neem. Selfmoord is Moord! En God staan nie goed teenoor dit nie. Mooi so MM. N uiterse pronk artikel, dink voor doen.

Jaco ·

Dis tragies dat ons mense in hulle nood versaak en aan hulle eie ellende oorlaat.
Ons land, en alle beskaafde lande, behoort ‘n stelsel en meganisme te hê waarvolgens enigeen wat om watter rede ook al nie wil leef nie sy/haar lewe op ‘n beskaafde en vreedsame manier kan beëindig. Hoekom moet almal gedwing word om te lewe? Daar is ‘n tyd wanneer die dood beter is as die lewe.

Catryn ·

Wat ‘n ongelooflike brawe stap, Mnr Schoeman! Ek het vanoggend ‘n geruime tyd op Dignity SA se webblad deurgebring en alle nodige dokumentasie onderteken… Ek glo en vertrou dat sy familie begrip sal hê vir hierdie stap wat geneem is en verder net goeie herinneringe sal kan koester. Rus in vrede; sonder bekommernisse oor pyn, lyding of gebrekkige (geen?) lewenskwaliteit.

Nee wat ·

Elkeen vir homself… Een ding is seker watter klap in die gesig van lewe. Lewe wat aan ons gegun is met absolute Genade en ondenkbare Liefde… Sies is maar n klein woordjie. Ek het nie n saak wat in die man se lewe verkeerd geloop het nie. Ek het nog nooit en sal virseker nooit eers een woord lees van wat hy geskryf het nie. As hy ooit aandag gesoek het, het hy dit nou gekry. Die Liewe Heer maak aan ons n belofte dat ons skouers NOOIT iets sal dra wat te swaar is om te dra nie. Nee maar dié man besluit anders. Ons elke liewe een, jonk of oud, kreupel of n genie, elkeen haal asem MET N REDE!!

SNEL ·

Ek stem saam met almal wat gekant is teen selfmoord. Dis n leuen van die duiwel. Nee Wat het dit so mooi gesê, lewe is n geskenk van God en ons lewe nie vir onsself nie, maar om Hom te verheerlik en watse klap is dit in God se gesig oor wat jy dink van hierdie ding….LEWE wat Hy aan jou gee. Beveg die vyand, beveg sulke gedagte, raak verdiep in God en Sy Woord. Kry so veel van God in jou in as wat jy kan, preke, Bybel, lofgesange. Jy gaan naar voel in die begin en nie eers n Bybel wil sin nie, en dis net n duidelike teken dat die duiwel reeds n oorhand het. By vas, breek deur en lees jou Bybel, groei weer in geloof en vir julle wat alleen is…wat n Vriend het ek in Jesus. Hy is die beste Vriend, opreg en eerlik, altyd daar as ek wil praat, geen aardse vriendskap kom daarby en Hy sal my nooit dinge in my lewe plans wat ek nie kan hanteer nie. Die val is niks, maar STAAN OP, Ps 42:12 selfs Dawid was down met tye, maar ons hulp en redding moet in God weed…ek sal weer vir U n loflied sing. Ons hoop moet in die Here wees, hardloop die wedren tot die einde, nie tot jy die fluitjie blaas en besluit die wedren eindig nie.

henry ·

My grootste vrees is om in die land oud te word, want ek dink dit gan net erger word.

Anoniem ·

Wie van ons het nie al aan selfmoord / selfdood gedink nie. Ek dink daaraan, elke dag. Die seer, die pyn, die net mooi geen vrede maak dit nie die moeite werd om te lewe nie. Seer hou net nooit op. Die gemis in jou lewe na daardie iets gaan nooit weg nie. Die wat nooit iets mooi kan se oor jou raak nooit stil nie. So waarom nog lewe, waarom nog probeer!!!!

Janie Monsieur ·

Dagsê Anoniem,
Dankie vir jou kommentaar. Indien jy angstig of depressief voel en graag met iemand wil gesels, is jy welkom om SADAG (die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep) te kontak. Hulle het opgeleide beraders wat jou deurgaans kan bystaan. Kontak hulle hier: 011 234 4837 of 0800 20 50 26 of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

Baie sterkte
Groetnis
Janie
nms Maroela Media

Wraggies ·

As dit dan so ‘n “hoogs persoonlike saak” is, waarom die sensasie om die brief vry te stel? Indien in opdrag van Schoeman weerspreek hy homself. Indien nie, moet mens daardie prokureur maar vermy …

Peet J ·

Fiefie: Net ‘n regstelling met betrekking tot jou kommentaar gesien in die lig van die dominee,

Fiefie ; Die siel is die ontsterflike deel van die mens en wanneer jy sieltogend is dan verlaat die Gees van God jou liggaam:- In Géneses 6:3 sê die Almagtige God My gees sal nie vir eweig in die mens heers nie omdat hy ook vlees is maar sy dae sal wees honderd en twintig jaar. Verder sê die Almagtige God ook dat hy lewe gee en lewe neem.

Boerseun ·

Hierdie wonderlike lewe wat as gawe gegun word lyk maar sleg. Die grootste deel van ons land se bevolking leef in haglike omstandighede. Ons bejaardes krepeer in ouetehuise. Ek sal graag wil sien wat gebeur as jy vir mense die geleentheid gee om te kan kies of hulle vreedsaam wil sterf. Ek wed jou daar gaan ‘n lang ry wees.

Boerseun ·

Hierdie wonderlike lewe wat as gawe gegun word lyk maar sleg. Die grootste deel van ons land se bevolking leef in haglike omstandighede. Ons bejaardes krepeer in ouetehuise. Ek sal graag wil sien wat gebeur as jy vir mense die geleentheid gee om te kan kies of hulle vreedsaam wil sterf. Ek wed jou daar gaan ‘n lang ry wees.

'n Mens ·

Ek verstaan Karel Schoeman se besluit. Ek vertrou dat diegene wat hom onvoorwaardelik liefgehad het, hom die vryheid sou gegun het om so’n besluit te geneem het. ‘He who is without sin, cast the first stone ‘

Peet J ·

Boerseun; die omstandighede waarin ons lewe is deur die mens self geskep, die kinders verplaas hulle ouers om in die ouetehuise te gaan woon en deur die personeel versorg en hanteer te word. Gaan stel maar gerus ondersoek in hoe dit gedoen word, Ek is oortuig daarvan dat baie asgevolg van die behandeling wat hulle daar ontvang nie vreedsaam, soos jy dit stel,sal wil sterf nie.

Rina ·

Moeilike onderwerp – jammer vir sy familie dog dit was sy besluit en was hy briljante man – respekteer dit. Onlangs vertel vriendin my van haar ouer wat 96 jr is en hulle as kinders verskoning vra vir die feit dat hy/sy so lank leef en dus net ‘n las is vir almal – dit het my emosioneel so geraak en diep laat dink! Mens het begrip vir baie dinge as jy ouer raak en moenie so maklik oordeel nie – eensaamheid en vrees vir afhanklik word van ander is erg!

Sandra ·

Vir my gaan dit nie oor reg of verkeerd nie. Dit was sy besluit. Wat vir my belangrik is, is die wonderlike nalatenskap van sy ongelooflike skryf talent. Sy eerste boek wat ek gelees het was ‘By Fakkellig’. Die deurnis, gevoel en mooi taal het my al sy boeke laat lees en versamel. Dankie Karel dat jy my lewe verryk het met jou skrywe. RIV.

Milli ·

Jitte mooi so gee my resep hoe om dit te doen ek sal ook graag nie meer in hierdie boosheid van die aarde wil leef nie

Zebra ·

“The thief comes only the steal and to kill and destroy, I came that they may have life and have it abundantly”. John 10:10
Slegs as mens Christus en Sy Woord TEN VOLLE aangryp, kan mens hierdie abundant life he!
“But the one who ENDURES to the end will be saved” Matt 24:13
Ek wil elkeen van ons mense aanmoedig, neem jou Bybel op, lees deur Psalm 119, deur 1,2,3 Jonh, en die res van die Bybel, keer terug na die Verlosser, en Endure to the end. Die wat baie tyd het, BID! “Pray without ceasing” 1 Thes 5:17, “Draw near to God and He will draw near to you” James 4:8. Hy het jou hier vir ‘n rede: om Hom glorie te gee, en om te dien soos Christus het.

Zebra ·

2 Cor 4:16-18 “So we do not lose heart though our outer self is wasting away, our inner self is renewed day by day. For this light momentary affliction is preparing for us an eternal weight of glory beyond all comparrison, as we look not to the things that are seen, but to the things that are unseen, for the things that are seen are transient, but the things that are unseen are eternal”

John ·

Ons hedendaagse mense is dalk vreeslik bederf en selfbehep. Vroeer dae is kinders tuis gebore en mense tuis verpleeg en daar het hulle hul laaste asem uitgeblaas en die huisgesin het aangegaan met hul lewens en veral nie die oues en sukkelaars weggestoot nie. Vandag koop mense nie eens ‘n huis as hulle hoor iemand is daar dood nie. Kyk hoe gaan dit in die midde-ooste en wat van die WOII toe duisende gesterf het en al die groot peste van die verlede. Gebeure soos die’ en onlangs ook iemand van Bloemfontein, nogal ons Afrikaners se glo bakermat, wat na Franryk gereis het na ‘n kliniek vir selfdood, se aksies het slegte nagevolge vir ander en hul agtergeblewenes as hulle dit maar sou wou besef… of word die gevolge bygereken?

zebra ·

JY is reg John, die demise van die familie is die ok beweging van ons wereld

Nico ·

Rus sag ook Karel ek sal oom altyd onthou hoe oom se privaatheid so belangrik was en nie regtig iemand toegelaat het in die huis nie veral in Trompsburg kan onthou net ek en my pa mag ingegaan het om als reg te gaan maak het? Rus sag by Jesus se voete gaan Oom Mis

Dawie Malan ·

Net n regstelling Karl Schoeman het GEEN familie nie Het in aftree oord gebly waar my Ma ook was
RIV vrede Karl

Andre ·

Karel Schoeman is nie dood nie … sy gees leef in sy tientalle boekeskeppings … vir altyd!

Die beste skrywer in Afrikaans!!!

DANKIE vir die wonderlike boeke-skat wat hy vir ons agtergelaat het!

Asseblief ·

Tragies. Ook maar goed die mens is nié toegelaat om te besluit wanneer waar en hoe hy gebore wil word nié. Nog nooit sal ons liewe Vader in die Hemel die mens bo sy ou vermoëentjies versoek nié. Bid vra glo en vertrou ons dien lewende liefdevolle Vader.

Jakes ·

Dis hoogtyd dat mense toegelaat word om hul eie einde te kan kies waneer hulle kwaliteit van lewe drasties begin agteruit gaan met geen uitsig van verbetering nie. Ek dink ook mens moet besef daar is n verskil tussen behandelbare depressie wat lei tot selfdood en n besluit van selfdood agv van lewens kwaliteit deur ouderdom of n dodelike siekte. Basta met gosdienstige redenasies hieroor. Godsdiens is jou persoontlike oortuigings en opinies, hou dit vir jouself en uit die wette uit.

Etienne ·

Die godsdienstige kommentaar is van die ongevoeligste ooit. Skynheiliges wat nie empatie verstaan of betoon nie! Rerig ‘n slegte toonbeeld van sogenoemde Christelike waardes. Karel Schoeman was ongelooflik braaf om sy besluit uit so te voer. Hoeveel van julle het ooit die alleenheid en aftakeling van ouderdom beleef? Seker geeneen nie.

Ek daag julle almal uit om die selfde kommentaar te lewer op die 11-jarige seun, Tysen Benz (artikel ook hier op MM), wat ook selfmoord gepleeg het.

Julle kommentaar is hartvogtig en selfvoldaan. Lees asb in die Bybel oor die Farisieers. Hulle het ook gedink hulle is meer heilig as die res.

Santjie ·

Maroela, ons sê deesdae mos selfdood. Hoekom nog die selfmoord woord gebruik?

Janie Monsieur ·

Dagsê Santjie,
Dankie vir jou kommentaar.
“Selfmoord” en “selfdood” word albei erken indien iemand sy eie lewe neem. Maroela Media volstaan met die term “selfmoord”.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

t ·

Ek kan nie dink hoe ‘n mens selfmoord oorweeg nie. Al wat jy moet doen is om jou oë oop te maak en rondom jou in die natuur te gaan kyk. Die hele natuur gaan oor lewe. Die vink wat ‘n nes verskeie kere moet oorbou gaan nie sy eie lewe neem nie; hy begin weer en weer tot hy sukses het. ‘n Saadjie wat op die grond val gaan nie net “dood” nie. Hy probeer deur te ontkiem en wortel te skiet. Kyk na waar saad ‘n vashouplek vind EN aangaan. Elke oggend as die son opkom sê die natuur “Kom, hier gaan ons weer.” Wie dan is ons om te besluit “Genoeg is genoeg?” Tot en met jou laaste asemteug (waaroor die Here beskik) MOET jy aanhou bou, wortel skiet en groei. Die Here het duidelik gestel Hy sal ons NIE meer beproef as wat ons kan hanteer nie. So wanneer die pad swaar raak, troos jouself daaraan dat die Here nog steeds die beste pad vir jou gekies het. Jy KAN dit maak.

Julia ·

Môre t .

Dankie, ek stem saam, jou kommentaar is opbouend en waar.

E.K. ·

Die wat so aangaan oor selfdood: Volgens julle is dit ‘n sonde om eie lewe te neem want net God mag oor lewe en dood besluit. Maar wat dan van die mediese wetenskap wat ingryp en hartoorplantings doen om ‘n lewe te verleng – dan is dit mos volgens jul teorieë ook verkeerd! Onthou julle sê NET God mag beskik. So dan mag sulke mense (volgens hoe julel glo) seker nie gehelp word deur langer te lewe nie? DINK bietjie en hou op oordeel. Ek is en was nog altyd ‘n groot bewonderaar van Karel Schoeman en besit verskeie van sy boeke wat ek gereeld herlees. Rus sag ou grote!

Die wit leuen ·

Op 18 jarige ouderdom het ek self my eie lewe probeer neem, oor ‘n ouer huis wat uitmekaar geval het en die mooi prentjie wat altyd deur almal in ons gesin voorgegee het uiters gefaal het.Ek was elke Sondag in die kerk en het elke aand my Bybel gelees en gebid en gedink ek ken God.Dit is die leuen wat satan my laat glo het en hoe maklik as hulle my nie daardie oggend gekry het nie.Tot God my geroep het vyf jaar terug terwyl ek nog die heeltyd ‘n kind van Hom is en met groot skok besef het dat ek al die jare met ‘n “veil” oor my oe geleef het en eers besef het wat dit beteken om te doen wat die skrif se en te sterf tot jou self deur jou doop vir Christus en nuut saam met Hom optestaan en Hy in jou leef – jou ouself le jy neer vir Hom. Vandag weet ek dat satan my daardie tyd die leuen wou laat glo het van daar is ‘niks’ oor vir my nie, want hy wou keer dat my kinders gebore word. Ek het vier kinders wat van die begin af geleer is wie God is en wat dit beteken om ten volle vir God te leef, ons is van die wereld maar nie deel van dit nie. Die verskil wat deur my kinders met die Heilige Gees se leiding al ander se lewe verander het in lewe is verstommend.

Die wit leuen ·

Hy het geweet die pad wat my kinders met God sou stap en om my net een leuen te laat glo dat daar geen hoop meer is nie sou so maklik gewees het want die kinders wat God my leen en reeds hul name in Sy hand palms geskryf gehad het sou dan nie gewees het nie. Hoe bang is satan dat net een van ons opstaan en doen en maak soos wat Jesus gedoen het!! Mense God gee lewe, deur elke oomblik wat Dawid vir sy eie lewe gevlug het vir meer as tien jaar, gaan lees die Psalms en vra dat die Heilige Gees jou sal lei en wys al glo jy dit nie nou nie het daardie man bly teruggaan na God in lofprysing as God hom gewys het om te leef en bly hoop want God dra jou deur alles!! Ons is nie skynheilig nie, ons gee om vir elkeen wat alleen is en voel daar is nie meer hoop nie, daar is baie gaan sit en kyk net na die voeltjies in die tuin, gaan stap in die natuur en hou elke diertjie dop en kyk hoe hulle leef sonder vrees en in oorvloed, God gee lewe Hy is orals sigbaar en ek stem Jesus kon mos dan maklik Sy eie lewe geneem het, NEE Jesus het die voorbeeld gestel daarom Sy eie woorde nie soos Ek wil nie maar soos God wil want die 3 enig is LEWE!!Die Heilige Gees sal jou help vra.

Die wit leuen ·

Gaan lees in Romans 5 dan Paul se woorde “Not only that, but we also rejoice in our sufferings, because we know that suffering produces perseverance, character and character hope. And hope does not disappoint us, because God has poured out His love into our hearts through the Holy Spirit He has given us. Onthou asseblief dat ons oordeel hom nie. Oordeel is wanneer ek jou nie ken nie en byvoorbeeld ek sien jou en se jy is ‘n leuenaar, seksueel losbandig ens – dan oordeel ek jou en dit is wat God praat van as Hy se dis baie gevaarlik. Maar wanneer ek jou nie ken nie en ek sien jou en jy wys vir my jy leef byvoorbeeld seksueel losbandig deur dit openlik te wys dan oordeel ek jou nie, dan mag en moet ek volgens die skrif jou aanspreek op jou aksies om vir jou te wys jy is verkeerd en jou te help om na God te draai, vergifnis te vra en jou sondes te laat staan,want God wil almal red Hy is lief vir almal. So wanneer ons kommentaar lewer oor hierdie artikel oordeel ons nie, deur sy aksies het hy gewys waar hy verkeerd opgetree het deur sy eie lewe te neem en mag en moet ons dit aanspreek as Jesus se kinders anders kan dit maak dat ander dit goed vind en ook hul lewe neem. As ons stil bly kan God ons verantwoordelik hou daarvoor, ons doen dit in liefde nie oordeel.

Die wit leuen ·

As selfmoord of selfdood nie gesien is as ‘n sonde nie meer of minder nie want alle sondes is sondes, die een is nie groter as die ander nie, so ‘n leuen vertel is dieselfde as moord pleeg in God se oe. As ons as christene dit dan net mag doen en niks daarmee verkeerd is nie – dis die leuen jy mag nie jou eie lewe neem nie, want deur dit te neem se jy basies daar is geen hoop meer nie en die sonde daarin is dat ek nie na God toe draai vir hulp nie. Ons moet in alles na Hom gaan en vra vir hulp deur dit nie te doen nie en die besluit in ons eie hande te neem is die sonde. Verstaan dit mooi asseblief niemand se enige iets is maklik nie, daarom kan ons dankie se dat God daar is sodat ons na Hom kan gaan vir hulp en niks te groot is nie.

VanAfrika ·

Dis waar wat God se, die pad hemel toe gaan baie nou wees. Hierdie is een van die artikels en debatte wat bewys hoekom. Die Woord se ons mag nie moord pleeeg nie, dit beteken ons mag nie n lewe neem nie, of dit nou joune is of iemand anders sin, dit bly moord. Die Woord se ook daar moet na die weduwees, oues en kinders gekyk word, daar is instansies wat hierdie dinge doen. Mense het nie nodig om sulke uiterse stappe te neem en jouself dood maak nie, iewers is daar altyd iemand wat gaan help as jy net praat. Hierdie man het n bed, warm bad, bord kos en klere gehad om aan te trek. Daar is mense wat smag na daardie weelde en hy pleeg selfmoord net omdat hy bang is om n las te wees. Hy moes sy seeninge getel het.

VanAfrika ·

Hierdie man het n bed, warm bad, warm bord kos en klere gehad om te dra. Daar is baie wat smag na daardie weelde en hy pleeg selfmoord omdat hy bang is hy is n las vir ander. Hy moes eerder sy seeninge getel het.
Enne, die Woord se jy mag nie moord pleeg nie, of dit nou n ander se lewe is of jou eie, dit bly moord. Ek verstaan hoekom God se die weg hemel toe gaan baie nou wees, hierdie artikel en debat wys hoekom

Amanda Wait ·

“Die Here laat doodgaan en laat lewe…”
~1 Samuel 2:6
Ons is nie God nie, ons lewe is nie in ons hande nie. Om jou eie lewe te vat probeer jy God speel. #JESUSisGOD

Waar is die liefde? ·

Sjoe ek kan net een vraag oor hierdie hele debat vra – waar is die liefde heen? En die feit dat oumense in ouetehuise krepeer – is dit nie ‘n ontsaglike aanklag teen ons eie selfsugtige kultuur nie? Wanneer het dit ‘n skande geword om oud te word? Ek dink ons grootste vyand is selfsug en materialisme, nie die politici nie. Niemand het mos ooit tyd vir ‘n ander mens nie en Ouma of Oupa word mos net eenkant toe weggeskuif. Dit is nie die staat se plig om vir jou eie oumense te sorg nie. Elkeen van ons het ‘n bejaarde familielid of vriend iewers. Klim in jou kar en koop ‘n bos blomme en gaan kuier vir ‘n ou mens. As jy liefde saai sal jy eendag ook nie alleen wees en op die ou end gedwing word om so ‘n besluit te moet neem nie. Ons moet nou ophou om onsself so te bejammer in hierdie land en ‘n slag die balke uit ons eie oe haal. Een bos blomme en besoekie vir ‘n bejaarde tannie maak ‘n ontsaglike verskil, ek weet want ek doen dit en dit is net ‘n vreugde. Ou mense het soveel kosbare kennis, ou resepte, hekelpatrone, pragtige stories uit die verlede, kennis van ou motors, houtwerk, skrywerskuns noem op – hulle is die ideale mentors maar ons is mos net die hele dag besig met die valsheid van Facebook en Twitter nie waar nie? Ek skaam my vir ons eie mense.

Liefde is 'n werkwoord ·

Waar is die liefde? Ek stem so saam met jou. Almal praat van liefde, maar vergeet xdat liefde nie ‘n gevoel is nie, maar ‘n werkwoord. My ouers het na my oupa en ouma omgesien tot en met hul dood. Rustig tuis. Dit was ‘n opoffering, maar gemaak in liefde. Dit bring soveel troos dat hulle tot op die einde mooi versorg was en al was hulle teen die einde bedlêend en op die oog af ‘n las, het my ouers hulle met soveel liefde versorg. Dit leer jou om ‘n pad te stap saam met die Here. Ons is Jesus se hande en voete. In die wêreld sal ons dit moeilik hê, maar jy kan ‘n verskil in iemand se lewe maak. Skyn jou lig in iemand se donker wêreld ten spyte van. Dit is werk ja, maar as jy liefde lewe, doen jy dit met dankbaarheid in jou hart. Ek is so dankbaar vir my ouers se wonderlike voorbeeld en ek sal hulle eendag met liefde versorg.

Ashlee ·

Sinneloos, lafhartig, zero backbone, en dan skaar hy dit met ieder en elk om vir hom jammer te voel. Good riddance, you have to answer to your Maker. Idiot!!

Karien ·

Hy het defnitief baie gely as hy in sy laaste woorde wetgewing vir geassisteerde selfmoord / genadedood voorgestaan en bepleit het. Dit moes ‘n verskriklike foltering gewees het.

VanAfrika ·

Daar is baie mense wat ly en vind selfmoord nie n opsie nie. My moedertjie was 72 jaar ons gespaar en ons haar versorg tot haar einde toe. Hierdie man het n vriend gehad maar het hom in die verderf ingely. Hy gaan groot verantwoording doen omdat hy iemand gehelp het om hom self te vermoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.