‘Afrikaners het genoeg gedoen vir versoening in SA’

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigine. Foto: Verskaf

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigine. Foto: Verskaf

Die FAK se NP van Wyk Louw-sentrum het in 2016 ʼn meningspeiling gedoen as deel van ʼn nuwe projek om Afrikanerpersepsies en -menings te toets.

Volgens Johan Jansen van Vuuren, woordvoerder van die FAK, het “70% van die respondente gevoel hulle het al genoeg gedoen om versoening in Suid-Afrika te bewerkstellig”.

“Daar het ʼn behoefte by ons ontstaan om te weet wat Afrikaners dink van sekere kwessies in Suid-Afrika. Ons het sekere temas geïdentifiseer waaroor ons Afrikaners se menings wou toets en die eerste resultate word in hierdie verslag gepubliseer,” het hy gesê.

Die volgende terugvoer is onder meer ontvang: 94% van respondente voel Afrikanerorganisasies is nodig om Afrikanerbelange te beskerm; 93% dink die ANC dwing hul vertolking van die geskiedenis op ons af; 65% is bekommerd oor ʼn toekomstige rasse-oorlog; en 24% van manlike “Millennials” (18-35 jaar) is skaam om in die openbaar te sê “Ek is ʼn Afrikaner”.

Die vraelyste wat die sentrum ontvang het, is deur middel van faktoranalise ontleed, waarna sekere temas geïdentifiseer is wat in opvolgstudies verdere aandag sal geniet.

Volgens Van Wyk was die doel van die opname nie om ʼn streng verteenwoordigende deel van die bevolking te betrek nie, maar eerder om relevante temas te identifiseer. Die ontleding van die terugvoer sal ingesluit word in ʼn omvattende opvolgverslag, wat in September 2017 gepubliseer word.

Die huidige verslag word in twee dele beskikbaar gestel.

Deel een kan nou reeds gratis afgelaai word by http://www.npvanwyklouw.org.za/publikasies/np-van-wyk-louw-sentrum-versla .

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Chris ·

Ek lees en neem graag kennis van meningsopnames. Ek is maar ook skepties oor die resultaat daarvan maar probeer objektief daarna te kyk. Ek stem met die meningsopname saam. Ons, die Afrikaner het nou genoeg askies gepleit. Eerstens weet ek nie hoekom het ons in die eerste plek askies gevra nie. Ons pleidooie het in elk geval op dowe ore geval.

WitBlits ·

Interessante bevindings en wat maak die FAK nou daarmee?
‘n Verslag is goeie tydverdryf vir die persoon wat dit uitvoer, maar as die bevindings nie tot lei tot aksiestappe wat geneem word nie is dit vrugteloos!

Johann ·

Stem saam. Net bevrees die mense betrokke by die FAK is dalk nog vasgevang in die ‘ou’ SA sindroom toe die FAK basies ‘n ‘kultuurorganisasie’ was wat ‘n gemaklike ruimte gebied vir sekere Afrikaners. Ons het meer praktiese en drastiese optredes nodig. Kyk net bv na die ‘verkragting’ van Afrikaans aan histories Afrikaanse universiteite, die volksmoord op ons boere. ens ens.

ME ·

Soos wat daar jara na die Holocaust steeds soldate in diens van Hitler aangetree was om in die hof te getuig, suksesvol verhoor en gevonnis is, sien ek uit na die dag dat daar in SA ‘n regsman kan opstaan wat Frankryk en Nederland hof toe kan sleep oor die gemors waarin die blanke hom in SA bevind. As Jan van Riebeeck as banneling nie SA toe gestuur was nie, was ons nie nou hier nie en het die belasting las om 5 miljoen mense van noodsaaklike dienste te voorsien nie op die skouers van 5 miljoen belastingbetalers gerus nie. Was van Riebeeck regverdig verhoor?

Anton ·

…nee wat oom Jan was nog okay…die Britte het ons plase afgebrand en ons vrouens, kinders en mans in Kosentrasiekampe gestop…en so doende omtrent n hele nuwe-generasie uitgewis…sover my kennis strek het daar ongeveer 20,000+ vrouens en kinders gesterf…wat n groot deel van ons bevolking uitgemaak het…sou dit nie gebeur het nie, glo ek, sou die populasie balans heelwat anders gelyk het…Maar nou ja ek is moeg verskoning gevra en het genoeg “free bees”gee…

Verwonderd ·

Ek stem saam… Is dit nie maar net die skuldgevoelens van wit mense wat hierdie staat nog laat rond dobber nie. Hulle eis van ons alles en gee niks nie. Nie meer nie. As jy nie werk nie eet jy nie. ‘n Mens loop nie rond en laat mense skuldig voel, sodat hulle jou kos in die hande stop nie. Genoeg is genoeg.

Koos1 ·

Kyk bietjie by verkeersligte na die bedelaars. 80% + is nie blankes. Hulle bedel net by blanke motorise. Ook sal hulle nie in tradisionele swart gebiede gaan bedel nie, maar keer altyd terug na die tradisionele wit gebiede. Hoekom sal julle vra? Wel ‘n swartman het my die antwoord gegee. Bedelaars word weg gejaag in die townships en hulle weet die witman het ‘n oop hand en ‘n klein hart. Dit is tyd dat ons as blankes ons hande toemaak en vir mekaar begin help. Charity begins at home.

FM ·

Ons Afrikaanse kultuurmense se hand van versoening is deur die anc weggeklap omdat hulle vere voel vir plaasaanvalle en plaasmoorde.Hoe kan jy n regering vertrou wat hierdie volksmoord toelaat? Zuma sal eerder aanhou met sy retoriek dat witmense die grond gesteel het. Hoe op aarde kan daar rasseharmonie wees met n president wat sulke rassehaatuitsprake maak. n President is veronderstel om die simbool van versoening in die land te wees. Hy en malema het rassepolarisasie veroorsaak. Punt!!!!!!!Ons Afrikaanse kutuurmense moet ophou om nice te wees. Ons was nice, maar ons is ge-ignoreer. Nou stop dit!!!!

Magda ·

JA ONS HET GENOEG GEDOEN – NOU SORG ONS VIR ONS SELF – DANKIE

John ·

Post-waarheid is so oud soos die berge. Die Afrikaners is lankal daaraan blootgestel en die buitewereld pas dit ook nou op ander volke toe. Die skade is gedoen. Wat wel soos ‘n paal bo water staan is dat daar ‘n Vader is Wie se Wil geskied, watter ‘truth’ ookal aan Hom opgedis word. Dis is die crux van die saak. Dinge kan baie erger word in SA en die wereld en vrese van oorloe met godsdiens as spilpunt kan nie weggepraat word nie. Die vraag is of ons Afrikaners en ons jeug sal sterf of vlug vir ons geloof of gaan ons kniee knak voor die vreemde gode?

Nita ·

ME waarvan praat jy? Van Riebeeck n banneling? Hy was hierheen gestuur deur die OIK om n halfwegstasie te kom stig, vir skepe op hul handelsroete. Van daar af het alles so gegroei. Ongelukkig het daar n bevolkingsontploffing plaasgevind onder almal behalwe die wittes.

Hennetjie ·

Jip, ek dink die regering keer met alles wat hulle het om mense van verskillende etniese groepe te laat versoen. Solank as daar nie versoening is nie, so lank kan die ANC heers en aangaan met sy dinge. Geld spandeer op Nkandla en ander vermorstings en swak besluite neem en solank hulle ‘n meerderheid is oorheers hulle enige parlementsitting of enige besluit wat geneem moet word. Die ANC is juis bang dat groepe saamsmelt om ‘n front teen hulle te vorm. Solank as wat Zuma etniese groepe separate, is hy sterk, en word die fokus verskuif na die wittes. Die ANC het nie gegee wat hulle belowe het nie, dis nou maklik om die Wittes tot in Jan van Riebeeck se tyd skuld te gee daarvoor. Waar is die skole vir swart leerlinge in 22 jaar? Hoekom was daar 56 000 kinders nie in skole ingeskryf in Januarie nie? Hoekom het die mense nog nie water en ligte nie? Wat het van HOP huise geword? Ek stem saam, ek het nou genoeg askies gese en genoeg KERSVADER gespeel, sit eerder nog ‘n alarm in en gaan oorsee met my geld. GEEN SKENKINGS meer nie!

lw ·

Ek het nog nooit skuldig gevoel dat ek ons mede Afrika bevolking iets skuld nie of jammer hoef te wees nie. Ek is in Apartheid gebore, was nog te jonk om in die referendum te stem.
Ek was nie n wit bevoorregte in die ou SA nie. As daar nie kos was of verblyf of jou elektrisiteit nie betaal is nie, dan was dit JOU probleem, nie die Apartheidsregering sn nie. Ons moes leer om te survive, het nie handouts gekry nie.

BOKGENERAAL ? ·

Mense hulle is nie regtig gepla oor versoening nie !! Als Afrikaans is uit !! Hulle wil hê daar moet niks van ons oor wees nie , al beteken dit dat hulle eie mense benadeel word . Die een probleem met Afrikaners is ons laat goed soos Kyknet en Groot FM ons oortuig wat Afrikaans is en moet wees !! Ons kyk nie en ontwikkel nie meer ons taal nie (luister na ons tv programme !!) Ons het foute gemaak , maar wie doen nie ? Almal het ñ vuilkol in hul geskiedenis !! Maar of hulle daarvan hou of nie , ons is net soveel deel van die land en ek gaan nie skaam wees daaroor nie !!!!!!

Basson ·

Korrek, tyd om hakke in te slaan en rug styf te maak! (En op te hou kruip.) Ek sien juis in die week weer hoe daar ‘gebuig’ word deur wittes, sommiges dink dit is “om nice te wees” (hoor ek), maar die ander kant van die muntstuk is dat dit gesien word as swakheid en dit versterk net die fasilitering van ‘julle skuld ons, so hou aan buig’. Dink dus 2x voor jy weer ‘nice’ is, dit word 10 @ 1 nie ge-interpreteer soos jy dink!

Genoeg ·

Ek stem saam dat ons nou genoeg gehad het van die beskuldigings van als wat verkeerd loop. Daar is baie erger rassisme vanaf die swartmense se kant af as van die witmense. Almal kyk dit maar net gerieflikheidshalwe mis. Dis hoogtyd witmense kry ook die platform om hulle kant van die saak te stel. Niemand het nog na hulle geluister nie. Witmense word deur die huidige regering op alle vlakke benadeel en dit bevorder bitterheid en woede. As ek hoor van demokrasie wat die regering so verkondig dan dink ek dis die grootste leun denkbaar. Hulle moet die regering verbied om verdeeldheid te saai deur te hamer op die geskiedenis en apartheid. (Ons wil ook die grond terughê wat Retief GEKOOP het). Waar is die wittes se poste in die staatsdepartemente of sommer by die groot winkelsentrums? Daar word nie vir hulle werk gegee nie. Ek dink dis tyd dat ons nie meer stilbly en net aangeval word nie. Pleks almal fokus op die toekoms en hoe om die land op te bou, fokus hulle op die verlede en vergelding. Ek is nie rassisties nie maar genoeg van die holrug geryde snert is nou genoeg.

Ernest ·

Goddank…….ek het onder die indruk gekom die Afrikaner Witte is “dood”…. Nou hierdie gepaste kommentare..! Die probleem egter, wie kan ons Volkie lei..??? Ons is ontnugter met die NP kaders, Dr Treurnicht en Jaap Marais is dood en Eugene Terre’blanche is deur Swartmense vermoor. Hierdie ou spul van die sogenaamde “Forums” is ver te lig in die broek. De Boere Afrikaner het NOU ‘n sterk leier nodig wat nie bakhand onderhandel en verskoning vir ons Volk vra nie. Van die Engelse sal ons NOOIT ondersteuning kry nie..!!! Kom ons siek na ‘n opregte Boere Afrikaner leier..!!!!!

Joe Hall ·

Ek is ‘n Afrikaner en ‘n trotse afstammeling van voorouers wat saam met talle ander Afrikaners groot opofferinge vir my en andere se voortbestaan gemaak het.
Ek het nog nooit op ‘n plaas gewoon of geboer nie.
Daarom is ek ‘n gewone Afrikaner en een wat beslis nie ‘n sogenaamde Boere Afrikaner is nie.
Joe Hall.

BOKGENERAAL ? ·

Die selfde kan ook van baie van ons kerke gesê word !!

Andre ·

Ernest, jy sal verbaas wees hoe baie Engelse mense dieselfde oortuigings as die behoudende Afrikaner het – net so sal jy verbaas wees om te weet hoeveel van jou volksgenote steeds linksgesind is (dit sluit in: sogenaamde verligtes, andersdenkes, vrydenkers, polities korrektes, slapdingese, ens.). Die “leiers” van ‘n paar groot Afrikaanse organisasies is meelopers van de Klerk, ander mense wil vir Hofmeyr stem (selferkende liberalis), ander vir Dan Roodt (liberalis) – “leiers” wie nou kamstig “regs” is of sogenaamd die Afrikaner se belange wil bevorder (hoor hoe klingel die geld in die sakke). Die Afrikaner trap weer in presies dieselfde slaggate soos destyds met de Klerk se stories. Die leier waarna baie verlang gaan ‘n onmoontlike tyd hê om mense te probeer lei wie verseg om die lig te sien – daarom is daar geen leier op die horison nie. Dinge gaan nog heeltemal te goed, sal maar kyk wat gebeur wanneer die nood regtig begin druk en die spul wakker skrik uit hul drome van die lang verwagte utopia (indien ooit).

Cat ·

Hy praat van die Boerevolk Joe Hall !! Boere Afrikaner is ñ Afrikaner van Europeese afkoms !

Joe Hall ·

Nou hoe nou Cat?
Dan moet sulke Afrikaners mos veel eerder Europese Afrikaners wees!!
Hoe ookal ek en my mense is Afrikaners in murg en been.
Joe Hall

Adam ·

@Joe Hall. Baie dankie dat jy die Afrikaner-Boervolk term aanspreek. Daar het nooit of Boere of Afrikaners van ‘n oorsese boot in SA aan land geloop nie. Ons het hier in SA, na vele jare en baie terugslae, Afrikaners geword. Ek is ongelooflik trots op my Afrikaner identiteit en sal dit vir NIKS verruil nie. Ons het nie nodig om met skottels water a-la Adriaan Vlok rond te loop en voete was nie. Ons hoort hier, ons diens ons verpligtinge teen ons land en lewer oor ‘n paar eeue lank reeds ‘n reuse bydrae tot SA. Dit beteken nie dat ek nie respek en groot waardering het vir die Engelse-en ander kulture nie. Dit is hoog tyd dat ons almal wat Afrikaans as eerste taal gebruik en die Afrikaanse kultuur omarm as Afrikaners beskou en vergeet van pigmentasieverskille. Ons pragtige land met sy wonderlike potensiaal word tans verwoes deur politieke dwergies. Ek, as Afrikaner en wie boonop op ‘n plaas grootgeword het en ‘n Prog was( wie nog steeds so dink) stik elke dag in die polities korrekte snert wat ek aanhoor. Dit is hoog tyd dat ons, die ware Afrikaners, opstaan en iets daadwerklik doen!!!!

BOKGENERAAL ? ·

Ag mense ontspan !! ñ Afrikaner se voorouers kom van Europa af !! Niemand sê Afrikaners het van Europa af gekom nie !! Maar as Nederlanders , Franse of Duitsers nooit hulle hier kom vestig het nie , het Afrikaans nooit bestaan nie !! Maar dit is deel van ons erfenis !! Ons het ons plek hier verdien want ons het alle bande met Europa verbreek !! Ons het ook gebloei en gesweet vir die land !! Die vraag wat wel gevra moet word is wie is die Afrikaner ? As jy Afrikaans praat is jy ñ Afrikaner ?

Henry ·

Jis Bokgeneraal. Ek vermoed dat meeste Afrikaners saamstem dat hul voorvaders van Europa af kom. Wel…die oorgrote meerderheid Afrikaners.

Daar is sovele dringende probleme/bedreigings wat Afrikaners weereens in die gesig staar, dat die alewige temery oor wie en wat ‘n Afrikaner sou wees, werklik van weinig belang is.
Mynsinsiens is ‘n Afrikaner iemand wat homself as sulks identifiseer, beskou, beleef, bekendstel en wat ookal.

Indien iemand(e) daarvan verskil, is hulle en wie ookal verskriklik welkom om dit te doen. Intussen duur die stryd voort soos oorle’ Oompie John Vorster dit gestel het.
:-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.