AfriSake tree toe tot Pienaarspoort-grondgrype

Argieffoto (Foto: SAUK)

Die sakeregtewaghond AfriSake is tans besig om grondeienaars in Pienaarspoort in samewerking met sy regspan Hurter Spies Ingelyf by te staan om ’n dringende interdik te bekom ten einde ’n groep besetters van die grond te verwyder. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is vroeër sonder sukses genader om die grondbesetters te verwyder.

Dit is belangrik vir grondeienaars, spesifiek diegene wat landbougrond besit, om hul eiendom te beskerm en so gou as moontlik teen enige onwettige besetting op te tree.

“Ons sal aanhou om ons lede en slagoffers by te staan, selfs al vind diesulke grondbesettings toenemend plaas,” sê Charles Castle, bestuurder by AfriSake. “Die huidige regering se beloftes van grondhervorming laat die meerderheid van die bevolking raadop en as gevolg daarvan sien ons dat al hoe meer mense reg in eie hande begin neem. Sulke optrede moet egter onmiddellik in die kiem gesmoor word, want artikel 25 van die Grondwet word wesenlik daardeur bedreig en ons moet aanhou om teenstand te bied.”

Marjorie van Schalkwyk, kandidaatprokureur by Hurter Spies Ingelyf, het gesê tydens die uitreik van die aansoek het die hof geen lêers beskikbaar gehad om die saak te open nie. “Dit beteken dat dringende aansoeke belemmer kan word, asook dat die hof tans sukkel om hul administratiewe funksies uit te voer. Ons het egter uiteindelik daarin geslaag om die dringende aansoek vandag uit te reik.”

AfriSake en sy regspan het reeds soortgelyke onwettige grondbesettings suksesvol teengestaan in onder meer Bronkhorstspruit, Brits en Mooinooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Mix ·

Wat van daardie arme mense in Tuine? Daardie nedersetting was tydelik… maar soos my pa sê daar is niks so permanent soos n tydelike oplossing nie. Die nedersetting is al uitgestrek tot agter Mahem.

Jurie Bekker ·

Dit is kommer wekkend as mens dink aan al die onlangse, grond besit kwessies, protes aksies wat gepaard gaan met plundery, brandstigting, klip gooiery, ens. Die SAPD is te klein en kan nie streng genoeg optree teenoor persone wat hulle skuldug maak aan ongewenste optredes nie. Deesdae beland individuele mense makliker in die sop oor uitlatings en gesprekke op bv. sosiale media. Trots omgee Suid Afrikaners moet na my mening gedurende protes aksies byeen kom en met getalle van orals ‘n teen en beskermings magsvertoning lewer. Meeste van ons is almal te besig, onseker of sien dalk nie kans om betrokke te raak by/met teen optredes. Die oproereges
gaan maar net aan en aan en kry verkeerde dinge reg sonder om vervolg te word en doen net soos hulle goed-dink.

What a joke! ·

Geen leers gehad Om die saak te open nie??? hehe Afrika bevoegdheid…wat n grap!

Stoffel ·

Hehe hulle kan seker nie n paar Rand uit petty cash blikkie gryp en gou CNA toe hardloop nie haha

Moedeloos ·

Hoe kan ons ons grond en eiendom ten volle beskerm as die hulp van die polisie nie eens suksesvol is en hulle nie eens ons enigsins wil probeer help ter beskerming van ons grond,ens nie? Ek waardeer julle hulp,dis net hoekom moet ons elke keer binne die flippen wet optree terwyl die irriterende besetters doen wat hulle wil. Ons moet elke keer net intedukte kry terwyl die beseters nie n saak het met die wet. Kyk hoe gaan dit in ons land! Die verkeersbeamptes,hospitale,medies,krag,water,lisensies, tree nie een op binne die wet terwyl ons moet saamleef deur hul rassistiese aanmerkings te moet opvreet en aanvaar en als meer dubbel moet betaal. Ons almal raak gatvol. Ek haal my hoed af vir wat julle doen,dankie vir julle gedurige terugvoer en geduld met hierdie slegte optrede van grondbesetters,ens wat net als wil vergryp en verniel,terwyl die vergrypers almal weet,nie eens die polisie se hulp suksesvol is of in staat is tot help. So ook die brandweer,altyd te laat vir hulp,terwyl ons moet toekyk hoe als afbrand. Die president draai,paai en bribe hul almal vir hierdie tipe van optrede teen ons. Die regering praat net,ons kla net en so vat die besetters net. Baie sterkte met julle en dat jul nie moed verloor nie,ek het al lankal moed verloor.

botterblommetjie ·

Gister kry ek ‘n oproep van ‘n man (van n cell nr, moontlik seker ‘n premicell, weetnie) wat se hy vorder geld in vir Afriregs of iets, vir die grondbesettings hofsake. Ek vra toe epos my die vorms (my man behoort aan afriform en ek aan solidariteit, hy sê hulle apart daarvan) sodat ek kan invul ens. Nee, sy epos werk nie. Ek vra toe sms my die details, weereens nee hy kan nie sms nie, hulle geen cellfone by hulle nie. Ek noem toe vir hom dat ek nie sake doen sonder die nodige papierwerk nie (afriforum en Solidariteit het vir my vorms gegee) waarna hy half kortaf verduidelik hy doen dit al 5 jaar so, waarop ek hom wys ek betwyfel dit nie, maar ek ken hom nie en dit maak dit vir my moeilik sonder die nodige papierwerk, nog meer kortaf totsiens…. Mens wil graag help en sms stemme waar nodig en dra by, maar mens kan nie lings en regs oor telefoon donasies aan onbekende persone maak nie…

botterblommetjie ·

Tyd om aan te sluit en deel te vorm…. mens wil altyd he maar nooit gee nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.