Aktrise op kleinhoewe geskiet

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 47-jarige aktrise is Woensdag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe in die Lanseria-omgewing, wes van Centurion, geskiet.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het op ʼn kleinhoewe in die Hills & Dales-gebied noord van die R114 plaasgevind.

“ʼn Onbekende aantal gewapende mans het die vrou, ʼn gewilde aktrise, in haar huis oorval. Na wat verneem word, was sy alleen in die huis. Skote is afgevuur en sy het twee ernstige skietwonde opgedoen,” het Botha gesê.

Paramedici van Netcare 911 het die vrou in ʼn ernstige maar stabiele toestand aangetref. Sy is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.

Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê volgens inligting wat tans tot die AfriForum-buurtwag se beskikking is, het drie gewapende mans die vrou beroof, geskiet en ook met ‘n baksteen aangerand. Hulle het te voet gevlug met ‘n selfoon, geld en ander waardevolle besittings.

Die polisie is besig om ‘n verslag saam te stel en gaan binnekort kommentaar lewer. Haar identiteit is nog nie bekend gemaak nie.

Lees die opvolgberig hier: Aktrise wat op kleinhoewe geskiet is se naam bekend

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Thara ·

Wie is sy?? Bekend of te not hoekom mag die publiek nie weet nie?

Katryn ·

Indien dit enige ander persoon was het ons geweet wie dit is, maar omdat sy bekend is word haar naam nie bekend gemaak nie, hoekom? Waarom verdien sy meer privaatheid as ander persone? Dit is baie, baie sleg dat mense so verniel word deur die skuim, maar regtig MM, julle is ons verskuldig om ALLE info deur te gee.

REGVERDIG ·

Haar naasbestaandes is nog nie in kennis gestel van die voorval nie..
Dis maar wat ek dink?

Kobus ·

Ander blaaie se sy speel in Mzansi so as n mens kan uitwerk wie speel daarin wat so oud lyk behoort dit dalk n kolskoot raai wees.

Annie ·

Plaas aanvallers se name en fotos word dadelik gewys en gegee, so wat is die verskil tussen hulle en ‘n aktrise?

Elrine ·

Ek stem saam, hoekom mag niemand weet wie sy is nie, klink maar baie “fishy” as jy my vra, en dis nie asof ons in Amerika bly waar die aktrises so bekend is dat hulle vir veiligheids redes moet beskerm word nie.. so sê ons maar net wie dit is sodat ons vir haar kan boodskappe kan stuur van beterskap …. ai die mense en hul dinge….

al ·

Geweldsmisdade is kommerwekkend. Wonder of dit in parlement bespreek word en watter aksiestappe word geneem?
Sterkte aan die aktrise en haar geliefdes, ek bid vir beterskap.

Santie ·

Gruwelike tonele word deesdae op sepies opgedis wat haat, moord, roof, en ook rassehaat aanhits. Die TV is verantwoordelik vir baie misdaad in hierdie land.

Stinie ·

Ek kyk vreeslike geweldadige stories, ek speel ook erg weldadige games op xbox1, ek’t nog nooit iemand vermoor of eens geslaan nie, dis nie die tv se skuld nie, dis die mense self se skuld. Om tv te blameer is soos om musiek te blameer vir ander dinge.

Liezl ·

Haar naasbestaandes is seker nog nie laat weet oor die skietvoorval nie, en eks seker hulle wil nie eerste hoor daarvan in die nuus nie, dis hoekom haar naam nie bekend gemaak word nie….

Annakapat ·

Hel, maar die mense is nuuskierig! Wees geduldig – haar naam sal bekend gemaak word!
Santie, ek stem saam – my man sê gereeld hy wonder hoe kom die vervaardigers weg met die geweld teen veral vroue in die sepies. En dan vra hulle hoekom word die vrouens en kinders so aangerand…?

Dewald ·

Haar identiteit word seker nog nie bekendgemaak nie omdat haar familie eers almal in kennis gestel moet word. Stel julself voor hoe gaan dit vir jul wees om in die koerant te lees van ‘n familie lid wat geskiet is en dit nie by ‘n ander familie lid te hoor nie.

Kobus ·

Nee dit kan nie sy wees nie want sy bly in Kimberley net so agter die groot gat. :)

T ·

News 24 het ook nog nie n naam bekend gemaak nie. Dink ook hulle wil darm eers haar familie in kennis stel.

Maggie ·

Ai tog! Die berig gaan oor WAT met die arme vrou gebeur het….wat laat ons glo dat ons die reg het om te weet wie sy is! Wat maak dit saak, ons gaan haar mos nou nie meer of minder jammer kry nie. MM moet asb nie in julle opskrif noem dat dit ‘n aktrise is as julle nie die naam bekend kan maak nie! Die meeste mense lees dan hierdie berig NET om te sien wie dit is en nie oor dit wat met iemand gebeur het nie!

Maria ·

Dis slegte nuus. Ai ek wens die mense wil meer paraat wees!!!!

Adri ·

Gelees daar is nie geld vir kos vir die honde eenheid se honde nie. So hulle is besig om te vrek van die honger en kan nie werk nie.

Ai tog ·

MM se kleinhoewe in die Lanseria omgewing Wes van Ceturion??? Netwerk24 se in ‘n landgoed in Randburg??? Nou waar het die voorval regtig gebeur???

Jaaiks ·

Dit klink vir my op n kleinhoewe in Randburg in die omgewing van Lanzeria wes van Centurion..of in Sutherland

T ·

Nou wi ek net graag weet. Die persone wat nie wil weet wie dit is nie. Hoekom het julle dan in die eerste plek die berig gelees? Party mense is nie nuuskierig soos julle dit noem nie, maar eintlik besorg. Ons het so min goeie akteurs en aktrises. Ons moet besorg wees oor hulle!

Jaaiks ·

As sy in Mzanzi speel sal niemand weet nie..ek dink daar is about 3 mense wat dit kyk..dankie vir DSTV..
Hoop dit gaan goed met haar in elk geval..dis regtig iets wat nou elke paar minute in die land gebeur.

Bekend ·

Volgens Huisgenoot is haar naam Celia Kriel. Gaan google dit..

Lynette ·

Ai Tog, die landgoed is in Lanseria en Lanseria is nie ver van Randburg af nie. So ds maar in die area.

Michael ·

Ek moet weer vra wie val ons mense so aan is dit die russe ,viëtnamese gee vir ons die feite oor wie die aanvallers is wat die suid afrikaanse burgers aanval en vermoor ???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.