‘Al 40 000 skoliere sal geplaas word’

David Makhura, premier van Gauteng. Foto: Lindi Masinga/ANA

David Makhura, premier van Gauteng. Foto: Lindi Masinga/ANA

David Makhura, die Gautengse premier, het ouers Woensdag gerusgestel dat “alles moontlik gedoen sal word” om te verseker dat al 40 000 kinders wat nog op die waglys is by skole in die provinsie geplaas sal word.

“Hoe meer ons die onderwys en die resultate verbeter, hoe meer probleme het ons. Ons het migrerende leerders en hierdie is ʼn krisis van sukses,” het Makhura gesê.

Makhura het by die openingsgeleentheid van die nuutgeboude Nomzamo Madikizela-Mandela Primary School in Braamfischerville, Soweto, gepraat en gesê Gauteng se groei is deels die rede waarom daar ʼn skolekrisis in die provinsie is. Teen Dinsdagmiddag is 20 000 van die 58 000 leerders op die waglys by skole geplaas.

“Hoe meer tegnologies gevorderd skole raak, hoe meer sal ons hierdie krisis van sukses hê,” het Makhura gesê. “Ons is besig om aandag te gee aan die probleem van skole. Dit sal nooit heeltemal eindig nie omdat die provinsie so goed doen en onderwys soveel verbeter. Daardie sukses veroorsaak ʼn krisis.”

Makhura het by ouers gepleit om “saam met die provinsiale onderwysdepartement te werk” en die skole waar hul kinders geplaas word te aanvaar, aangesien baie skole nie meer plek vir leerders het nie. “Ons wil saam met ouers en skole se beheerliggame werk. Kom ons werk saam om seker te maak dat kinders wel geplaas word. Wanneer ʼn skool vol is, moet nie daarop aandring dat die kind daar moet skoolgaan nie. Dit sal die resultate affekteer,” het Makhura gesê.

“Ons bou skole van die toekoms om te verseker dat kinders ʼn blinker toekoms as hul ouers het – wat in moeilike tye grootgeword het.”

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, het vroeër gesê ongeveer 1 300 leerders van die 40 000 op die waglys word by die Nomzamo Madikizela-Mandela Primary School ingeskryf.

“Ons breek die rug van dié faktore wat onderwys in hierdie township gekniehalter het. Nomzamo Madikizela-Mandela Primary School sluit aan by die lys van elite skole wat ons geopen het. Ons het ons daartoe verbind om elke maand, tot aan die einde van 2017, sulke skole te open,” het Lesufi gesê.

Hy het gesê agt nuwe skole vir kinders met gestremdhede sal in Gauteng geopen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Klara ·

Kyk as dit nou 4000 was was daar nog hoop, maar hoe prakties is dit om te verwag 40 000 moet nog geplaas word in OORVOL skole? Dis belaglik, julle moes vooraf voorsiening gemaak het maar soos gewoonlik is dit weer iemand anders se skuld en iemand anders se probleem. Ons noem dit INCOMPETENCY!

JakesJ ·

Daardie imposante ruiker op verhoog? Dit kon aangewend word fondse ‘n leerder.

Alida ·

Word nou 24 jaar later wakker!!!!!! Julle moes toe al begin skole bou het toe julle die bollie sien aankom het. Nog meer mense wat oor 18 jaar werkloos sal wees sonder geleerdheid. Kry vir julle.

TM ·

Verduidelik ‘n suksesvolle krisis? As hulle suksesvol beplan het sou daar nie ‘n krisis gewees het nie. Ek het ‘n gevoel daar gaan nou skole met 120 leerders in ‘n klas wees net omdat hulle kinders indruk in oorvol skole en dan gaan hulle net sê There, we fixed it. Ek moet sê hulle het ‘n talent om met woorde te speel dat niks ernstig klink nie.

Stem saam met TM ·

TM – Ja ek het ook ongelukkig die idee gekry dat by skole waar daar 25 in ‘n klas was, nou 70 ingeprop gaan word, en dan moet daar nog onderwysers aangestel word wat die vak in al die tale kan aanbied aangesien dit weer rassisme sal wees as dit net in een taal aangebied word. NAILED IT!! Sterkte , so bly my kind is klaar met skool maar as hy nie was nie, het ek hom in ‘n CVO skool of privaatskool gesit .. Hierdie ‘staatskole’ gaan in ons almal se gesigte ontplof.

antwoord ·

Hoekom word die klasse nie verdeel na x hoeveelheid gaan in die dag skool en y hoeveelheid gaan in die aand skool. So skep ons moh werk vir onderwyssers en ekstra inkomste vir busse en taxi’s. Het net gewonder he he he

Asjas ·

Dis agv van daai “werk in die aand” dat daar so baie kinders is wat moet skool toe.

Irene ·

Elke jaar hierdie tyd wil hulle mense gerusstel maar deur die jaar word daar niks gedoen nie verdomp begin skole bou os bou hulle groot mooi huise

Asjas ·

Maar het julle nie geweet dit is alweer JvR en Apartheid se skuld nie?? Ons moes al 2000 jaar terug toe ons hier aangekom het, geweet het daar gaan te min skole in 2017 wees. Weereens het ons die huidige regering met ‘n gebroke infrastruktuur gelaat! Sorry, alweer die witman se skuld ne?

zoom zoom ·

Haal die wat dit nie gemaak het om na die volgende graad regaan wat reeds 2 keer gedop het uit die skole en dan sal daar meer plek wees

Dereck Le Roux. ·

Skole word kwansuis gebou of is in aanbouing maar wat van honderde skole landwyd wat toegemaak word weens dalende leerlingtalle en honderde wanfunksionele townshipskole waaraan die onderwysdepartement net eenvoudig net nie aandag aan gee nie?

zelda ·

Intussen word al die plaasskole stilletjies toe gemaak en opgebreek – plaaswerkers kan nie meer hulle eie kinders in die week sien nie.

PJ ·

Ek dank die Here opreg elke dag dat ek my kind se pvt skool kan bekostig. Dit is so ‘n seening op die oomblik….en ek voel innig jammer vir die Afrikaanse skole wat so verniel en gebully word ?

G ·

Dit kom daarvan as die staat mense betaal om kinders te hê. As daar nie so iets soos ‘child grants’ was nie, sou daar nie nou die probleem gewees het nie, maar nou kan elkeen mos ‘claim’ vir 6 kinders? Daar word mos nie verder gedink nie. Ek sien vandag een wat vra wanneer hul Januarie se SASSA geld kry want sy moet skryfbehoeftes gaan koop. Sy het mos vir die regering gestem, so hul moet betaal, sê sy. As ons belastingbetalers ook maar net so kon sit en wag dat die regering vir ons sorg.

Elize C ·

Jy slaan die spyker op die kop, G. Ek het ook nog altyd gesê vat weg die “grants” vir die feit dat ‘n vrou ‘n kind in die wêreld gebring het wie sy geweet het sy nie finansiëel gaan kan bekostig nie (ek veralgemeen nou nie). Almal met ‘n greintjie verstand weet 80% van daardie “grant” word nie vir die kind se versorging/opvoeding aangewend nie. Vervang die fisiese geld-bedrag met “tokens” vir dieselfde bedrag, wat spesifiek NET geruil kan word vir baba-kos/klere by deelnemende handelswinkels, en afhangende van die kind se ouderdom, wat ingegee kan word by geregistreerde kleuter- en onderig- skole. So “help” die regering mos dan steeds, maar is dit gewaarborg dat dit vir daardie kind gebruik word, en nie deur die ouers uitgemors word op hulself, terwyl die kind pap eet by die huis en daagliks met dieselfde geskeurde hempie aan sy lyfie (en dis al) in die strate ronddwaal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.