Anargiste sal oorneem as ons uittree, sê Zuma

Pres. Jacob Zuma op 1 Mei 2016 tydens die Werkersdag-byeenkoms in Mamelodi, oos van Pretoria (Foto: Skermskoot uit YouTube-video)

Pres. Jacob Zuma op 1 Mei 2016 tydens die Werkersdag-byeenkoms in Mamelodi, oos van Pretoria (Foto: Skermskoot uit YouTube-video)

Pres. Jacob Zuma het Sondag tydens sy Werkersdagtoespraak gesê indien die ANC mag sou verloor in Suid-Afrika, sal anargiste oorneem.

“Demokrasie laat toe dat ons elke vyf jaar, die mag skud en evalueer, om te kyk waarheen die mag moet gaan. Ons moet nie die mag verloor nie. As ons die mag verloor, sal die land in die hande wees van chaotiese mense, anargiste, en ons sal in die moeilikheid wees,” het Zuma in Mamelodi, oos van Pretoria, gesê. “Daar sal nie ʼn beweging vorentoe wees nie. Ons moet weet dat die werkersklas in elke land die meerderheid is. Dit is die werkers wat dit moet verstaan.”

Zuma het gesê die party sal “mense hanteer wat te veel praat”, terwyl die ANC sy veldtog verskerp voor die plaaslike regeringsverkiesing op 3 Augustus.

“Ons sal vir die land verduidelik wie hulle is. Wat hulle probeer om te doen. Ons sal alles hanteer wat al gesê is.”

Zuma het gesê die ANC het al talle progressiewe wette ingestel om vir die saak van die werkersklas te veg en om hul regte te beskerm. “Sou hierdie wette daar gewees het sonder die ANC? Nee. Sonder die ANC aan bewind sal hierdie land in groot moeilikheid wees,” het hy gesê onder luide toejuiging van duisende mense wat die byeenkoms bygewoon het.

“Ons grondwet hou ook ander regte in wat belangrik is vir werkers, byvoorbeeld die reg tot water, behuising en ander sosio-ekonomiese regte, die reg tot toegang tot inligting en aanspreeklikheid van staatsondernemings.”

Zuma het gesê die ANC-alliansie met die SA Kommuniste Party en vakbondfederasie Cosatu is gemeenskaplik voordelig. “Ons leiers, wat wysheid het, het gevoel dat die werkers op hul eie nie genoeg is in die Suid-Afrikaanse konteks nie. Dit is belangrik dat die hoofparty van die werkers georganiseerd moet wees en saam met die werkers werk, en ook die denkproses van die werkers moet vorm, en ook saam met die ANC moet werk sodat almal mekaar kan beskerm. Ons het mekaar meer nodig as wat ons dink.”

Video van pres. Jacob Zuma op die verhoog (Video deur die gebruiker Maryke Vermaak op YouTube gelaai):

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Otter ·

Die potjie noem die ander potjie swart. ANC het juis aan bewind gekom na jare van ANC terrorisme. ANC het die land reeds in anargie gedompel.

Boetie ·

Ja-nee, President Zuma moet dalk definisie van anargisme nagaan – hy wou waarskynlik na ‘n nog meer wanordelike situasie as tans verwys (sou die ‘ander’ oorneem).

so ·

Die ANC sal net aangaan met wat hul nou doen… hulle sal dit net onwettig doen. Geskiedenis herhaal dit self.

Loon ·

Kyk dis iets om van te braak….elke keer as ek op Maroela kyk dan sien ek daai idiotiese gesig raak…miskien moet maroela net n swart kol op die prentjie sit dan weet ons van wie word gepraat.

Leon ·

Laat dit kom, ‘n vriend het destyds gese, (“come the revelution”, we’ll be all equal!). Ek wag vir hierdie HKGK.

Theuns ·

Zuma kon maar net gese het “julle onnoselles/ stem vir Korupsie” ek sal julle mooi kyk en altyd sorg vir die pap en vleis! En weet julle, wragtie waar, hulle gaan vir hom stem as hulle die kans kry wat ek betwyfel. Zuma gaan nie verloor nie die OVK sal mos daarvoor sorg dat die verkiesing geskaak word!

vreemde ·

Die ANC het nog nooit die gewapende streid afgesweer nie. Die groot vraag is, is die ANC in staat om die vernedering te aanvaar as hulle sou verower word by die stembus of net drastiese steun sou verloor.
Anargie kom, of ons dit wil glo of nie. Dit is mos die Afrika manier.

Jef ·

Hy praat oor chaotiese mense wel Zuma sit jou bril op en kyk na jouself in die spieel, dan sien jy die grootste chaoot van SA.

Rina ·

Se die een anargis vir die ander anargis……..al verskil die een is groter as die ander een…almal uit dieselfde klip gekap, net die streke verskil.

John ·

Die ANC wil die denkproses van die werkers vorm… ens. Sjoe, die mense wil ‘n totalitere staat vorm. Een brein wat dink vir almal. Malema sou nie skietgoed in die parlement gehad het as Zuma nie droog gemaak het nie en pres Zuma se naam sou nie so baie in die howe rondgele het nie as hy nie soveel kaskenades aangevang het nie. Mnr Malema is na die hand van pres Zuma grootgemaak. Hoekom nou fout vind. Die appel val nie ver van die boom nie.

Adrian ·

Benoude katte maak benoude spronge en die zupta is benoud kyk maar hoe lyk hy elke dag al hoe ouer en meer bekommerd. Jy zuma het die pragtige land in die grond ingeheers dit binne n paar jaar nou het jy die vermetelheid om dit te se loer maar liewer oor jou skouer malema het jou in sy visier

Wat-ek-lees ·

Elke land het sy regering wat hy verdien.
Stem vir die een wat die minste beloftes maak want hy/sy sal jou die minste teleurstel.

Bach ·

Die man het geen skaamte nie. Hy behoort glad nie in openbaar te verskyn nie. SA het tans geen president nie!

Chris ·

Jaaaa, press – e – dent, kyk hoe anargisties gaan dit in die Wes Kaap en in die Vaal Driehoek met ‘n ander politieke party as die cANCer wat aan die stuur van sake staan. Dit is ‘n skande dat dit in daardie gebiede beter gaan as die res van die land waar die cANCer in beheer is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.