ANC besorg oor intimidasie, dreigemente

Argieffoto

Die ANC het Sondag sy kommer uitgespreek oor ʼn “klimaat van intimidasie wat Suid-Afrika se politiek binnesluip”.

“Daar was die afgelope paar maande al hoe meer berigte van politieke leiers, aktiviste en joernaliste wat beweer dat hulle deur sekere elemente geïntimideer word oor hul posisies of oortuiginge. Sommige beweer dat hulle selfs doodsdreigemente gekry het,” het Khusela Sangoni, woordvoerder van die ANC, gesê.

“Die ANC beskou hierdie dreigemente in ʼn baie ernstige lig en doen ʼn beroep op diegene wat gedreig is, om dit by wetstoepassers aan te meld, wat die bewerings kan nagaan en ondersoek. Hierdie tipe gedrag is teenstrydig met die samelewing wat ons probeer bou.”

Sangoni het bygevoeg vryheid van gewete en assosiasie is van die regte wat aan almal toegestaan word onder die Grondwet. “Suid-Afrika se geskiedenis is deurspek met geweld en onderdrukking van die media. Politieke onverdraagsaamheid sal Suid-Afrika terugneem na ʼn pynlike verlede wat nie herhaal moet word nie.”

Hy het gesê dreigemente teen individue oor hul politieke of ideologiese oortuiginge is ʼn aanduiding van intellektuele en morele bankrotskap. “Diegene wat in donker hoekies saamsweer en anonieme dreigemente maak en ander intimideer, moet beginselvaste en wettige vorme van bespreking nastreef, eerder as om só lafhartig op te tree.

“Die ANC doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om te verenig vir ʼn gemeenskaplike visie van ʼn pluralistiese samelewing en om ons vryheid, insluitend vryheid van spraak en assosiasie te bewaar. Ons sal nie toelaat dat ons land ʼn teelaarde word vir politieke onverdraagsaamheid nie – die verlede het bewys dit kan vinnig verander in anargie en wetteloosheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jacqui Moolman ·

Prov: 29:18 Where there is no vision, redemptive revelation, the people perish, BECOME LAWLESS, CAST OFF RESTRAINT ! J

Johan Pienaar ·

BossJoe,die ANC is gou om mooi broodtjies te bak wanneer hulle op hul blatante rasse diskriminasie gewys word . En dan loshulle dit net so in die lug. Geen verskoning.

Leendert ·

Hoe sal die ANC dan nou nie daarvan weet nie, maak asof hulle geweldig bekommerd is, rein is. Zweli Mkhize, een van die ANC se top ses het dan sommer ‘n paar dae gelede gesê die ANC sal hul jeugliga moet opvoed om verdraagsaam te wees teenoor diegene wat nie dieselfde mening as hulle het nie. Hulle sal moet leer, mense kan van hulle verskil.

William ·

Maar hulle doen dit dan self!..
Teen wie is hulle eintlik verdraagsaam?.

Chris Ws ·

Anc julle praat snert!Julle GAAN maai wat julle van 1994 tot nou af gesaai het.Kry vir julle!Die “minder bevoorregtes”in die NP bedeling het baie meer gehad as wat hulle nou onder anc bewind het.Hoeveel het sonder werk gesit tydens die blanke bewind teenoor wat nou werkloos is onder hul anc regime??Dis om van te lag!

Ange ·

Aangesien Zuma uitlatings gemaak het wat Jesus betref, moet hy dalk die Bybel lees: Wat jy saai sal jy maai.

Hoe lank saai die ANC haat en dreigemente?

Leendert ·

Jip, Zweli Mkhize, een van die ANC se top ses, het die ANC se eie jeugliga nou ‘n paar dae gelede aangespreek omdat hulle die gedenkdiens van Ahmed Kathrada ontwrig het, daar waar Prvin Gordhan verhoed was om op te tree, hy het gesê die ANC sal sy jeugliga moet opvoed om verdraagsaam te wees teenoor ander mense wat van hulle verskil.

Cherokee ·

Leendert, as ek jou reg verstaan het jy verkeerd onthou. Gordhan was gekomplimenteer maar Zuma was verbied.

Reti ·

Nee Cherokee jy is verkeerd. Die liga het moeilikheid gemaak. So erg dat Gordhan moes gaan.

Johan v H ·

Dis n groot grap. Hul intemedeur almal wat hul tee gaan. Bv die geheime steming oor Zuma se mosie van wantroue… Hul intemedeur hul LPs en is bang vir n geheime steming… Wonder maar net…

Basjan ·

Rampokkerstaat. Rampokkers het beskerming nodig teen wetsgehoorsame landsburgers.

Jakalas ·

Ek wonder of the ANC weet dat dit hulle mense is wat die intimidasie doen?

Moeg vir Narsiste ·

Bla bla bla…nou ewe skielik wil hulle “wetstoepassers” toe hardloop. Nou dat hulle bang word.
Wat van die meer as 50miljoen SA-ners wat deur hulle vrot leiding bedreig word?
Nee wat, hardloop swarrie, en gaan huil op ‘n hoop. Ons luister nie na ‘n pateet nie.
Julle het weereens bewys hoe narsisties en siek julle regtig is.

marous ·

Julle president en sy adjunk intimideer en dreig in openbaar en parlement sittings , elke dag.

John ·

Sogenaamde ‘eenheid’ ~ gespel onderdrukking ~ en ‘n handdruk-sakgeldjie 000 000 onder deur die tafel + 4 nuwe wiele en voetjie-voetjie ook onder die tafel en geheime ontmoetings met ryk raadgewers en terroriste-aktiwiteite en geheime beskermingseenhede en stille ondergrawing van die reg en agter-toe-deure uittrappery van kritici en geheime terregstellings van uitwykers… Ja-nee, die ANC voel erg bedreig… deur sy eie paranoiese jarelange werkswyses in die ondergrawing van die waarheid en demokrasie. Een dag by ‘n Christelike kerk en ‘n paar dae later knie voor ‘n glo Hindoe-fundi… wees bang, ja, baie bang…

snoefie ·

alweer n weerligafleier as jy my vra. die “dreigenente en intimidasie” moet nou die aandag van molefe se pensioen of nkandla opgraderings of n ander donker skelm plan weglei. die voorvadersgeeste moes seker die dreigemente en intimidasie oorgedra het want die eposse, briewe, notas, smse en enige ander BEWYSE VAN DREIGEMENTE EN INTIMIDASIE skitter in hulle afwesigheid.

Jean ·

LMGA .. that is rich coming from you. DIE ANC wat bekend is vir sy breinspoeling, intimidasie, dreigemente, omkopery, is nou skielik bekommerd oor die intimidasie van sy mense. Shame, toe julle ondersteuners al julle liegstories geglo het en in julle kampe geindoktrineer en leuens voor gevoer is, was intimidasie nie ‘n probleem nie, indimidasie was nie ‘n probleem toe julle mense gedreig het wat nie ANC stem nie .. nou dat mense vir hulleself begin dink nou is dit skielik INTIMIDASIE, seker weer ‘n DERDE mag? Daai ‘derde mag’ is die middelklas wat nou vir hulleself begin dink en sien hoe daar vir al die jare vir hulle gelieg is en rassehaat aangeblaas is sodat julle steeds al die stemme kan kry .. BIEKIE BEBACKFIRE nou hmmm? Nou skielik moet ons VERENIG en net more moet ons witmense lewendig geslag en begrawe word? Vryheid van spraak? Net vir ANC lede en politici, nie vir wit bloggers en facebook gebruikers nie!! Ons val nie vir julle ‘intimidasie’ nie hoor, dis nie asof ons almal Standerd 3 het nie.

Rudi ·

Haha maak my so lag ,Die ANC sit nou met hul rug teen die muur nou wil hulle die wet toepas deur aanmeldings te maak van dreigemente ,maar bedrieg en besteel die land ,nie net van geld nie maar van menseregte ,grondwetlikheid en talle meer ,n klomp lafharte as jy my vra maar geregtigheid sal geskied ons volk se God slaap nie ,diegene moet reg wees vir wat kom ,geld en status is niks by God nie ,bring it on ANC

Jan maak n plan ·

Dis die ANC se eie mense wat dit doen. Ou truuk van die ANC.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.