‘ANC se raspolitiek is gevaarlik’ – Solidariteit

Die foto van Anchen Dreyer, DA-LP, wat by die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad geneem is. Foto: Phillip Bruwer

Die foto van Anchen Dreyer, DA-LP, wat by die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad geneem is. Foto: Phillip Bruwer

Die vakbond Solidariteit het vandag gewaarsku dat die ANC se korttermynverkiesingsveldtog, wat op ras geskoei is, langtermyngevolge vir Suid-Afrika gaan hê. Die vakbond meen die ANC se strategie is om die verkiesing te omskep in ’n rassesensus.

Die vakbond het bygevoeg dat die DA se reaksie ongelukkig die rasse-agenda versterk. ’n Minderheid word gevolglik vasgevang in die rassedebat tussen twee partye om die hart van die meerderheid te verower.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gesê die ANC se kriminalisering van die Afrikanergeskiedenis is gevaarlik. “Hulle ontwikkel ’n narratief oor die geskiedenis wat hul rasse-agenda dien. Om [Paul Kruger] te beskryf as ’n genadelose, bloeddorstige rassis uit die koloniale era onder wie se bewind swart mense onderwerp is aan massamoord, marteling en die vernietiging van gemeenskappe, is ’n onverantwoordelike, gevaarlike, subjektiewe en vals narratief oor die geskiedenis,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig nóg ʼn herrie oor beweerde rassisme het Vrydag op sosiale media losgebars nadat ʼn foto van Dreyer, wat tydens Solidariteit se Toekomsberaad langs ʼn kartonuitknipsel van Paul Kruger geneem is, wyd versprei is. Keith Khoza, woordvoerder van die ANC, het op Twitter teen die foto uitgevaar.

Solidariteit waarsku dat, ten spyte daarvan dat dit mense vir korttermyn-politieke gewin opsweep, dit langtermynverdeling en haat tot gevolg kan hê. “Deurdat die ANC die Afrikaner se geskiedenis in sy totaliteit kriminaliseer, word Afrikaners gekriminaliseer en word ek ’n rassis bloot omdat ek ‘n Afrikaner is,” het Hermann verduidelik. “Dit is gevaarlike politiek van ’n meerderheid in mag. Onderliggend is daar ’n desperaatheid in die soort politiek van ’n party wat besig is om as regering te misluk en weerligafleiers soek om ondersteuners te mobiliseer.”

Hermann voeg by daar is verskillende narratiewe oor die geskiedenis en ons moet ruimte daarvoor in Suid-Afrika skep. “My narratief oor Kruger is dié van ’n held wat teen ’n koloniale mag geveg het. Hy simboliseer ’n stryd vir vryheid. Ek is trots op sy bydrae tot die geskiedenis en gedenk hom graag. Vir baie Afrikaners is Kruger een van die grootste Afrikaners van alle tye. Die ANC se siening oor Kruger is niks anders as ’n belediging nie.

“Kruger was ’n wyse ou man en een van die wyshede wat hy oorgedra het, was dat daar uit die verlede geneem moet word wat goed is en dat die toekoms daarop gebou moet word. Die ANC sal baie beter vaar as hulle dié wysheid van Kruger oorneem.”

Solidariteit sê hy gaan nie die belediging van Kruger en die kriminalisering van Afrikaners se geskiedenis aanvaar nie. “Om Kruger uit te sonder as slagter van mense, argitek van apartheid en dan nog vergelykings met Hitler te tref, gaan net te ver,” het Hermann gesê. “Dit is histories ongeloofwaardig en ontbloot die ANC as historiese propagandiste wat emosies opsweep. Ná hierdie tirade van die ANC kan niemand hul sienings oor die geskiedenis meer ernstig opneem nie.”

Volgens Hermann kan die ANC se siening van Kruger, as slagter van swart mense, die lig op die ANC se eie struggle-geskiedenis werp. “Talle helde in die ANC se storie was eerder slagters van mense, maar hulle word in die ANC-narratief mooi verpak as volkshelde. In ’n debat oor Suid-Afrika moet die ANC se narratief behoorlik uitgedaag word. Solidariteit gaan dit graag doen.”

Hermann het dit ook benadruk dat die geleentheid ter sprake nie ’n Kruger-herdenking was nie, maar die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad wat op 10 Oktober plaasgevind het. Dit was ook dieselfde dag as die ANC se beleidskonferensie en daarom was daar ’n tong-in-die-kies-plakkaat om Paul Kruger se “verjaarsdag” te vier. “Anchen Dreyer van die DA was een van 2 700 gaste en meningsvormers van oor ’n wye spektrum wat die beraad bygewoon het. Sy het geen toespraak gelewer of andersins daar opgetree nie. Dit is deur die ANC opgemaak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Liewe heksie ·

‘Bring it on’ ANC julle gaan val saam julle volkshelde

Jordaan ·

Dankie Solidariteit en Dirk Hermann. So bly iemand staan op vir my geskiedenis!

GES ·

Ek sal graag wil weet wat die ANC van Shaka en Dingaan te sê het siende dat hulle oom Paul so uitkryt as ‘n wreedaard en rassis?

Winston ·

Shaka en Dingaan was Zoeloes. As ek reg onthou volgens my geskiedenis boeke? Ons mag nie hulle “onbewese” dade aanhaal nie.

pjk ·

Dis reg en beide het duisende van hul eie mense daardie tyd vermoor.

Magda ·

Moenie vergeet dat Dingaan op “daardie dag” vir Piet Retief en sy makkers koelbloedig vermoor het nie. Ons moet ook besef dat die ANC en sy makkers ENIGE geleentheid sal aangryp en dit met rassisme “label”. Ek dink nie hul weet wat beteken rassisme nie, want daar heers nou groter rassisme in SA as ooit..

Berhalet Beukes ·

Ek troos my hieraan… Dawid het Goliat verslaan… Die grootste en sterkste vorste ter wêreld het al geswig voor God se Almag! “Bring it on ANC” julle mag is en sal altyd beperk wees! As dit klaar is is dit klaar!

kobus ·

Dankie oom Paul dat jy die aap uit die mou gelaat het, dat jy die geskiedenis vir ons gelaat het om te bewaar en te koester.

Jy gee soveel betekenis vir ons bestaan en om vir die toekoms te bewaar.

kobus ·

Ek lees hierdie, maar verstaan ek nie skere kommentare nie, ek is seker ‘n aap. Maar omdat ek na myself as ‘n aap verwys, is ek ‘n rasis, so Maroela sal dit nie plaas nie.

Henri ·

Duidelik besef die ANC hul lee beloftes is afgestomp en hul basis verklein, terwyl die offisiele opposisie se basis vergroot (kyk maar na uitslae bekendgemaak oor tussenverkiesings) hulle het toe met ‘n plan : “divide an conqer” vorendag gekom wat hulle hoop sal werk. Klap twee vliee wat hulle pla met een klap. die wittes (meerderheid stem DA) en die DA self. Hulle het dit maklik reggekry, veroorsaak ‘n heksejag op ‘n wit rassis (een Sparrow was die begin) skep die persepsie dat rassis net wit beteken en “whala” daar het jy dit. Vee haatspraak en aanhising tot geweld en selfs dreig om te moor onder die mat met “interne ondersoeke” en eis optrede teen Cliff wie net gese he “mense verstaan nie vryheid van spraak” nie. Alles grashalms in die werklikheid, net soos om te se “DA huisves Rassiste” en “DA kweek Rassiste” Die persepsie is daargestel, nie lank nie of elke witte voel dit persoonlik aan, maak nie saak wie of wat ons is nie, en voel ‘n nodigheid om onsself te verdedig. Dis enigeen se natuurlike reakdie en presies wat die ANC wou he. Dink goed na en probeer dit sien vir wat dit is : “‘n goedkoop (gratis media) voor-stemming Politieke veldtog om hul swak basis te probeer terugwen en terselfdertyd hul opposisie te verdeel in ”desperate poging om aan bewind te bly”
Die Fransman storie in die WP? Geen woord vanuit SAPS vir hoe lank al? Hy self al tweekeer intern “verhoor”, moet nog ‘n derde “verhoor” ondergaan maar nog steeds op sy pos en baie bedrywig met nog Rassis stories ens. Skat dit het te doen met die DA, tans aan bewind daar. Rassiste, Glo, bly bid en onthou, Eendrag maak Mag. Vat dinge vanwaar dit kom, Desperate gieriges.

Johan ·

Voilà – Originally a french term “Voi la” literally meaning ‘Look there!”
Often used to create suspence just before revealing a final result.

Penellope Jones ·

Ek het ‘n baie ontstellende berig op News24 gelees:

“White supremacists ‘third force’ behind #FeesMustFall Protests – ANCYL” Die ANC-jeugliga sameroeper vir die Dullah Omar-streek, Unathi Mtshotwana het genoem dat “white supremacists” die “violent protests” sou befonds, dat
“imperialiste” studente sou gebruik om te vandaliseer terwyl “imperialiste” se kinders in die buiteland studeer!!! .Die hele berig kan gelees word op News24 Liewe genugtig tog, hoe kan mens SO IETS dink en skryf??

hubert gainsford ·

Hierdie is net een van vele pogings, om die aandag af te trek van die swak publisiteit wat die ANC, nou net voor die verkiesings, beleef! Benoude katte, maak benoude, spronge!

jaco ·

Wat min mense weet is dat die Boere oorlog se oorsprong le in Paul Kruger se weiering dat die Rand Lords hongerlone aan die meestal swart mynwerkers betaal. Die Randlords was onder toenemende finansiele druk omdat die goud al hoe dieper gemyn moes word. Omdat die ware rede nie sag op die liberale Britte se ore sou val nie, is besluit om eerder die prys van dinamiet en Kruger se monopolie daarop te gebruik as rede vir die Jameson inval. Ook natuurlik dat uitlanders vir ooglopende redes stemreg geweier is. Gaan lees dit gerus op in Thomas Pakenham se gesaghebbende boek oor die oorlog. Paul Kruger was n Godsvresende man wat baie oorloer beleef het en dit gehaat het.

Johannes Meintjes ·

Die toenemende despraatheid van die ANC om aan bewind te bly (met ‘n internasionale agenda en borge agter hulle) raak al duideliker. Met goeie regering en ‘n uitblink ekonomie sou daar geen twyfel kon wees vir wie gestem moet word nie. Maar nou word daar elke dag meer rassitiese leuns geskep on gruwelike onbevoegthede te probeer bedek. Kan sulke gebrekkige integriteit ‘n volhoubare toekoms verteenwoordig? PRAAG se uitgawe van Paul Kruger, ‘n biografie deur D.W. Kruger, word ook vir ANC lede aanbeveel as ‘n voorgeskrewe werk.

andre de kegel ·

EK 74jaar en als ons klein was het ons baie veel oor zuid Afrika gelees en on he ook Afrikaanse liekies gesing en nu van als die swart mense aah die bewin es dan ga het nie meer so goe nie met zuid Afrika hulle rand es niets meer waard nie ons hoop da er nog alty blanke aan die bewenind sal wees ,kyk wat er met kongo es gebuur die sawrt mense veg met elkaar ons hoop da het nie sal met zuid Afrika gebuur en ja er kom nag baie veel wit mense zuid Afrika besoek

Moet nie gaan le nie Afrikaner! ·

Dus hul die anc se plan jy sien.
Vervreem die blanke Afrikaner van sy eie God deur lewe hard te maak vir hom, vervreem hom van sy kultuur, sy regte ,sy geskiedenis.
Vervreem hom van sy mede blanke Afrikaner sodat hul nie sal saam staan nie.
Probeer hom skaam maak oor die verlede en herhinner hom elke dag daarvan.
Vertrap alles wat deel was van sy verlede sy toekoms, sy taal ,sy vlag , sy menswees.
Maak hom glo, manipuleer hom dat al die wat naby sy hart is boos is.
Die waarop hy die Afrikaner eens trots was op.
Dit is wat hul probeer vermag.
Als wat niks met hul die abc en kie partye uit te make het nie maar wat hul blatant probeer vernietig en die meeste Boere,blanke Afrikaner aanvaar dit maar net, moet nie!
Dus my reg dus jou reg om ons God ons kultuur ons taal ons vlag ,ons oranje banje blou ons vierkleur ons Afrikaner wees uit te leef. Moet nie dat hul jul anders probeer laat glo nie.

Arie ·

Die DA het ook nou op die rasse wa geklim , hulle het geval vir die Anc se taktiek en my en talle ander se stem verloor

Dee ·

Jy kan maar by hulle bly – hulle het glad nie verander nie. Jy stem nog van die begin af vir een van die mees liberalistiese partye in die land, so moet nie probeer voorgee dat hulle verander het nie. Of anders, vertel ons wat aan hulle het verander. Julle het gekry waarvoor julle stem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.