ANC wil vergader oor Eskom

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Die ANC het ʼn vergadering belê vir die ministers van finansies, energie en openbare ondernemings om die voortslepende kwessie oor Eskom se steenkoolkontrak met die Gupta-beheerde Tegeta-maatskappy aan te roer.

“Dit is betreurenswaardig dat Eskom en die nasionale tesourie hul verskille na die openbare domein geneem het oor sake wat betref die aanstellingspraktyke deur die staatsbeheerde maatskappy,” het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, aan verslaggewers in Johannesburg gesê.

Die nasionale tesourie het Maandag gesê hy probeer al sedert April om inligting van Eskom te bekom wat met Tegeta verband hou, insluitend inligting oor geld wat aan die maatskappy voorgeskiet is, maar is met “weerstand” bejeën. Die tesourie ondersoek alle Eskom-kontrakte ter waarde van meer as R10 miljard om korrupsie hok te slaan.

Die tesourie het gesê ʼn lys van betalings aan Tegeta en fakture van die maatskappy tussen September 2015 en April 2016 is ook nog uitstaande.

Lungisa Fuzile, direkteur-generaal van die nasionale tesourie, het Eskom gevolglik skriftelik versoek om sy bewering, dat “alle Tegeta-steenkoolkontrakte met Eskom omvattend deur verskeie agentskappe geoudit is”, terug te trek, aangesien dit “duidelik nie die geval is nie”. Die tesourie het gesê hy sal sy verslag “met of sonder Eskom se samewerking” vrystel.

Eskom het hierop reageer en gesê hy het sy volle samewerking gebied tydens die tesourie se ondersoek, te midde van berigte dat hy meer as R130 miljoen se substandaard steenkool van Tegeta aangekoop het.

Lynn Brown, minister van openbare ondernemings, het Dinsdag Eskom glo gemaan om alle dokumente wat met Tegeta verband hou, aan die nasionale tesourie te oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sarie ·

Ek wònder waarom dink ek noù skielik aan die “nat steenkool” storie, tydens “Load Shedding”???

KarooKlong ·

Sarie, dit is nou skerp hoor. Jy is reg, daar was so storie gewees.

Johann ·

Is dit moontlik dat daar werklik n kans is dat korruote vergrype van individue en hul netwerke actually oopgevlek kan word en stopgesit word? Of het ZUMGATE sy skade berokken?

Ander Koos ·

Hoe gebeur dit dat Gwede Mantashe vergaderings vir Ministers reel? Kom “the power behind the throne” nou uit in die oopte?

Johann Marx ·

Die hele Eskom saga is “shocking” om die minste te sê…..O nee, sorry,….dis Eksdom…hulle kan niemand shock nie…..dis beurtkrag!! (As jy nie krag het nie, is dit nie jou beurt nie…..Wat van “beurt-belasting”? As dit nie die regering se beurt is nie…kry hulle nie belasting nie!!)

Sarie ·

Dis ook hoe ek voel. Swak dienste geen belasting maar nou het hul geRica tot in jou bankbalans.

John ·

Gwede wil terug na die ou dae van die MK en geheimhouding om die skyn-van-goedheid uit te straal soos in die ou dae toe die buitewereld net gegee en gegee het aan die verontregte terrorisme-vir-oorlewing-groepie. ‘Ag shame, how awful life… with those terrible Boers…’. Hulle eie mense stig die vure. Nie die pers nie. Gwede het nou glo van daai komberse bestel wat mens oor vlamme gooi om dit te blus. Lynn probeer glo ook nog agterkom wat in haar departement aangaan. Dit was darem koud die’ winter… Nee, die Guptas is lank nog nie weg nie en Des dink skynbaar hy is buiten vir die lekker MK-finansies ook nog baas oor die land s’n. Dit sou interessant wees om te sien wie het toestemming gegee vir die kontrakte vir die steenkool vanuit die swart skatkamers van ‘n goeie Indiese clan. En dan is daar die SAA en ons wapenbedryf en spoorwee en Eskom en Telkom en SAA en die SABC en SAA… en ‘n vliegtuig vir… Ek hoop ons bestel genoeg komberse. Japan voer ook deesdae uit… en goedkoop atoomkragstasies…

HANS ·

Wat mens dronkslaan is die feit dat benewens die verdagte finansiele inskrywings, daar duidelik ook geen kwaliteitsondersoek na die gehalte van die steenkool gedoen is VOORDAT die tjeks geteken is nie. Dit is tog n logiese eerste stap, veral as dit n transaksie van so n groot omvang behels.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.