Anika Smit-saak: ‘Hy kan nie onthou nie’

André van Wyk Maandag in die hof. Foto: Phillip Bruwer

André van Wyk Maandag in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Die jong man, wat homself aan die polisie oorgegee het in verband met die moord op Anika Smit (17), het glo geheueverlies en kan nie onthou wat tydens haar moord in Maart 2010 gebeur het nie.

André van Wyk (24) het Maandag vlugtig in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, verkragting en lykskending.

Die saak is tot 25 Oktober uitgestel, nadat die staatsaanklaer, adv. Tania Carstens, versoek het dat Van Wyk vir 30 dae na ʼn psigiatriese hospitaal verwys word vir behoorlike waarneming en evaluering, nadat Van Wyk op 22 September deur ʼn staatsgeneesheer by die Pretoria-Noord-kliniek ondersoek is.

In die staatsgeneesheer se verslag word gemeld Van Wyk lyk netjies en goed georiënteerd.

Hy het sy skoolloopbaan tot gr. 11 voltooi en is daarna na ʼn kollege, maar het nie sy studies voltooi nie.

Die staatsgeneesheer meen Van Wyk verstaan die erns van die aanklagte teen hom, asook die gevolge van ʼn moontlike skuldigbevinding.

“Hy kan nie beskryf wat tydens die voorval gebeur het nie en beskryf nie die relevante feite nie. Hy het geheueverlies oor die voorval en ontken hy sien drogbeelde of hallusineer,” lui die verslag.

Van Wyk kon konsentreer en het stil gesit gedurende die konsultasie. “Hy lyk kalm en wys nie veel emosies nie.” Hy het nie vorige of huidige psigiatriese toestande waarvan hy bewus is nie en is ook nie afhanklik van enige dwelmmiddels nie. Hy drink wel alkohol.

Die staatsgeneesheer het aanbeveel Van Wyk word vir behoorlike psigiatriese evaluasie by ʼn psigiatriese instelling gestuur.

Van Wyk sal in die Weskoppies-hospitaal in Pretoria opgeneem word, sodra ʼn bed vir hom beskikbaar raak. Hy sal tot dan in ʼn enkelsel in die hospitaalafdeling van die Kgosi Mampuru II-gevangenis in die middestad bly.

Anika is op 10 Maart 2010 in Theresapark, in die noorde van Pretoria, vermoor. Die moordenaar het albei haar hande afgesny en dit van die toneel verwyder. Sy is ook seksueel aangerand en het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad. Haar hande is nooit gevind nie.

Van Wyk het hom op 17 September aan die polisie oorgegee.

Lees alle vorige berigte oor Anika Smit op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Bosbok ·

Ek verstaan nie lekker hoe hy homself oor gegee het aan die polissie as hy nie kan othou wat gebeur het die aand van die moord nie? Of hy is die klits heeltemal kwyt of ek kan nog nie dink op hierdie Maandag middag nie

rudi ·

Bosbok. Ek stem Met jou saam. Hoe kan hy na 6 jaar onthou wat hy gedoen het. En nou dat hy hom oorgegee het, weet hy eweskielik niks. Daar is erens ñ skroef los.

Soekie ·

Hy lieg!!! Sy gewete het hom gedryf om homself oor te gee. Nou is hy spyt …. nou kom speel hy mal en vergeetagtig. Snert, geen regsgeleerde, sielkundige behoort hom te glo nie. Straf hom behoorlik!!! Geregtigheid asb. Vroue & kinders word net te maklik vermoor…. en die moordenaars kom maklik weg. Bitter hartseer vir agterblywendes … hulle betaal die prys ???

Jakes ·

Ek soek nou ‘n bed by Weskoppies:
Hy gee homself oor na 6jr, saak heropen in hof, en nou kan hy nie onthou???? Erens groot skroef los.

Tong innie kies ·

Die skroef is los in sy kop.Maklik om te se “Ek kan nie onthou nie”.n Paar warm klappe en hy gesels soos n African Grey sal begeer om te kan praat.

Koos1 ·

Jakes, ek stem, hy onthou hy moor maar kan nie onthou hy moor nie. Die ou behoort in die regering te wees…….dis die tipe antwoorde wat ek van hulle verwag.

Cherokee ·

Waar kom jy nou aan die gewete-storie? Waarskynlik die eerste een wat daardie bewering maak. Verduidelik dan waarom hy gevra het vir regshulp as dit ‘n gewetesaak sou wees.

Yolanda ·

Ek stem met IG en ander praat ook van sy gewete wat hom gepla het, nie net sy nie. Hoe gee jy jou oor aan die polisie as jou gewete oor die dade wat jy gepleeg het jou nie ry nie. Die man het dit gedoen en sy gewete het hom gepla dat hy hom oorgegee het, of hy het dit nie gedoen nie en soek net aandag en dan is hy sieker as siek. Hoop haar ouers sal die waarheid en wat met haar gebeur het hoor en dat hulle nie nog langer in die duister gehou word nie.

Frederik ·

Hier gaan ons alweer. Regsverteenwoordiger wat meer uit die saak wil maak as wat hy moet. Hoekom is daar nie ‘n wet wat jou en jou verteenwoordig as een kan vonnis nie. Dan sal die onskuldige onskuldig bly en die skuldige kry wat hom toekom. Hierdie is ‘n wêreldwye probleem. Klink dit nie meer ideaal nie?

Jakes ·

Frederik, jy leef ‘n droom! Daar sal wereldwyd te min regsgeleerdes buite tronke wees.

Leon ·

Daar moet ‘n wet wees dat mense wat sulke stupid kommentaar maak boetes opgelê word dan sal daar baie minder sulke stupid kommentaar wees.

Zumie ·

Frederik, ek sien die dag as die staat jou aankla hoe vinnig jy dan ‘n regsverteenwoordiger soek… en as jou wens waar word sal jy lank soek….

Estelle ·

Sjoe..soek die ou net publisiteit of is hy regtig skuldig aan haar moord…baie weird dat hy nog nooit nêrens geken of gesoek was en nou gee hy homself oor maar onthou niks….maak nie sin nie….

Elzabé Meintjes ·

Kom ons wag en hoor eers wat sê die psigiatriese verslae. Deesdae moet alles met ‘n knippie sout geneem word. Buitendien moet DNA hom seker op die moordtoneel plaas.

Aloma ·

Ai ek wonder of hy die persoon is, iets is nie lekker nie, hy wil ook nie teenoor sy ma oopmaak nie, wonder wat hier aangaan ek hoop maar die families kry antwoorde na soveel jare, en hoop nie hy hou almal vir die gek nie dit sal baie erg vir die alreeds getraumatiseerde families wees.

ToffieProffie ·

Kyk, dit kan wees dat hy wel ‘n paar eiers kort is van ‘n dosyn en nie kan onthou wat gebeur het nie omdat hy nie die moord gepleeg het nie. Jare gelede was daar ‘n fliek oor juis so ‘n gebeurtenis gewees. ‘n Man was verdink van moord en verkragting van ‘n jong meisie. ‘n Ooggetuie het hom in die omgewing van die misdaad geplaas ten tye daarvan.

Na intensiewe polisieondervraging het hy skuld beken op die misdaad. Hy is nie geforseer om te erken nie, hy het naderhand BEGIN GLO hy het dit gedoen. Selfs nadat die rerige misdadiger aangekeer was, met behulp van DNA bewyse.

Ek dink nie dis die geval hier nie, maar mens wonder maar. Miskien kan hy nie onthou want dit was te traumaties vir hom….

m ·

Hoe gerieflik. Miskien sal n klap teen die kop hom help onthou. Hoe vermoor jy iemand so wreed en dan onthou jy dit nie? Twak man!!!!!

Madsi ·

Meneer het skielik besef wat die implikasies vir hom gaan wees……tronk straf …….vryheid daarmee heen……voila skielike geheueverlies!!!!! Shame neh……….

Uvonka ·

Uhm, uhm……….kan nie onthou wat ek wou se nie. Dit is nou vreeslik gerieflik.

Vanessa ·

Ai ek weet nie maar die klink ook nie vir my reg nie. Hy kon nie aleen gewees het nie, hy is dalk te bang om te praat en se wie wel die moord gepleeg het. Ek persoonlik dink hy was net ‘n bystander. My mee gevoel vir alby se ouers :-(

Jean ·

Neewat, jy gee jouself nie oor vir iets wat jy beweer jy gedoen het, en kan dan skielik nie meer onthou wat dit was nie? Hiers erens ‘n groot skroef los. Of hy het dit nooit gedoen nie, en het alles opgemaak OF hy het dit wel gedoen en besef nou wat die gevolge van sy dade kan wees en is bang vir wat vir hom wag, want hy het dan vry rondgeloop vir 6 jaar.

Frans C ·

Dalk ‘n geval van selektiewe geheue verlies.Hy kon darem onthou waar die polisiestasie is.’n Dag tussen geharde misdadigers mag dalk tot herwinning van geheue lei.

Denise ·

Hoe gerieflik en so gan dit met die meeste mense wat moor of hulle kan nie onthou nie of drank, dwelms het dit veroorsaak wat ek nie kan verstaan nie is die daad is gepleeg nou verstaan ek glad nie en dan speel hulle die kransinnige!!!! dit is tragies n onskuldige mens moes boet met haar lewe !!!!

Scalla ·

Die drank wat hy gebruik word seker van uitveers gemaak, hoop geregtigheid seevier vir die genadelose uitvaagsel.

Waarheid seëvier ·

Dis nou ‘n gewete wat wil geweet van word …gee kans..hy gáán praat, dit sal hom tréf soos daaie gewete wat hy DOG hy het nie, die waarheid kom altyd uit. Siestog.

Georgie ·

Hy kan nie onthou nie…? Hierdie is net so min die moordenaar as die man in die maan. Sy kop raas dalk maar n moordenaar, ek glo nie…

MM ·

Die drog beeld wat hy sien is sy gewete wat hom so gery het dis hoekom hy hom self gaan oorgee het en oeps nou kan hy niks onthou nie.

Liewe heksie ·

Ek sou n skokstok byderhand gehou het vir die een of hy soek sy 5min of fame of hy is voorgesê om te sê om nie te onthou nie en ja daar is werklik stupit mense daar buite wat die blaam sal vat want die buitelewe kan hom niks bied nie maar ja ek as ouer hoop hy praat vinniger as wat hy vergeet want Anika se ouers het al meer seer gehad as wat n ouer kan hanteer

Magda ·

Dit is iemand se kind wat julle so oordeel ! en name noem as jy net ‘n klein bietjie intelligent is sal jy seker agterkom dat die kind het ‘n siekte toestand.

Wat ·

Oordeel? Mag mens dan niks van ‘n moordenaar meer se nie? Hy het iemand se kind doodgemaak. Siektetoestand of te not, nie almal met siektetoestande verniel ‘n meisiekind so en kap haar hande af nie. Dis tyd dat ons moordenaars en terroriste en verkragters begin veroordeel, vir te lank het hulle met alles weggekom omdat almal bang is vir oordeel. Dis (on)gelukkig nog wet in hierdie land dat jy nie mag verkrag, lyke mag skend en moor nie, en as dit oordeel is, so be it, iemand moet die slegte werk doen.

Tanneman ·

Ek mis die ou S.A…tien minute se ondervraging en hy sou sing soos Bles Bridges nooit kon sing nie…met die hulp van n ou plaastelefoon…

Jenny Thom ·

Dit is sooo tipies. Pleeg die verskriklike moorde, verkragtings, skeding van lyke, ens, ens en dan pleit jy net bewusteloos. HOekom het hy homself in die eerste plek by die polisie gaan oorgee? Dit is deesdae die inding. Doen alles wat ten hemele skree, en dan pleit jy net kan nie onthou nie, weet nie wat met my gebeur het nie, ens, ens.
Ek kan waarlik nie meer wag vir onse ABBA Vader om ons te verlos van hierdie korrupte, verwronge lewe nie. Daar is nie meer standaarde, beginsels, integriteit ens, ens nie. Sy beker is baie vinnig besig om “vol” te word. Asseblief ABBA Vader wees U arme volk barmhartig, genadig en kry ons jammer, baie baie jammer. Ons is dit nie werd nie en het teen U gesondig. Ons is nie meer die kop nie, maar het die stert geword. Vergewe ons asseblief, net U genade is vir ons genoeg!!!!!

john samuel ·

ABBA – soos die Sweedse sang groep !!?! “Yes sir, I can Boogey”….
Ek dog die kalant het n skrief los……

Ig ·

Cherokee,wakker word maat,die oorspronklikke berig het gelui dat hy hom oorgegee het omdat sy gewete hom gepla het.

Jef ·

Nou maar afwag wat die evaluasie uitwys, dit is beslis n baie vreemde saak.

Rachelle ·

Ek dink hy het dit dalk gedoen maar omdat hy nie skool klaar gemaak het nie was dit seker moeilik om aan die lewe te bly. Dit sou eerder sy rede wees dat die staat eerder na hom kyk in die tronk en wie kry deesdae lewenslange tronk staf??

Alta ·

Mens kan enige iets verwag van psigopate, leuenaars en manupileerders. Vir 6 jaar het hy stil gebly, ander is verantwoordelik gehou. Whalla toe skielik onthou hy, want sy gewete ry hom. Nou het sy gewete hom gelos en amnesia het ingetree.
Baie gerieflike en selektiewe geheue

E ·

As ek na hierdie storie kyk staan die okkult en donker kant van die spirituele wêreld baie duidelik uit. Ek dink hierdie man (kind) word gebind en onderdruk deur ń baie sterker mag as hyself. Hy was ingetrek in baie duistere, donker dinge.
Wie weet miskien is hy geframe? Ons besef nie altyd hoe siek die okkult is nie en nog minder wat werklik daar aangaan.
Dit is so hartseer om te sien hoe jongmense hul lewe verloor juis deur beloftes van mag en sogenaamde brotherhood, net om later uit te vind dat daardie ń lee belofte was en die mag daarin geslaag het om jou lewe te verwoes.

Attie Dippenaar ·

Net Nuus
Die Jong skoolseun “ninja ” wat n ander skolier met n swaard by n krugersdorp se skool vermoor het, word steeds in die staatshospitaal aangehou.

Tien sente ·

Dis baie maklik om hom uitmekaar te trek as jy hom nie ken nie. Die volgende feite : hy gebruik nie dwelms nie, hy is ordentlik, hy het nie wat genoem word “verkeerde vriende” nie, hy het ‘n goeie ouerhuis, goeie ouers en is nie ‘n leuenaar nie. Hy is verantwoordelik, het goeie maniere en hanteer mense met respek. Die skuldige gewete? Die koerante het berig dat sy gewete hom so gepla het, dat hy homself gaan oorgee het. Gewoonlik pla net ordentlike mense se gewete hulle. Gee kans dat die ondersoek eers gedoen word en dat al die feite uitkom. Sterkte aan albei kante se families.

Cherokee ·

As jou kommentaar uitmekaar getrek word staan die volgende vraeduidelik uit – hy is nie ‘n leuenaar nie maar het sy skuld vir soveel jare weggesteek? ‘Ordentlik’ maar hy doen (en erken) waarvoor hy aangekla is? Gewete wat ses jaar geneem het om hom te oorreed? Intussen kon hy met homself saamleef. Daar is nie ‘n manier waarop jou beskrywing kan aanpas by ‘n skuldigbevinding nie.

Sherlock Holmes ·

Jy dink jy ken iemand tot so iets gebeur.
Ja jy sê hy is ordentlik en het goeie maniere waarom wil hy nie eers oop maak teenoor sy ma as almal hom so goed ken nie? dan het mens mos nie nodig om te wonder nie. Punt as as jy sommer kan sê hy gebruik nie dwelms nie dan kan jy mos sê hy het nie moord gepleeg nie. Daar is baie goed wat kinders aanvang sonder dat ouers weet.
Hy kon betrokke gewees het met iets en sy ouers het nie geweet nie dis hoekom hy in die gemors beland het in die eerste plek. Hy moet asb net eerlik wees en die waarheid praat vir sy ouers en haar ouers se onthalwe

Sherlock Holmes ·

Jy kan die mooiste persoonlikheid hê.
Jy die model kind wees maar kyk wat gaan aan in ons samelewing ryksmanskinders moor ook sommer hulle eie families. Hier gaan dit nie oor opvoeding nie dit gaan oor die daad wat die persoon gepleeg het. Verantwoordelike persone sny nie ander se hande af nie. Hy het seker dan in jou oë vernatwoordelik moord gepleeg om haar hande af te kap en die DNA van die toneel te verwyder. Die misdaad wat gepleeg is is SIEK. Gewete pla jou nie ses jaar nie. Jy gaan nie so `n moord pleeg en gaan die volgende dag normaal aan nie. Hy is duidelik besig om iets in die mou te voer en dink dis nie regeverdig teenoor sy of haar ouers nie. Ek kan heeldag hieroor aangaan dis so verkeerd as `n regsverteenwoordiger jou voorsê.
Hoekom in die eerste plek vir `n regsverteenwoordiger vra as jy voel jy is skuldig?
OH BOY something is cooking…..

yolandi ·

Moordenaar of nie, hoop nou net die hande-raaisel word eindelik opgelos….

Estelle ·

Ag ASB……..hallo my naam is ??? Ek het die meisie vermoor 6 haar terug …ek kan nie saam myself leef…blah blah……MAAR EK ONTHOU NIE….EN HIER KOM N HERHAALING VAN N BEKENDE SAAK. TOEMAAR BOETIE NET N PAAR MAANDE DAN HET JY KLAAR JOU STRAF UITGEDIEN…….MOORD IS MOS IN S.A NIE MEER N ISSUE NIE.

Vra maar net ·

Ek wonder of die outjie nie net ‘n sieklike begeerte na aandag het nie…..

charmaine ·

As sy gewete hom pla dan voel hy mos skuldig(oor iets), nou wat wil hy nie onthou nie, dalk haar skree om hulp, haar trane die angs in haar oe? n Persoon met n gewete dink nie eers daaraan om n ander persoon leed aan te doen nie. Maar die ou lyk sommer so bietjie van die pad af!

Maritza ·

My opinie is as hy kom ons se onskuldig is en homself oor gee is hy defnitief nie lekker nie, maar kom ons se hy is skuldig en sy gewete het hom begin pla of hy dit alleen of saam iemand gedoen het dink ek ook die realiteit van wat hy nou gaan moet face het nou in vrees verander wat omgesit word in n nuwe rede van “hy kan nie onthou nie” sou hy we’ll die hartseer van die hele daad nie alleen realiseer het nie hoop ek hy onthou wie saam hom hierdie ongelooflike hartseer misdaad en seer create het. Mag haar familie nou al hulle antwoorde kry dis my wens.

Anel ·

Ag my genade. Ek kan my nie ondink hoe Anika se ouers nou weer moet voel nie. Hulle is al deur soveel en nou weer ‘Ek kannie onthou nie’ Ag nee hel man!!! Kom net uit met die waarheid of is dit lekker vir jou om speletjies te speel

My Mening ·

Dit is ‘n manier om ‘n ligter vonnis te kry. Pleit “insanity” en jy gaan na psigiatriese hospitaal vir jou vonnis tydperk, met die kans om heelwat vroër vrygelaat te word as hy “genees” is. Dan bly hy ‘n lafaard!

Henning ·

Mense onthou daar is nog ander kinders in daai huis wat ook kan lees. Hierdie mense se huis is nou op sy kop gedraai want niemand in daai huis het dit verwag nie. So voor iemand its SE DINK N BIETJIE

Annelize ·

Hierdie ou word afgepers en aangese om hierdie verklaring te doen, Vermoed en sien duidelik vuilspel hier betrokke

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.