Apartheidsgeld: Betogings by Absa-banke verwag

absa 01

Argieffoto.

Ondersteuners van die Black First Land First (BLF)-beweging het aangedui dat hulle Woensdag by verskeie Absa-takke in Gauteng gaan betoog om aan te dring dat die bank die sogenaamde “apartheidsgeld” terugbetaal.

Dit volg nadat adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), bevind het dat Absa, voorheen Bankorp, tussen 1985 en 1995 ʼn onwettige reddingsboei van die Suid-Afrikaanse Reserwebank ontvang het. Sy het die verslag verlede Maandag tydens ʼn mediakonferensie in Pretoria bekend gemaak en het aanbeveel dat R1,125 miljard deur die Spesiale Ondersoekeenheid van Absa verhaal word.

Mkhwebane het verder in die verslag aanbeveel dat die Grondwet ook gewysig word sodat die hoofdoel van die Reserwebank sal wees om die sosio-ekonomiese welstand van landsburgers te beskerm.

Sy het voorts gesê die Reserwebank en die parlement moet gereeld vergader sodat daar betekenisvolle sosio-ekonomiese transformasie bewerkstellig kan word. Die OB het die Reserwebank gekap omdat sy reken hulle het versuim om die geld van Absa te verhaal.

Absa het kort daarna aangedui die bank handhaaf sy mening dat hy geen verpligting het om enigiets aan die Suid-Afrikaanse regering terug te betaal nie.

“BLF begin vandag sy pay back the money-protesaksie in Gauteng. Betogings sal by meer as 20 Absa-takke in die provinsie gehou word,” het Zanele Lwana, die beweging se nasionale woordvoerder, in ʼn verklaring gesê.

“Die vreedsame betogings se doel is om bewusmaking te skep oor die korrupsie en arrogansie van Absa-bank.”

Lwana het gesê ná die OB se bevinding het die beweging ʼn brief aan Absa geskryf en aangedring dat die geld so gou as moontlik terugbetaal word. “Absa weier egter om aan die OB se bevinding gehoor te gee wat BLF noop om protesaksies van stapel te stuur wat later sal eskaleer tot ʼn nasionale staking by alle Absa-takke.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Lientjie ·

Nou begin sommer die belasting wat julle nie voorheen betaal terug te betaal . Ek het lone gedoen in die laat 1970 en begin 1980’s en LET WEL GEEN SWARTE het enige belasting op sy salaris betaal nie. Lekker gelewe in die ou regering!

BOLANDER ·

Ek stem saam Lientjie. En hulle gaan vir die res van hulle lewens moet betaal so ver is hulle agter!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

ek stem ·

Lientjie..Presies.
Ek wonder of hulle die geld wil hê vir hulself. En dit was belastinggeld van die kolonialiste wat na die reserwebank gegaan het. Hoekom wil hulle dit nou hê.
Voorts lees ek een leser noem iets wat baie waar is: Die aktiviste gaan so aan oor 90% van die ekonomie en eiendom wat in die “white monoploy/colonists” se hande is. Dit beteken dan dat 90% van die belasting deur die “white monopoly/colonists ” betaal word. So al die Staats amptenare se salarisse, RDP huise, en al die “grants” en gratis voordele word 90% betaal deur die “white monopoly/colonists”. As alles vir die Land First Black First gegee word kan ek jou waarborg die Staat gaan geen belasting kan vorder nie. Ek wens net ‘n mens kan die werklike belastingbetalers kry om ook te staak, toy toy en SARS kantore afbrand.

Anoniem ·

Gaan BFLF ook protesaksie reël by SAL vir al die “bail outs” wat SAL moes ontvang as gevolg van kaderontplooiing en die gevolglike patetiese bestuursvaardighede?

Leendert ·

Ja, die OB het haar laat lei deur die aktivis Stephen Goodson se boek: “A history of central banking and the enslavement of mankind”. En die kruks van die storie is dat buiten die ekonome wat die OB veroordeel, gaan sy nog teenspoed van die howe kry oor haar onregmatige bemoeienis. En die ergste van als is, sy het nie eens opleiding in finansies of die ekonomie nie, maar sy wil die tesourie en die parlement voorskryf wat om te doen. O’ja, en sy het die Rand met oor die 2% laat val. Swak Piketberg, swak. Eintlik ‘n skande vir die regsberoep.

Andre ·

Dit het niks met BFLF uit te waai nie, maar hul is “independent” van die regereing. So se nou vir my daar is nie iemand wat die toutjies trek sodat die poppe kan dans nie?…

snoefie ·

stop asb vir andile n jobmail in die hand. veryek hom stadig en rustig toe black first (pillagers en invaders) op die San se gebied, Suid Afrika, was. was geld onbekend aan almal. so hy moet maar die apartheidsgeld vir die kolonialiste los en gaan werk soek.

Scalla ·

Van die wat wil betoog was nog nie eers gebore gewees nie, hulle het iets gehoor maar weet nie wat dit beteken nie, volgens my is absa geen gelde verskuldig met die jare terug se reddingsboei nie, die transaksie is betaal en reeds deur voormalige senior lede van beide partye bevestig, party persone reeds afgetree, gaan betoog sommer ook by african bank wat deur ander bank kliente gesubsideer moes word deur n persentasie van hul geldmarkfondse, indien dit nie gebeur het nie sou hul ook gevou het soos saambou vroeer jare.

Weet Jy! ·

Ek stem saam met Bromponie hier bo. *Sug*. No words……

Soesie ·

Ek het iewers iets gelees van Sanlam-polishouers wat dalk hierdeur geraak kan word. Weet iemand iets daarvan?

Piet Pille ·

Kyk na S. A. L en ESKOM, gaan betoog daar, dit is tans waar die geld gemors word wat deur belastingbetalers bevonds word. Krap maar lekker ou koeie uit die sloot om huidige bedrog te verdoesel. Hoop Absa stop borgskappe vir sokker.

Daladin ·

So OutSurance word aangekla vir rasissme omdat daar net een swart man in hul advertensie was maar hier is n hele organisasie wat net Swart mense bevoordeel maar niemand se niks? LOL

Donovan ·

Ek moet se hierdie manne is optimisties hoor… Bankorp is n groter entity as net ABSA hoor… Perskor, Sanlam en n klomp ander mkpye…

KP ·

Waar kom hierdie dwaas vandaan en dan nog enige media dekking kry!!!!!!!!!! Verseker iemand se handpop. Hy moet net geignoreer word.

Anoniem ·

SARB behoort nie aan die regering nie, ABSA het dus in effek ook nie van die regering geleen nie. Is dit so moeilik om te verstaan?

Chaparel ·

Stel en let wel stel dat Absa bank die geld betaal dink julle nou regtig dat die geld aangewend word vir sosio-ekonomiese transformasie wat hulle beweer?
Natuurlik nie dit word verdeel tussen mense wat dit glad nie nodig het nie, maar net nog n manier om met ons witmense af te reken deur dit die sogenaamde apartheidsgeld te noem.

Piet Pompies ·

Hierdie reelings en kostes daarvoor se oorsprong is met komplimente van die Guptas. Die instansie sit hoog en droog in London en gee bloot die geld aan “Black First Land First” se leiers wat die geld gebruik om mense aan te ry en moeilikheid te maak.
Die leiers van BFLF is net daar vir die geld en het glad geen belange in die doelwitte waarvoor hulle staan, dit is ‘n betaalde werk.

Loeis ·

Oor of ABSA regtig geld verskuldig is kan ek my nie uitlaat nie, maar die rede waarom die spulletjie nou wil betoog is omdat dit “apartheidsgeld ” genoem word. As dit enigiets anders genoem is was dit nie vir hulle ‘n probleem ‘n probleem in hierdie land van korrupsie nie.

Frederik ·

Die ou is steeds kwaad oor Juluis hom uit sy EFF geskop het. Nou probeer hy enige ding om bietjie aandag te trek. Die BFLF kan onmoontlik nie op een dag by alle ABSA takke in SA betoog nie, want daar is meer ABSA takke in SA as BFLF lede.

Jan ·

Die OB het gedink sy het ‘n stok gekry om die Apartheids regering en die tesourie mee by te kom, maar nee, sy slaan toe net haarself met ‘n plank.

Rynhardt ·

ABSA skuld die Anc regering niks ! Chris Stals het dit reeds op rekord bevestig.OB ken nie hasr werk nie, die massas weet nie waarvoor hul betoog nie, nes hul nie weet wat aangaan in SA nie.

Jeannette ·

@Frederik – hulle gaan net in Gauteng by die ABSA banke se takke betoog – ag, ek wil dit nog sien. BFLF is ‘n spul anargistiese volksvreemdelinge wat stert tussen die bene sal weghol as ‘n Boer net vir hom “Wha!!!!” skree.

Lynni ·

Asb Maroela vind vir ons uit wat het gebeur by The Voice SA. Gekonkel of nie?

fuptas ·

Nou kan jy sien hu is blf in dir guptas se sakke hulle weet absa het mos zuma en guptas ae rekeninge gvries .oor miloene wat daar deur gaan ..nou brobeer hulle absa breek ..guptas is bje besig met hulle dinge

Chris Ws ·

Kry vir julle Gapsa!Eks deeglik ingeloop deur daai bank ‘n paar jaar gelede so ek het GEEN simpatie met hom nie!

Uvonka ·

Plaas hulle iets konstruktiefs doen en teen ons betoog omdat ons belasting betalers is!!! LMGA!

m ·

trek sommer eers die geld af vir alles wat al verwoes is deur hierdie mense.

Aag asb!! ·

Aag asb!! Die OB het nou weer met n klomp bollie begin en steek die werkers op. Dis mos wat hulle wil he. Regering kry mos eers BBEEE in plek en dan staak,brand,steel,verkrag en moor hul almal om hul sin nog verder te kry.

orius ·

Die huidige OB is n groot verleentheid an sal vinnig moet wakker skrik of anders gaan sy nog baie skandes maak,

Stoffel ·

As ek so na die kommentaar op Maroela se nuus artikels kyk sien ek swarigheid vir ons ou volkie. Mense hier is uiters rassisties en haatdraend en baie dan nog bloot dom ook. Dit moet baie onaangenaam wees om in ‘n land te woon waar jy soveel haat in jou hart ronddra teenoor die meerderheid van die bevolking.

ek stem ·

Stoffel,
Wat vir my verbysterend is dat hulle hardloop rond en praat van wit rassiste. MAAR ek dink Land First Black First is baie baie meer rassisties as enige blanke wereld wyd. Hulle haat blankes met ‘n passie OPENLIK. O ja ek het vergeet Rassisme is “rassisties” omdat dit net geld vir voormalige agtergeblewenis NIE vir die Europiers nie. As jy ‘n Black Lawyers Assosiation skep is dit OK..probeer nou ‘n White Lawyers stig dan is jy ‘n rassis. Rassisme is net van toepassing op voorheen agtergeblewenes. As Julius opstaan vir swartmense is hy ‘n Hero/Comrade maar as Steve opstaan vir die blankes is hy ‘n Rassis. Basies is enige Rassisme teenoor kolonialiste nie Rassisme nie.

Spikkel ·

Enige verskoning om te roof en plunder. Hulle weet tog nie wat vreedsaam is nie.

Johanna Botha ·

En dan vra die regering die banke om SAA weer te help met n lening

w ·

Raak liewer ontslae van die geskorsste persone wie by huis sit en miljoene ontvang en betaal dai geld by Absa in om vi die armstes huise te bou en werk te skep

CHRISTA ·

Wanneer gaan hulle die meer as R500 miljard wat die ANC sedert 1994 onwettig en wanbestee het van HULLE terugeis? Wat ‘n grap!! Dink daaraan: ‘n Ou wat meer as R500 steel wil iemand aankla wat R1,10 gesteel het!!! African National Circus!! HAHAHA!!!

Magda ·

Gaan betoog by ANC Hoofkantore en die Polisie vir al die geld wat deur Staats kaping gesteel is – en geskorste polisie hoofed wat vol salaris en bonuses kry teryl hulle NIKS doen nie, en dan ook by die gesondheids department wat nou ondersoek word oor Tender bedrog van R24miljoen – Dan het julle n se – ander BLY STIL WANT JULLE PRAAT OOK BAIE EN BEREIK EINTLIK NIKS.

Daniel ·

Ek het nie n problem as die “reddingsgelde” deur ABSA terugbetaal moet word nie maar dan geld dit vir alle instansies wat “gered” is. Wat goed is vir die een is goed vir die ander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.