‘As NVG Zuma nie aankla nie, gaan ons weer hof toe’

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die DA het Vrydag gesê hy sal weer die hof nader indien die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) die “ondeurdagte” besluit neem om pres. Jacob Zuma nie aan te kla nie.

Dit volg nadat die Noord-Gautengse hooggeregshof beslis het dat die besluit om 783 korrupsie-aanklagte teen Zuma oor die sogenaamde spioenasiebande te laat vaar, irrasioneel was. Die NVG het na afloop van die beslissing 14 dae om te besluit of hy weer die aanklagte teen Zuma gaan instel.

James Selfe, federale voorsitter van die DA, het Vrydag gesê die NVG het tot 23 Mei om teen die hofbeslissing te appelleer. “Daar is ’n paar opsies. Hulle kan aansoek doen om verlof tot appèl teen die beslissing. Die probleem vir Zuma en die NVG is dat die beslissing deur ʼn volbank regters gemaak is. Dit is moeilik om te glo dat hulle sal meen ʼn ander hof sal tot ʼn ander beslissing kom.”

Selfe het gesê indien die hooggeregshof die aansoek van die hand wys, kan die NVG na die hoogste hof van appèl petisioneer. “Die appèlhof kan moontlik besluit om die saak aan te hoor, maar ek kan nie dink dat hulle tot ʼn ander gevolgtrekking sal kom nie. Daar is seker ook die moontlikheid om die konstitusionele hof direk te nader, maar so ’n aansoek word selde toegestaan en ek twyfel of dit sal slaag.”

Volgens Selfe het Zuma ook die opsie om aansoek te doen dat sy vervolging permanent gestaak word. “Hy het in 2009 só ’n aansoek ingedien. “Weereens gaan dit nie baie maklik wees nie en sal hy ʼn hof moet oortuig dat ʼn saak wat so goed voorberei is summier laat vaar moet word. Tensy daar dwingende bewyse is dat ’n ander aspek van die saak foutief is, sou die meeste howe sê die verhoor moet voortgaan en die hof wat die saak aanhoor, kan besluit of die saak gebrekkig is.”

Selfe het gesê daar is ook die moontlikheid dat die NVG en nuwe nasionale direkteur van openbare vervolging, Shaun Abrahams, kan besluit om die aanklagte te laat vaar. “Hy kan aanvoer dat kanse vir suksesvolle vervolging afgeneem het weens die tyd wat verloop het.” Volgens Selfe het die hof se beslissing dit egter duidelik gestel dat enige besluit om nie voort te gaan met die klagtes nie wel rasioneel moet wees en hersien kan word.

Selfe het gesê indien Abrahams dus besluit om nie die klagtes weer in te stel nie, sal die DA sy besluit bekyk en ʼn hersieningsaansoek indien as dit blyk irrasioneel te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

john ·

sien daars n plan om die man te laat uitree!! hopelik en dan glo ek hy daardeur kwytgeskel gaan word vir sy onregmatighede

JC ·

Hy moet net gaan en n ware en verantwoordelike staatsman aangestel word los hom dan maar uit SA het genoeg bemoeienis met hom gehad tensy die vertraagde DA een of ander punt wil bewys ??-:)

Peet Boksburg ·

Passop ! ALMAL MOET elke keer stipuleer “jeens/vir al (999?) aanklagtes, soos voorheen”.

Piet Piper ·

Ek dink die ongeletterde president verstaan die getal van 783 ( die getal van die korrupsie klagtes teen hom nie) Sy brein kan dit nie self definieer en uitwerk nie. As dit die geval was dat hy wel kon, sou hy sy kop in skaamte laat sak het en bedank het. Andersins is hy slim genoeg om te weet die tronkdeure wag vir hom as hy nie meer president is nie.
Vraag: Watter ander land in die hele wereld het al so ‘n veelbesproke swak president gehad ?

John ·

President Zuma word glo net so baie bewonder soos die Openbare Beskermer. Sy selfvertroue ken nou geen perke nie, want hy weet die’ mense wat hy aanstel, is die enigste wat hom uit die kussings kan lig. En hulle sit so lekker op weelderige sykussings, hoekom sou hulle, want dan is hulle ook hul lekker lewe kwyt. Ons grondwetskrywers het opgeslip en Zuma weet dit al te goed. Die land se regters word ook deur hom aangestel. So?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.