Baba sterf ná pa glo oor haar ry

Argieffoto: https://pixabay.com

Argieffoto: https://pixabay.com

ʼn Elf maande oue baba is Woensdagmiddag dood nadat haar pa glo per ongeluk oor haar gery het by die gesin se huis in The Hague, Delft, in Kaapstad.

Daily Voice berig die pa het van die werk af teruggekeer en in trurat met sy Isuzu-bakkie by die erf ingery. Hy het na bewering nie sy babadogtertjie agter die voertuig gesien nie en oor haar gery.

Volgens die berig is die baba na ʼn nabygeleë brandweerstasie gehaas waar noodbehandeling op haar toegepas is. Sy is egter kort daarna dood verklaar.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn saak van strafbare manslag is aanhangig gemaak. Hy het gesê die omstandighede rakende die voorval word nog ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Maritza ·

My beste raad vir ander ouers is om doodseker te maak dat jou kinders agter die traliedeur toegesluit is en jou man/vrou kyk na hul of jy sit hul saam jou in die kar – want een oomblik is die kind binne en volgende oomblik is hul agter die kar.

sterkte aan die familie. Mag die Here jul vetroos in die moeilike tyd.

Ig ·

Maritza jy het seker nie kinders of kleinkinders nie want dit is net genade dat hulle veilig is .Soos blits is hulle waar jy nie gedink het hulle sal wees nie.Ek kry daai arme pa uit my hart uit jammer .

sioux ·

alle simpatie aan die ouers. bestee raad is om hulle in te laai. kleuters is regtig soos die oseaan. mens kan nie jou oog vir n sekonde van hulle haal nie. sterkte aan die pa.

Helena ·

Dis die aller vreeslikste ding wat met ‘n pa kan gebeur. Ons het soortgelyke tragedie in ons familie ervaar.Dis ‘n fratsongeluk waarmee die pa vir die res van sy lewe moet saamleef. Baie sterkte aan die gesin

Helene ·

Ag liewe hemel hierdie pa se hart is aan flarde> Ek bid die Hemelse Vader se beskermende en vertroostende arms om hom en sy vrou. Ek bid dat daar nie verwyte sal wees nie maar dat hulle vertroosting bymekaar sal soek.

Sandy Berry ·

This is SO tragic. Just shows how quick an accident can happen. Condolences to the family in this terribly sad time!!

Louisa ·

Dis soo hartseer…sterkte aan die familie ..kry daardie pa so jammer sal seker altyd homself blameer…maar ongelukke gebeur…so jammer …

J ·

Hartverskeurend geen ouer moet soiets oorkom ons moet leer uit gebeure. Mag geliefde deur die tyd genade ontvang. Baie jammer. Kinders word geleen aan ons . Sterkte.

Alida ·

Hou op klippe gooi. Dit was n gruwelike ongeluk. Kan net dink hoe voel die arme pa. Sterkte

Hannelie ·

Dis so tragies. Ñ ongeluk gebeur vinnig. Sterkte vir die mamma en pappa wat met hierdie moet saam leef.

Ilse ·

My hart gaan uit na al die ouers en grootouers, broers en susters wat per ongeluk en onbedoeld verantwoordelik was vir ‘n kind, kleinkind, boetie of sussie se dood. Julle dra swaar aan die hartseer en selfverwyt, maar God is naby die hartgebrokenes en sal al julle trane afdroog. My innige meegevoel.

Rosie ·

Ai Johann is dit nodig om.sout in hierdie stukkende pas se wonde te vryf?? Dink jy nie hy het reeds genoeg selfverwyte nie! Hoekom moet daar n strafbare manslag ondersoek wees? Dit was n tragiese ongeluk!!!

ken ·

Simpatie aan die ouers en ander familie.
Laat ons hom nie oordeel, die wat hom (die pa) wil oordeel vra eers of jy nie dalk in jou eie kinders se teenwoordigheid al gerook of gevloek het nie, of dit selfs toegelaat het! Híerdie pa sal vir die res van sy lewe met hierdie vreeslike gebeure moet saam leef.
Mag God julle vertroos!

ken benoni ·

Simpatie aan die ouers en familie, mag God julle bystaan in hierdie moeilike tyd!
Die wat nou so graag wil oordeel, as jy rook of vloek doen jy dit in die teenwoordigheid van jou kinders of laat jy dit wel toe in hul teenwoordigheid?
Staan eerder die mense by!

ken van benoni ·

Sterkte aan die ouers en familie, mag God julle bystaan in hierdie moeilike tyd!
Aan die wat graag nou wil klippe gooi vra jouself het jy nog nooit voor kinders gerook of gevloek nie, of dalk toe gelaat ?!

Andrea ·

Agge nee Johann, dit was n gruwelike ongeluk! Daardie arme pa sal vir ewig homself verwyt! Hoe kan jy so wreed wees!
Sterkte aan die gesin en veral aan die pa.

Juanita ·

Dis bitter hartseer sterkte aan die ouers en familie. Wens dit vir niemand toe nie , nie eers my grootste vyand nie. Mag die Liewe Jesus julle dra in die moeilike tyd.

E ·

Dit is baie traumaties en hartseer. Wat my egter opval is dat daar ń saak van strafbare manslag geopen is. As daar iemand is wat ons asb kan inlig, is dit die wet al was dit ń ongeluk?
Ek dink aan julle pappa en mamma, mag God jul rots wees en mag Hy jul beskerm, veral vir pappa wat nou deur hierdie aaklige regsproses van ons huidige reg. moet gaan. Sterkte.

Charmaine ·

My hart bloei vir die gesin,mag God julle vertroos in hierdie tyd. En veral vir die Pappa,

Sonja ·

Die verkeerde ouer word hier aangekla waar was die ma wat na die kind moes kyk? 11maande oud moet ten alle tye onder toesig wees. Die persoon was veronderstel was om toesig te hou mamma of nanny of wie ookal die persoon was dis die persoon wat verantwoordelik gehou moet word…My hart gaan uit vir die pappa die skuld gevoel is groot genoeg straf al was die situasie nie sy skuld.

Koekvurk ·

Hi. My kinders is groot maar weet jy hoekom…nie omdat ek fantastuea is soos jy nie. Nee. Omdat God my GENADIG was. Dis al hoekom dit goed gaan. Nie oor iets wat die ma of pa reg of verkeerd doen nie. Hoop jou perfekte lewe werk perfek verder vir jou uit….blameer die ma…asseblief!!!!

Koekvurk ·

Hi. My kinders is groot maar weet jy hoekom…nie omdat ek fantasties soos jy nie. Nee. Omdat God my GENADIG was. Dis al hoekom dit goed gaan. Nie oor iets wat die ma of pa reg of verkeerd doen nie. Blameer die ma…asseblief!!!!

Koekvurk ·

Nee wat. Dit kan jy nie se nie. Pasop dat so iets nie dalk met jou gebeur nie. Net God se genade beskerm ons.

w ·

Dierbare ouers. Soooo hartseer om van jul verlies te hoor. N ongeluk gebeur so vinnig. Sterkte.

Annie ·

Nou wonder mens hoe de hel gebeur so iets??? ek het self n seuntjie van amper 13 maande en hy is n besige mannetjie ek hou hom permanent dop veral waar water, karre, elektriese goed of skerp voorwerpe is. jy kyk mos voor jy ry en wa was die ma of persoon wat veronderstel was om na die kind te kyk? Baie onverantwoordelike ouers is my mening. sterkte aan julle gesin ek dra julle in my gebede op dat ons Vader julle harte sal heel maak na die “ongeluk”

Rosie ·

Wat presies het rook en vloek met hierdie saak uit te waai?
daar is nog nooit n kind dood omdat daar in sy/haar teenwoordigheid gevloek is nie en ja al julle gesoute moedertjies ek het self n kind en nog een wat in julie maand gebore word en ja ek vloek en raai wat my kind het nog nooit iets oorgekom van n vloek woord nie. Punt bly staan jy kyk waar is jou kind/kinders voor iemand n kar aansluit om te ry…….. ek verstaan baie mooi die was n vieslike ongeluk wat met hierdie pappa gebeur het en ek bid dat die Here hom dra en sy hart heel maak en al sy selfverwyt weg vat maar die hemel weet rook en vloek het absoluut niks hiermee uit te waai ni.

Rika ·

Aan die pappa.. dit kon met enige iemand gebeur het.. dit voel nie nou so nie.. maar na soveel hartseer en verwyt … sal dit beter word.. ek belowe.. Sterkte aan die familie ook

what a joke! ·

Ag nee eina.. Hartseer hartseer hartseer…nie jou skuld…die lewe is so wreed….genade..

Vetta ·

Sjo… My hart bloei vir hierdie familie!! Mag God Julle ekstra styf vas hou in hierdie tyd…

Karin ·

Al was dit n ongeluk is dit maar hoe dit gedoen word. my hart gaan uit na die ouer. Ons dink aan die Pappa en ook aan die Mamma. Moet hom nie verwyd nie dit was net n baie groot en hartseer ongeluk.

Peet J ·

Om kommentaar te lewer is absurd om dit met “klippe gooi” te vergelyk elke mens het sy reg om uiting aan sy emosies te gee met betrekking tot die onderwerp wat hom of haar aanraak. Ek sien niks daarmee verkeerd dat die omstandighede rakende die voorval ondersoek word nie, asook of daar enige toesig aandiens was.

PatetieseKommentaar ·

Ek kan my oe nie glo nie …. mekaar so veroordeel … vader die ouers het n kind aan die dood afgestaan en op so n tragiese manier … wie de hell dink julle is julle om nog te vra was is die ma ? dit was onverantwoordelike!!! … ek as ouer weet jy kan jou kind maar dop hou dit vat split sekondes onder jou OE vir n frats ongeluk om plaas te vind …. Dus hoekom mens dit n ongeluk noem want dit was nie doel bewus nie hell man my hart bloei vir die ouers …. daai pa moet die res van sy lewe daarmee saam lewe …. jullle perfekte gebrokselkies hoort nie in die samelewing nie …

Magda ·

Dis die ergste ding wat met enige mens kan gebeur. My boetie het ook jare terug so oor sy kind gery en gelukkig vir hom het sy bly lewe en is vandag self n ouer. Glo my dis nie iets wat jy enigiemand toewens nie. Baie sterkte aan die ouers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.