Babalykie in Pta-Moot gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn pasgebore babaseun is Vrydagoggend in Queenswood in Pretoria se Moot-omgewing gevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die baba is in ʼn asblik by ʼn woonstelblok in Shillingstraat gelos.

“Die woonstelblok se opsigter was besig om asdromme na buite te neem toe hy op die babatjie afgekom het. Die polisie is ontbied en die polisie het paramedici ontbied,” het Meiring gesê.

Meiring het gesê paramedici het vasgestel dat die baba al ʼn geruime tyd dood is en kon niks vir hom doen nie. Hy is op die toneel dood verklaar.

Kapt. Coba Brits, polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “Die nodige ondersoeke is reeds van stapel gestuur,” het Brits gesê.

Dit is nog nie bekend hoe lank of hoe die baba dood is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Maureen ·

Hoe kan n ma dit doen???? Daars mese wat graag kinders wil he wat nie kan kry nie. As jy nie n kind wil he nie gee hom op vir iemand wat wel een wil he wat nie kan kry nie.Sulke ma’s moet sommer doodstraf kry.My hart breek vir daai kind.Die baba het nie gevra om gemaak te word nie.baba net onskuldig.

Gesiggie ·

Soveel begeer n baba, maar hul sukkel om kinders te kry… dan kom so n ongevoeligge Ma en sy gooi haar baba sommer in n asblik, ? hoe kry n mens so iets oor hul hart.. daai klein baba kon dalk baie liefde van iemand anders ontvang het… maar nou is hy dood. ek hoop die Ma word opgespoor…. en dat sy sal boet vir wat sy gedoen het…

Skapie ·

As die baba lewend in die asblik gegooi is dink aan sy angs en aaklige dood. Ek se ook doodstraf vir so ‘n ongevoelige vrou

Cecilia ·

‘N ma sal nie so iets aan haar eie kind doen nie, maar ‘n demon sal… Sy sal brand in die hel. Ek raak so kwaad vir sulke goed. Gelukkig is die babatjie reguit huis toe na sy Pappa Vader toe. Ek hoop sy word gevang en vinnig ook.

François ·

Dis die 4de soortlike geval binne 10dae. Wonder hoekom word die ras in al die gevalle verswyg?!

Andrea van Vuren ·

Francois, pasop vir die woord “ras”. Jy haal dalk die voorblaaie omdat jy ‘n baba se ras bevraagteken. Ai tog!

Fanie ·

Sal ook graag wil weet ja: Hoekom word die ras verswyg? In ál die gevalle?
Ons sal nie weet wat is die omstandighede rondom so ‘n aksie nie, maar al wat ek kan sê, die mense dink nie meer nie, doen net, tot hartseer, pyn, leiding, ens vir soveel ander om hulle wat wel kan dink!

Omgekrap ·

Dis nie ‘n ‘Ma’ wat dit doen nie…dit is ‘n eiersel -donateur. Ek weier om die vrou die ‘ma’ te noem. Sy is nie die naam werd nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.