Bakkie ry drie dood

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Drie mans is Dinsdagaand in Polokwane in Limpopo deur ʼn bakkie doodgery.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 21:30 in Nelson Madelaweg in Seshego plaasgevind. “Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend. Volgens inligting van die toneel, het die bakkie drie voetgangers getref,” het Mathe gesê.

Die provinsie se nooddienste en Netcare 911 is na die toneel ontbied. Twee van die mans was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Een man het ernstige beserings opgedoen. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem, waar hy later aan sy beserings beswyk het.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SDA ·

as die regering die blankes wil kasty oor rassisme dan moet hulle by julius malema begin.Hy het met die propaganda begin nou word ons oor die kole gehaal oor ons terug veg.

Speedguard ·

Smaak my jy het die kat aan die verkeerde organe beet ……………….of was JUJU die bestuurder?

André ·

Het die bakkie die persone doodgery of die bestuurder van die bakkie?

Cherokee ·

Jy’s nogal reg. Het nog nooit gelees van ‘n pistool wat iemand geskiet het nie.

gerty ·

Ek ry elke Maandag oggend 200km om te gaan werk. Ry 04:30. Dis n wonder ek het nie al 300 mense doodgery in die donker nie. Meeste voetgangers het nog nooit agter n stuurwiel gesit nie en besef nie hoe gevaarlik is dit om op die teer te stap wanneer karre verby ry nie. In die donker kan jy hulle glad nie sien. Sommiges trek klere aan wat reflekteer maar loop nog steeds op die pad oppervlak. N mens kan nie uitswaai as daar n kar van voor af kom nie. Onnoselheid is n ernstige toestand!

Asjas ·

Jy praat nogal waar ding. Wat my nou weer pla is sekere mense wat helder oordag in die middel van die pad stap. Drie in die in baan, drie in die ander, uitgesprei natuurlik. Wat probeer hulle bereik?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.