Balfour-plaasmoord: Verdagtes in hof

Louis, Belinda en hul kinders. Foto: Facebook.

Louis, Belinda en hul kinders. Foto: Facebook.

Een van die verdagtes, ʼn 29-jarige man wat Dinsdag in hegtenis geneem is in verband met die moorde op die Smuts-egpare, het gister in die Balfour-landdroshof verskyn.

Hy het op vier aanklagte van moord, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en die besit van ʼn vermoedelik gesteelde voertuig verskyn. Die saak is tot 23 Februarie uitgestel.

Gert Smuts (78), sy vrou, Paulina (71), hul seun Louis (47) en skoondogter Belinda (42) se liggame is Dinsdag gevind nadat hulle reeds Maandag vermoor is. Maroela Media het vroeër berig dat Cherize (18) en Marcel (21) op een dag hul ouers asook hul oupa en ouma verloor het.

Die ander moordverdagte, ʼn 27-jarige man, is steeds onder polisiebewaking in die hospitaal en sal in die hof verskyn sodra hy ontslaan word. Die twee beweerde moordenaars is Mosambiekse burgers.

Die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met goedere wat tydens die moord gesteel is, is Nigeriese burgers. Die twee, onderskeidelik 20 en 30 jaar oud, het reeds Woensdag in die Balfour-landdroshof verskyn. Hul saak is tot 22 Februarie uitgestel en hulle bly in aanhouding.

Die moordenaars het ʼn Toyota Prado gesteel en daarmee van die toneel gevlug. “Die verdagtes is by ʼn kuierplek in die dorp aangekeer. Hulle het glo vleis en drank gaan koop,” het Wouter Nel, voorsitter van die Balfour-boerevereniging, vroeër gesê.

Maroela Media het vroeër berig die Toyota Prado is met behulp van ʼn Tracker-opsporingstelsel in Balfour gevind. “Toe polisiebeamptes die motor nader het die verdagtes op hulle losgebrand. Die polisie het teruggeskiet en een verdagte is gewond,” het sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, vroeër gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

tom ·

Zuma en kie is verandwoordelik vir al die aanvalle waar buitelanders betrokke is want hulle laat dit toe dat onwettiges maak en breek in die land want daar is geen grens beheer

Kiepie ·

Was daar enige betogers by die hof? Of mense wat vanuit die publieke gallery op die aangeklaagte gespoeg het?

Annie ·

Kiepie, ek stem saam, nou die dag hordes betogers oor n man in sy mielieland per ongeluk iemand geskiet het. Hoekom kan ons mense nie dieselfde doen, want ons hoor eers na die tyd dat plaasmoordenaars in die hof verskyn. Dit maak my woedend, want hul doen dit gereeld en ons bly maar stil.!!!!!

Vixie ·

Wat vir my kommerwekkend is, is die arrogansie van die moordenaars. Hulle probeer nie eers so ver van die moordtoneel af vlug as moontlik nie. Gaan net rustig in dorp toe om drank en vleis te koop, seker met die slagoffers se kontant ook nog. Hulle is geensins bekommerd dat hulle gevang kan word nie.

Hugo ·

Dit is so onnodig en hartseer wat gebeur het, maar alle lof en eer aan die SAPD-en-seuns (en dogters). Well done dames en here. Trek hom deur en kry ‘n skuldigbevinding!!????

Wil net weet ·

Wil weet waar is die boere…..hoekom het hul nie almal saam gaan staan buite die hof gebou en ook betoog deur te se geen borg en lewenslank tronkstraf ?…….kom aan ek weet ons boere kan dit doen want ons staan tog op en bymekaar al wil niemand dit so sien nie.

Weet wat rerig aangaan ·

Om die waarheid te sê, meeste boere werk gedurend die dag – hulle het nie rerig die luuksheid om by die hof rond te dans nie.

Yolani ·

Die tyd van die verhoor was onbekend. Hopelik sal die volgende verhoor se tyd bevestig kan word.

Sons ·

Ek stem saam met Wil ook weet,daars nie tyd om rond te hang by howe en optogte nie

AL ·

Dalk word die buitelanders gehuur of omgekoop om die vuilwerk van die politieke leiers te doen. Hulle is immers arm en vatbaar vir n geldjie. Wanneer dit op die lappe kom dat dit buitelanders is, kan die regering/politieke leiers hul ‘hande in onskuld’ was. Dit klink vergesog dalk, but there is many ways to kill a cat is n waar gesegde.

oumie ·

Ek verstaan die boere kon nie gaan betoog nie hul sorg dat daar kos op ons tafels is maar sekerlik is daar die gemeenskap wat kon gaan toi toi het

Wonder net... ·

Interessant dat dit “altyd” Mosambiekers of Zimbabwiërs is…

Alida ·

Julle wat so wonder of daar betogers was, was julle daar? Ons het werk om te doen. Laat die gereg sy loop neem. Die walglike goed sal nie borg kry nie.

Amanda ·

Ooh nee Geen betogers by Di hof ni!!! Str Di goed terug na hule eie land!!! Wat soek hule hier!!! Maak n mens siek!!! Gemors!!!

Sê net ·

Verskoning, verskonings, verskonings!…..ons soek oplosings vir al die moorde op ons wit boere….maar niemand wil opstaan en die regering wys dat ons erenstig is oor al die plaas moorde nie…..om verskonings temaak dat ons werk en nie tyd het om by die hof tewys dat ons gatvol is vir die moorde nie dan wat help dit ons kla dat is gatvol. As ek geweet het waneer die hof dit hou sou ek daar gewees het. Boer vrou my self.

Janneman ·

Waar is die ANCWL met hul plakate nou?
Of is die teiken blankes, ongeag vroue of kinders? Duidelik!

w ·

ANCWL gee nie rerig om. Toi toi hul wanneer n swart vrou of kind deur swart persoon vermoor is. laat weet asb indien iemand weet. Anders toi toi hul net eenkeer en worry nie verder. Blankes vati by werk af vi toi toi ma ander rasse sal dit doen. Soek altyd verskoning om ni by werk te wees ni

Manie ·

Hou op vra waar is die betogers. Lig julle op en gaan staan self daar by die hof met n plakkaat. As jy nie weet hoe om n plakkaat te maak sal ek met graagte help. Die ANC,’DA en eff gaan dit nie namens witmense doen. En ek is seker daar gaan weer mense se ons werk en het nie tyd. Welvaart het die Afrikaner waar hy nou is. Praat baie en doen ontsaglik min.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.